kategorieë: KalenderOntspanning

Teater en musiek vir almal by die Suidoosterfees!

Foto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

kykNET Hip Pops is ’n produksie waar alternatiewe vorms van musiek op ’n unieke wyse vermeng word. Kaapstad is lank reeds bekend vir sy maatskaplik-bewuste benadering tot hip-hop. Daar is die afgelope tyd ’n aantal jong kunstenaars wat ’n meer lighartige benadering tot lirieke en ritme volg. En nou, vir die eerste keer in die musiekgeskiedenis, word hierdie kletsrymers met klassieke musiek gekombineer. Die eenmalige musiekkonsert, enig in sy soort gaan Suid-Afrika aan die gons hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kunstreffers: Konsert van Hoop is ’n musiek- en dansskouspel, aangebied in samewerking met Kunstekaap. Die program is gevul met optredes deur kunstenaars soos Laurika Rauch en die Libertaskoor, asook die wenners van die Suidoosterfees Talentsoektog 2017: The Unknown Dansgroep, Vusumuzi Mpofu en Anja van den Berg. Robin Peters van The Voice-faam en die operasangers, Janel Speelman en Xolane Marman sing albei ook in hierdie vertoning. Hierdie geleentheid is vir jonk en oud, waar die sterre van môre die verhoog met die legendes van vandag deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Suidoosterfees spog ook met die produksie, Sai & Katallies. In ons soeke na ontsnaproetes uit ons “tronke”, vergeet ons soms die sleutel van die sel in ons broeksak. Sai en Katallies se Long Walk to Freedom wys daarop dat al stap jy fisiek agter vryheid aan, al vlug jy landuit, sal jy nooit vrykom van bitterheid as jy nie vergewe nie.

Nog ’n gehalte musiekproduksie by vanjaar se Suidoosterfees is Karoo Swing Innie Kaap. Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe deel die verhoog in hierdie konsert waar Afrikaanse musiek afgestof word. Hierdie kunstenaars stel hul gedeelde liefde vir “big band swing” ten toon. Hierdie nostalgiese reis is vir elkeen wat lus voel om te jol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Suidoosterfees-span wens ieder en elk ’n voorspoedige Werkersdag toe en hoop dat elke feesganger die dag sal geniet.

Bly op die hoogte van die jongste Suidoosterfees-nuus op facebook (@Suidoosterfees), Twitter (@Suidoosterfees), Instagram (@suidoosterfees2018) en besoek www.suidoosterfees.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.