kategorieë: Ontspanning

Twee Oseane-marathon: Blog 5

Elke wedren vertel ’n storie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar word jaarliks honderde wedlope regoor die land gehardloop. Tog is daar sekeres wat nader aan jou hart lê as ander. OMTOM (Old Mutual Two Oceans Marathon), was nog altyd een wat vir my kop en skouers bo die ander uittroon. Om verskeie redes. Dit was in 2010 my heel eerste halfmarathon wat ek gehardloop het. ’n Maand later word ek met vroeë borskanker gediagnoseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In 2011 moes ek aan myself bewys dat ek weer in beheer van my eie lewe was en het vreeslik druk op myself geplaas om onder 2h te hardloop. Dit was ’n baie emosionele maar ook ongelooflik lekker wedren. Die vryheid om weer deel te wees van ’n massa hardlopers was ongelooflik. Ek het dit in 1h55 voltooi en daarmee ’n baie lang jaar in my kop afgesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was te besig om in 2012 en 2013 deel te neem, maar in 2014 besluit ek en my twee broers om dit saam aan te durf. Hulle is eintlik fietsryers en beide sukkel met skete en kwale wat hardloop nie juis ideaal maak nie.

My jongste broer, wat in Kanada woon, moes soggens eers ’n roete met sy bakkie deur die dorp gaan ry sodat hy spore in die sneeu kon ooptrap om in te hardloop. Praat van diep spore trap…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nie een van ons het illusies van blitsige tye gekoester nie. Ook maar goed, want as jy saam met die agterosse wegspring moet jy jou regmaak vir ’n heel ander wedloop. Daar is oorgenoeg geleentheid om op te warm, want stap is aanvanklik jou voorland. En elke heuwel of padvernouing het die pas vertraag tot ’n slakkepas.

Tog was dit ’n sonderlinge ervaring met besonderse mense en groot pret om deel te wees van die partytjie-atmosfeer aan die stertkant van die wedren. Ons het lang ente gestap as ou beserings opgevlam het en teen die einde soos opgewonde herdershonde genael om seker te maak ons kom voor die afsnytyd by die eindpunt.

Dit was my stadigste tyd ooit oor 21km, maar beslis een waar ek die meeste pret gehad het.

Hoekom hardloop jý die OMTOM? Is dit om iemand te gedenk, was dit ’n weddenskap in ’n oomblik van waansin of mik jy vir jou beste tyd ooit?

Ek weet nie wat 2015 se wedren inhou nie – wat ek wel weet, is dat dit vir seker een sal wees om te onthou.

Meer oor blogger Anet Schoeman

Ek is ’n vryskutjoernalis wat hoog raak op die energie van passievolle mense en interessante onderwerpe waaroor ek skryf.

My ander “dwelm” is oefening – enige soort – en wedrenne. Ek het ’n oefenmaat wat al daaraan gewoond is dat ons die eerste 5km van enige wedren in rekordtyd aflê omdat ek so opgewonde soos ’n Jack Russel op steroïde is. Die massa mense en die blote voorreg om gesond genoeg en fiks genoeg te wees om te kan deelneem, is vir my wonderlik.

Die Ou Mutual Twee Oseane Halfmaraton is toevallig die een wedren wat ’n baie emosionele rol in my lewe gespeel het.

Ek was van skooldae af aktief en het nog altyd iets gedoen, maar so tussen twee kinders grootmaak, ’n beroep en die lewe is dit nie altyd maklik om tyd te maak nie.

Ek het tien jaar lank die Midmarmyl geswem en renstap gedoen omdat my nek my vreeslik hoofpyne gegee het as ek hardloop. In 2009 het ek ’n sportfisiotrerapeut ontdek wat my nekprobleme met welslae kon behandel, en in 2010 het ek my eerste 21km-wedren, die Twee Oseane Halfmaraton, voltooi. Joehoeee!

’n Maand later vind ek uit ek het borskanker en moet ’n dubbele mastektomie kry.

Die blote gedagte aan hardloop en die moontlikheid om die Twee Oseane weer te kan doen, het my deur baie donker dae gekry.

Gelukkig spring ek chemo vry en hardloop my eerste sub-2 21km OMTOM elf maande later in 2011. Wat ’n emosionele geleentheid vir my! Met die besef dat die lewe dalk nie vir ewig voor ’n mens uitstrek nie (ek is gelukkig steeds na vyf jaar in remissie) het ek dieselfde jaar twee Olimpiese-afstand driekampe voltooi.

In 2014 hardloop ek en my twee broers saam die Twee Oseane Halfmaraton (die een het van Kanada gekom daarvoor) en hierdie jaar het ek ’n kwalifiserende wedloop in onder 2 ure gedoen en hoop om dieselfde op 4 April reg te kry. Op die oomblik neem ek graag deel aan 21km wedlope, fietsrenne soos die Cape Town Cycle Tour en die 94.7, en Olimpiese-afstand driekampe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.