kategorieë: WenkeVelsorgSkoonheid

Velsorg en swangerskap

Die skerp  styging in hormoonvlakke tydens swangerskap sorg by sommige vroue wel vir daardie swangerskapgloed, maar vir baie ander vroue veroorsaak dit verhoogde olievlakke, verstopte porieë en ’n minder perfekte gelaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Saggies met aknee

• Maak gebruik van goeie velsorgtegnieke as jy tydens swangerskap wil klaarspeel met aknee. Begin deur jou vel goed te was met ’n sag werkende reiniger en warm water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Moenie jou vel te veel skrop nie, dit kan jou vel irriteer. Onthou, jou vogroom bly belangrik, want dit help om jou vel se olie-produksie te herbalanseer,” sê dr. Shelley Hsiung, Amerikaanse dermatoloog en raadgewer vir Kiehls.

• Willie Visser, hoof van Dermatologie by die Universiteit van Stellenbosch, Tygerberg-hospitaal, meen jy kan aknee tydens swangerskap veilig behandel met topikale antibiotika en produkte wat aselaïensuur bevat. Hy sê aangesien daar nie uitsluitsel is of produkte met bensoïelperoksied (’n bestanddeel wat puisies behandel of uitdroog) noodwendig skadelik kan wees nie, is dit dalk raadsaam om dit eerder te vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bevogtig meer

• Die groeiende fetus dehidreer jou en daarom het jy en jou vel meer vog nodig. Drink meer water, bevogtig jou vel meer gereeld en vul jou vogvlakke bedags met ’n hidrasiespuit aan,” sê Anett King, Dermalogica se internasionale opleidingsdirekteur.

• Hou altyd jou lipsalf byderhand en gebruik een tot twee keer per week ’n bevogtigende masker.

• Smeer gereeld olie of spesiale room aan jou groterwordende maag en borste – nie net om rekmerke te voorkom nie, maar ook om te keer dat jou vel jeuk.

Beveg pigmentasie sagkens

• Verhoogde estrogeenvlakke veroorsaak die bruin ‘swangerskapvlekke’ om jou mond en op die wange. Die vlekke verdwyn soms weer ná swangerskap, maar veral diegene met ʼn donkerder en olyfkleurige vel is dikwels nie so gelukkig nie.

• Dis nie so maklik om die probleem op te los nie omdat die meeste teenpigmentasie-velsorgprodukte bestanddele bevat wat nie volkome veilig is tydens swangerskap nie.

• Die meeste swanger vroue verkies produkte wat peptiede, drop, Ferula of ander botaniese bestanddele bevat. Dié middels is minder doeltreffend as die gewone pigmentasie-bestanddele en jy sal dit baie gereeld moet gebruik.

• Hoe vinniger jy met die behandeling begin, hoe beter. Skakel ná geboorte of wanneer jy ophou borsvoed na die sterker produkte oor – hoe langer jy wag, hoe moeiliker gaan dit wees om van die vlekke ontslae te raak.

Bestanddele om te vermy

• Produkte met ’n besliste kontra-indikasie vir swangerskap is middels wat vitamien A bevat. Isotretinoïen mag byvoorbeeld veelvuldige fetale abnormaliteite veroorsaak en streng voorsorgmaatreëls geld om te verseker dat pasiënte wat dit gebruik nie swanger raak nie.

• Vermy in hierdie tyd topikale produkte soos Retin A. Die Alfa-hidroksie-sure (glikoliese en melksuur) is veilig, maar nie salisielsuur nie. Kojic-suur is ook veilig.

• Hidrokinoon kan sistemies geabsorbeer word, daarom vermy ons dit liewer. Moenie botoksprosedures tydens swangerskap laat doen nie. Oppervlakkige chemiese afskilfering en ligte laser is nie noodwendig gevaarlik nie, maar wag liefs tot ná die geboorte, sê dr. Willie.

• Daar is nog nie sekerheid oor die uitwerking van bensoïelperoksied nie en dis daarom veiliger om die produk te vermy. “Essensiële olies wat stimulerend en diureties is soos sipres, jenewerbessie, naeltjies en bloekom word gewoonlik ook vermy, veral gedurende jou eerste trimester,” sê Anett.

Lees ook: Bekendes se top skoonheidswenke

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.