Genoeg vir 12.
Bestanddele
Kolwyntjies
- 250 ml (1 k) room
- 220 g (1 k) strooisuiker
- 2 eiers, liggies geklits
- 225 g (1½ k) bruismeel
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
Suurlemoensmeer
- 125 ml (½ k) suurlemoensap
- 100 g botter
- 110 g (½ k) strooisuiker
- 1 eier
- 3 eiergele
Meringue
- 3 eierwitte
- 110 g (½ k) strooisuiker
Metode
Kolwyntjies
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Sit 12 kolwyntjiepapiertjies in ’n kolwyntjiepan.
- Klits die room, strooisuiker en eiers in ’n groot mengbak tot glad.
- Voeg die meel en suurlemoenskil geleidelik by en hou aan klits tot die mengsel dik en glad is.
- Verdeel die mengsel in die kolwyntjiepan en bak vir 15-20 min. of totdat die kolwyntjies van die kante af los kom.
- Laat in die pan afkoel.
Suurlemoensmeer
- Verhit die suurlemoensap en botter in ’n kastrolletjie en prut tot die botter gesmelt het.
- Voeg die suiker, eier en eiergele by en kook oor ’n lae hitte.
- Roer deurentyd totdat die mengsel dik en glansend is. Laat afkoel.
- Meringue 10 Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium, voeg strooisuiker geleidelik (’n eetlepel op ’n slag) by en klits ná elke byvoeging totdat die suiker opgelos is.
- Skep die meringue in ’n spuitsak met ’n ronde tuit.
Bou die kolwyntjie
- Stel die oondrooster op matige hitte.
- Sny ’n gaatjie bo-in elke kolwyntjie en vul met 1-2 teelepels suurlemoensmeer.
- Spuit meringue-soentjies op elke kolwyntjie en sit onder die oondrooster vir 60-90 sek. of tot goudbruin. Hou maar fyn dop.

