kategorieë: VelsorgSkoonheid

Velsorg en oefening

Moet ek my grimering verwyder voor oefening?

Dit hang af hoe swaar jy gegrimeer is en hoeveel jy sweet tydens oefening. Ooggrimering en maskara wat loop is nie ’n mooi prentjie nie en kan jou oë branderig laat voel. Gebruik ’n grimeerlappie of Micellar Water en watte en vee swaar ooggrimering en onderlaag liggies af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie Micellar Water-produkte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Garnier Micellar Cleansing Water 400ml (R 131)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie grimeerlappies:

Sorbet Remove It Mini Make Up Remover Cloths (R 49.99)

Moet ek my gesig was voor oefening?

Mits jy nie swaar gegrimeer is nie, is dit belangriker om jou gesig na die tyd te was as voor die tyd.

Moet ek gesigroom aansmeer voor oefening?

As jy oefen en sweet, verloor jou vel water en kan jou vel dehidreer. Gedehidreeerde vel wys meer lyntjies en plooie. Kies ’n ligte gesigroom wat help om die vog in jou vel te hou sonder om jou te laat voel of jy ’n swaar laag op jou vel het wat jou nog meer laat sweet. As jy buite oefen is ’n sonskerm belangrik (kies weereens ’n ligte een, en vermy jou oog-area om te keer dat dit jou oë brand).

Probeer die volgende sonskerms:

Nivea Sun Face Cream Sensitive SPF50 50ml (R 123)

Lees ook: Vier wenke om rekmerke te verminder

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.