kategorieë: Ontspanning

Top-uitgewers by SOF Junior, Suidoosterfees se mini-kunstefees vir onnies, skoliere en ouers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

SOF Junior spog met ’n program propvol opvoedkundige skrywerspraatjies, toneelstukke, musiekkonserte en voorligtingsessies vir Afrikaans- en drama-onderwysers, en vir opvoeders verantwoordelik vir skoolbiblioteke. Voorsiening word gemaak vir leerders van alle ouderdomsgroepe, letterlik van een tot 18 jaar oud. Toegang is spotgoedkoop en sessies vir onderwysers is gratis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kinder- en jeugboekafdelings van NB-Uitgewers en Lapa/Penguin Random House is teenwoordig met hul mooiste boeke waarvan baie vir skole voorgeskryf is. Hulle bring ook hul gewildste jeugboekskrywers om met jong lesers en opvoeders kennis te maak. En daar is sessies deur onderwyskenners wat hulp aan onderwysers bied om die lewe in die klaskamer makliker te maak.

Penguin se program word ondersteun deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) is ook ’n feesvennoot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die SOF Junior-program is beskikbaar op suidoosterfees.com en bestaan uit drie afdelings: Klein Suidoosterfees, met teaterproduksies vir leerders in verskeie grade; Storierak, aangebied deur NB-Uitgewers; en Dis duidelik!, aangebied deur LAPA/Penguin Random House en die AON.

Bianca Flanders

Klein Suidoosterfees spog met uitstekende teaterproduksies waarin bekroonde kunstenaars van Suid-Afrika en Nederland optree. Onder dié aanbiedings tel produksies wat op Suidoosterfees se NATi Kinderteater-program ingesluit is en ook tydens die hooffees, van 26 April tot 1 Mei, op die planke gaan wees: Kipper’s Underground Adventure, Pampoenpit se groen gevoel en Woordedief.

Dramas wat tans op die feeste-kringloop is en geskik is vir hoërskoolleerders, is ook in dié programafdeling: Op die kruin van Shôdeville, met Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen; Ballroom Boy met Carmen Maarman, Ayden Croy en Zinedine Manus en Ken jy vir Dewie? met Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson.

Die skitterende Braam en die engel, ideaal vir gehore van alle ouderdomme, is een van die verhoogproduksies op NB se Storierak-program. Dié trefferdrama met Joanie Combrink, De Klerk Oelofse en Rehane Abrahams het reeds verskeie teaterpryse ingepalm. Nog twee Storierak-produksies, spesiaal vir senior leerders, is Swart wyn, met die internasionale ster Denise Jannah in die rolverdeling, en Coenie de Villiers en Deon Meyer se gewilde Roem: die musiekblyspel.

Gratis spesialis-aanbiedinge vir onderwysers en leerders is op die uitgewersvennote se programkomponente. In LAPA/Penguin Random House se Dis duidelik!-afdeling kom twintig skrywers van Afrikaanse en Engelse kinder- en jeugboeke op 23 April op die verhoog byeen vir ’n heerlike bederfsessie vir bibliotekarisse van laerskole, hoërskole en openbare biblioteke. Van die skrywers wat in Biblioteekdag optree is Antjie Krog, Zuléka Smith, Felicia Snyman-Du Toit, Makhosazana De Wette Dludla, Wendy Maartens, Anzil Kulsen, Eldridge Jason en André Trantraal.

In Toegerus vir lees gaan Wilna van Rooyen, die AON se vakspesialis, onderwysers en ouers van graad R- tot graad 6-leerders touwys maak oor hoe om kinders te help om nie net gemaklik te kan lees nie, maar ook om sommer verlief te raak op lees!

Graad 7- tot graad 12- Afrikaans-onderwysers sal juig oor Alles visueel, vindingryk en vernuftig vir vraestelle. In dié opleidingsessie verduidelik die legendariese onderwyskenners Marieta Nel, Karin Tomlinson en Kathie Viljoen hoe vraestelletyd vir onnies van ’n nagmerrie na ’n plesier kan verander.

Marieta Nel

Karin Tomlinson

Ouers, drama-onderwysers en leerders van graad 10 tot 12 kan uitsien na Drama en stories in NB-Uitgewers se Storierak-afdeling. In dié sessie gesels Tanya Viviers oor Om teen treine te skree, ’n bundel met dramatekste vir skole. Deidre Jantjies, skrywer van Stories in die wind, gesels ook oor volksverhale van die Nama-mense en die belangrike rol wat orale storievertelling speel.

Gewilde kinder- en jeugboekskrywers van beide uitgewershuise kom gesels oor hul boeke waarvan baie vir skoliere voorgeskryf is.

Uit die NB-stal kom praat Francois Bloemhof, Leon-Ben Lamprecht en Heléne de Clercq oor avontuurverhale, terwyl William Oosthuisen en Troula Goosen oor hul boeke, Wim Vermaak maak ’n plan en Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis gesels. Katherine Graham, Joha van Dyk, Elrien Scheepers en Fiona van Kerwel is ook op die program. Vir die heel kleintjies is Paula Fourie teenwoordig met Die hond met die stert sonder swaai.

Lapa bring vir Zuleka Smith, Felicia Snyman-Du Toit en Makhosazana De Wette Dludla om oor hulle boeke vir jong lesers van graad RR tot graad 3 te gesels. In Stories vir almal! kan graad 4- en 5-leerders saam met hul ouers en onderwysers kennis maak met Anzil Kulsen, Wendy Maartens, André Trantraal en Verushka Louw.

Boeke soos Teiken in Parys, Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit, Ragab, Thabo the space dude en Slooths is onder bespreking in ’n spesiale aanbieding vir graad 6 en 7. Nerine Ahlers, Anzil Kulsen en Lori-Ann Preston is op die verhoog in die aanbieding Spanning en speurders!

Lori-Ann Preston

Graad 8- en 9-leerders word bederf met “gevaarlike avonture” deur die skrywers Eldridge Jason, Nerine Ahlers en Sally Partridge. In die boeke Gerook, Een dag in Julie en The witches of Hogsback word karakters deur tiksindikate, moordenaars en tienerhekse gekonfronteer!

Tydens die fees is Nana, ’n reusemarionet op ’n driewiel, op die Artscape-feesterrein. Nana is 10 jaar oud en kom al die pad uit Zimbabwe, op soek na haar ma wat weggeraak het tydens die chaotiese immigrasieproses. Met haar sterk boodskap teen diskriminasie en xenofobie, gaan Nana oud en jonk nuut laat dink oor dinge wat ons as Suid-Afrikaners raak. Die volledige SOF Junior-program is beskikbaar op www.suidoosterfees.com; en kaartjies kan deur Webtickets of Artscape Box Office (021 421 7695) bespreek word. Vir gratis aanbiedinge moet besprekings ook deur Webtickets plaasvind. Suidoosterfees bied afslagtariewe vir groepbesprekings wat by Yasmeen Isaacs (Yasmeen.Isaacs@media24.com) aangevra kan word.

SOF Junior word moontlik gemaak deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV, Artscape, NB-Uitgewers, Penguin Random House en die AON.

Lees ook: Die Suidoosterfees word mondig! Hier’s waarna jy kan uitsien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

14 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

16 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

18 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

4 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.