Suurlemoen-en-amandel-koekies
Ingredients
- • 90 g sagte botter
- • 250 ml (1 k) suiker
- • 250 ml (1 k) amandelmeel
- • 250 ml (1 k) koekmeel
- • 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- • 30 ml (2 e) verglansde sitrusskil, fyn gekap
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- • 60 ml (¼ k) suurlemoensap
Instructions
Verhit die oond tot 160 °C.
1 Room die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot sag.
2 Gooi die amandelmeel, koekmeel, bakpoeier, sitrusskil, vanieljegeursel en suurlemoensap by en meng vir nog 2 min. of tot dit goed gemeng is.
3 Vorm die deeg in ’n plat sirkel en draai met kleefplastiek toe.
4 Laat rus vir 30 min. in die yskas.
5 Rol die deeg 5 mm dik uit op ’n skoon werksvlak wat liggies met meel bestuif is. Druk ronde koekies met ’n deursnee van 10 cm uit.
6 Sit die koekies op ’n bakplaat en bak vir 6-10 min. tot liggoud. Laat heeltemal afkoel.
Anelle Tewson
Lees Meer
Sjokolade-yskastert
11/10/2024
Heuningkraaklekkers met sjokolade
10/10/2024
Kaasfrikkadelle
09/10/2024