kategorieë: Skoonheid

Trots Suid-Afrikaanse skoonheidsprodukte

EcoProducts

Stigter
Dr. Sarah Venter het EcoProducts in 2006 gestig nadat sy in 2005 deur die noorde van Venda getoer het, die Boabab-bome raakgesien het en besef het dat die vrugte van die bome gebruik kan word om die plaaslike omgewing te help om ’n inkomste te genereer. Sy was so geïnspireer deur die idee dat sy besluit het om EcoProducts te stig. Meer as 1 000 vroue kry tans ’n inkomste deur baobab-vrugte te oes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So is ons anders
EcoProducts is die enigste Suid-Afrikaanse besigheid wat Boabab-olie produseer. Die olie bevat Omega 3, 6 en 9 wat bekend is daarvoor om te help met die vinnige herstel van brandwonde en wat ook help met die vermindering van rekmerke, sonvlekkies en lidtekens. As ’n skoonheidsproduk help dit met die bevogtiging van die vel, hare en laat dit die vel sag sonder dat dit olierig voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koop by
www.ecoproducts.co.za/where-to-buy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

EcoProducts Baobab Oil (R32.00 vir 5 ml, R118.00 vir 30 ml, R153.00 vir 50 ml, R234.00 vir 100 ml)

Hannon

Stigters
Hannon Bothma en Julius Swart het die besigheid in 2001 begin en doen ook self navorsing vir nuwe produkte en tendense. Hulle het ’n geleentheid in die mark raakgesien vir ’n produk wat help om jou grimering langer te laat hou en het toe begin om die Moisture seal te vervaardig.

Uitvoer
Hannon voer tans uit na sewe lande, naamlik Namibië, Angola, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek en Tanzanië.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probeer dié produk
Hannon Superlash Mascara – dit is tans ook hul topverkoper.

Beste raad
Moet nooit die huis verlaat sonder om sonskerm aan te wend nie.

Koop dit by
Uitgesoekte haarsalonne, skoonheidsboetieks, dokterspreekamers asook by www.hannon.co.za

FINO Cosmetics

Stigter
Adrienne Cohen, proffesionele grimeerkunstenaar vir bekendes, het die besigheid in 2005 begin en doen self navorsing vir nuwe produkte en tendense. Sy het meer as 20 jaar se ondervinding in die film- en televisiebedryf en het besef dat ’n rooi, jeukerige vel na haarverwydering ’n groot verleentheid kan wees vir baie mense. Dit was die inspirasie vir FINO Soothe MAN, wat help om jou vel te herstel nadat jy geskeer het en skade aangerig het. Dit is ook tans hul beste verkoper.

So is ons anders
Die produkte word in Suid-Afrika vervaardig, tot die buisies waarin dit verkoop word. Die produkte is natuurlik en bevat geen alkohol nie wat dit gebruiksvriendelik maak vir almal.

Koop by
Dischem, uitgesoekte apteke, salonne en Pick n Pay.

FINO Soothe MAN (R69.99)

The Perfect Hair

Stigter
Taryn Gill

Die begin
The Perfect Hair is in 2013 gestig en het goeie gehalte ingevoerde haarprodukte verkoop, maar in 2015 het hulle begin om hul eie plaaslike reeks te vervaardig. Die eerste produk wat vervaardig is, was die CoWash wat bestaan uit unieke Afrika-olies en bevogtigers wat jou hare reinig en sagter laat na elke was sonder om die natuurlike olies uit jou hare te verwyder. The Perfect Hair CoWash (R150) is ook hul beste verkoper.

Probeer
The Starter Pack – a CoWash and styling cream of your choice

Beste raad
Jou hare is ’n besonderse mooi deel van wie jy is, so behandel dit met respek. Soos vir jou vel is water ook jou hare se grootste vriend.

Kry dit by
www.theperfecthair.co.za en ander uitgesoekte winkels.

The Starter Pack – a CoWash and styling cream of your choice R300

SkinPhD

Stigter
Dokter Judy Pretorius (2006)

Die storie
Die produkte was eers ontwikkel vir diegene met ’n probleem-vel. Hulle het besef dat die velsorgwêreld in ’n mediese rigting begin beweeg en daarom besluit om navorsing te doen en ’n kosmetiese handelsnaam te skep wat sorg vir ’n langer, meer permanente resultaat. Navorsing is toe gedoen om die beste moontlike bestanddele te vind wat die suksesvolste resultate sal hê vir alle veltipes.

Uitvoer
SkinPHD voer tans hul produkte uit na Amerika en die produkte is ook beskikbaar op die Spa de la Mer-passasierskip.

Beste raad
Moet nooit gaan slaap met grimering aan jou gesig nie, drink genoeg water en gebruik goeie gehalte velsorgprodukte.

Beste verkoper
Cellceutic Daily Advanced Dermal Moisturiser en Cellceutic Night Advanced Dermal Moisturiser.

Kry by
www.skinphd.co.za

Pure Beginnings

Stigter
Die getroude paartjie, Kate en Bruce Moore-Gorden, het Pure Beginnings in 2006 begin.

Die storie
Kate en Bruce het die geleentheid gesien vir babaprodukte wat nie bestanddele bevat wat skadelik is vir kinders nie, wat gemaak is van organiese bestanddele en geen chemikalieë bevat nie. Omdat hulle self ouers is, verstaan hulle die mark baie goed.

Eerste produkte
Baby Bum-room, Baby-was en Baby-room was van hul eerste produkte en is steeds die hoofprodukte in hul babareeks.

Probeer dié produk
Baby Wash & Shampoo

Uitvoer
Hulle voer uit na vier lande: Denmark, Sweden, Italië en Rusland, maar wil graag na nog lande begin uitvoer.

Koop by
Baby City, Baby’s R Us en uitgesoekte gesondheidswinkels asook aanlyn by www.purebeginnings.co.za

SOil

Stigter
Grant McMurry wat afkomstig is van ’n familie wat vernaamd is met die bosbou- en landboubedryf.

Wat maak die reeks anders
Al hul produkte is 100% organies en gesertifiseer deur Eco-Cert. Dit gaan reguit van die plaas na die winkel. Al die produkte word ook self deur die Soil-span verpak en is veganis-vriendelik.

Produksie
25% van hul produkte word plaaslik gegroei en al hul produkte word gebotteleer en verpak op hul plaas in Gingidlovu in KwaZulu-Natal. Hulle voer tans uit na sewe ander lande.

Top verkoper
Die Tea Tree Oil is vanaf dit vervaardig is in 2004, steeds die top-verkoper.

Koop dit by
Dischem, Faihful to Nature, uitgesoekte gesondheidswinkels en aanlyn by www.soil.co.za

Soil Tea Tree Oil (R35 vir 10 ml)

Placecol

Stigter
Getroude paartjie, skoonheidsterapeut Elma Mckenzie en apteker Leslie Mckenszie het die reeks in 1980 in Ermelo begin.

Eerste Produk
Die Mankettie Moisturizer is gemaak van die manketti-neut, wat Leslie uit die neut gepers het.

Vandag
is hulle steeds ’n resultaat-gedrewe velsorgreeks, met ’n hele span velsorgkundiges en meer as 50 jaar se ondervinding. Ons besit ook meer as 150 salonne landwyd en is direk in aanvoeling met ons kliënte se behoeftes.

Probeer dié produk
Placecol Illuminé Reviving Oil (R420) is ’n luukse olie-behandeling propvol anti-oksidante, vitamiene en minderale wat jou vel sal bevogtig en fyn lyne se voorkoms sal verminder.

Koop dit by
Placecol salonne of aanlyn by placecol.com

Epi-Max

Stigter
Die direkteur en stigter van Epi-Max en een van die stigters, Gerald Seftal was deel van die span wat bestaan uit twee dermataloë en drie aptekers wat die produk begin het in 1997.

Beste verkoper
Die Epi-max Cream (R62 vir 400g) is een van hulle top verkopers en is ook een van die eerste produkte wat hulle vervaardig het asook die produk wat Epi-Max aanbeveel jy moet probeer.

Koop by
Dis-Chem, Clicks en uitgesoekte apteke.

Uitvoer
Epi-Max voer tans hulle produkte uit na; Namibië, Zimbabwe, Botswana, Kenia, Denmark en Kanada.

Epi-Max Cream (R62 vir 400g)

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.