Stralend: Ontmoet die deelnemers wat weer hul vonkel wil vind

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanaf 1 April 2024 om 21:30 sal die gewilde TV-persoonlikheid Angelique Gerber en haar span die lewens van twaalf vrouens ingrypend verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al die deelnemers kry die geleentheid om ’n nuwe en beter weergawe van hulself te word en ook hul voorkoms radikaal te verander. Die vroue word uitgedaag om hul grense te verskuif en ’n dieper begrip van hul eie potensiaal te ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deur die loop van die reeks sal hierdie dapper dames ’n ongelooflike transformasie ondergaan en die strydvaardige, selfversekerde en pragtige vroue word wat hulle nog altyd binne was.

“Die Stralend-reis met my span en ons finaliste was tot dusver vir my ’n ervaring van ongelooflike groei – sowel vir diegene wat deelneem aan die program, as vir onsself. Ek glo dat ons almal iets van onsself geleer het. Ek hoop ook die kykers sal iets kan leer oor vergifnis, liefde en selfliefde en om ook ’n soortgelyke stralende weergawe van hulself te sien,” sê Angelique.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ontmoet die twaalf vrouens wat die nuwe jaar met groter selfvertroue en ’n vars voorkoms wil aanpak.

Gizelle Randell, 31

Gizelle werk by ’n motorhandelaar as ’n administriewe klerk. “Nadat ek uit ’n verhouding van mishandeling gestap het, het ek besef ek benodig hulp met my selfvertroue en om my eie stralende lig weer te ontdek.”

Chrisandy Ruiters, 39

Chrisandy is ’n majoor in die Suid-Afrikaanse weermag. “As ’n majoor wat tans in ’n langafstandhuwelik is, moet ek tyd maak vir selfontdekking en om my vroulikheid te omhels.”

Kristen Viljoen, 27

Kristen is ’n regsklerk. “Ek is gewoond daaraan om oormatig van myself te gee. Nou is dit tyd vir genesing, vergifnis en om my stralende self te omarm, ongeag van vorige verwerping in my lewe.”

Marizka Coetzer, 34           

Marizka is ’n joernalis en skrywer. “Beter bekend as die joernalis in Devilsdorp wat op ’n moordenaar verlief geraak het, maar daar skuil veel meer as dit agter die mure wat ek vir myself moes opbou.”

Michelle Lees, 47

Michelle is ’n spanleier by ’n mediese fonds. “As ’n ma van ’n gay seun moes ek my eie onvoorwaardelike liefde vir hom uitleef. Maar as ouer moet ek ook my eie letsels kan aanvaar.”

Alicia Strydom, 36

Alicia is ’n restauranteienaar. “As iemand wat as kind met trauma moes worstel, moet ek nou myself aanvaar, weer liefhê en besef dat ek altyd genoeg is.”   

Cindy Bruintjies, 46

Cindy is ’n administratiewe klerk. “Ek wys nie sommer my emosies nie. Ek is so gewoond om ander se gevoelens bo my eie te plaas, maar nou is dit my tyd om te straal.”

Antoinette Wink, 50

Antoinette is ’n rekenmeester. “Ná my egskeiding het ek myself verloor, en ek soek ’n nuwe rede om te glimlag en vreugde na ander te bring.”

Magda Jonker, 60

Magda is ’n sakevrou. “Ná my mislukte huwelik voel ek asof ek gefaal het in my lewe. My kinders is weg, ek is alleen en het vergeet hoe om te straal.”

Sjane Barnard, 40

Sjane is ’n eiendomswaardeerder. “Ek baklei met innerlike struwelinge om myself te aanvaar. Nou as ’n ma, streef ek daarna om my dogter aanvaarding en ’n positiewe selfbeeld aan te leer.”

Alicia Steyn, 42

Alicia is ’n kliënte-skakelbeampte by JSE Investor Services. “Ek is ’n werkende ma wat probeer om werk, huis en familie in balans te hou. Ek het nie tyd vir selfsorg nie en oordink selfs die kleinste oplossings om myself te help.”

Yolande de Klerk, 47

Yolande is besig om te studeer om ’n egskeidingsmediator te wees. “Ek moes ná ’n tragiese ongeluk weer van voor af leer om te loop. Nou moet ek leer om die self wat ek jare terug vergeet het, weer te herontdek.”

Die stilis van die reeks, Fafa, sê die reis tot dusver was vir hom ’n hartroerende en pragtige ervaring.

“Ons sien werklik sterker en meer selfversekerde vroue ná afloop van hul episodes uit ons ateljee vertrek. Ons is onbeskryflik dankbaar vir hierdie geleentheid om op ons eie manier ’n verskil te maak.”   

                         

Stralend is vanaf 1 April 2024 om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

17 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.