kategorieë: Hare

Tuiskleur-haarwenke

Volg die volgende wenke vir wanneer jy besluit om jou hare tuis te kleur:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Moet jou hare vir minstens twee dae voor jy dit kleur, nie was nie. Vermy ook enige produkte wat sal keer dat die kleur jou hare binnedring, veral produkte soos haarpoeier en haarwaks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. As jou hare langer as skouerlengte is, sal jy twee bokse kleur benodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Jy kan jou hare of wortels elke 4 tot 6 weke weer kleur.

4. Wend ’n klein bietjie Vaseline om jou haarlyn om te keer dat die kleur jou vel vlek (dit sal ook maklik afvee).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Gebruik ’n donker handoek oor jou skouers om jou klere te beskerm.

6. As jy jou hare gereeld kleur en net jou wortels wil kleur, wend eerste die kleur aan jou wortels en los vir 15 minute – hierdie stap verseker dat jou wortels die kleur eerste absorbeer. Maak oor seker jy werk tot op die wortel-area. Garnier Nutrisse se botteltjie maak dit ook maklik met die “precision nozzle” wat sal verseker dat jy by al die wortels uitkom.

7. Wend hierna die kleur van die mid-lengtes tot die punte van jou hare vir tien minute om te verseker die kleur op die wortels en die kleur op die punte is dieselfde skakering.

8. Nadat jy jou hare gekleur het, kam sagkens met ’n kam deur om seker te maak al die hare is gekleur.

9. Onthou een van die goue reëls van tuiskleur is om nie meer as twee skakerings donkerder of twee skakerings ligter as jou huidige kleur te kies nie.

10. Hou altyd ’n rekord van die kleurskakering wat jy gebruik – knip die kleur se nommer uit of neem sommer ’n foto met jou selfoon sodat jy die skakering vir volgende keer sal onthou.

Nasorg

Onthou: dit is belangrik om ekstra aandag aan jou hare te gee, nadat jy dit gekleur het. Garnier beveel aan jy gebruik ’n weeklikse hidrerende haarmasker soos die Garnier Ultimate Blends Mask 300ml (R 94.95)

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.