Die Brasiliaanse Supermodel, Adriana Lima, is weer terug by die skoonheidshuis Maybelline. Sy het voorheen die handelsmerk verteenwoordig, tussen 2003 en 2009. Sy deel nou die eer met ander skoonhede soos Christy Turlinton, Emily DiDonato, Jourdan Dunn, Marloes Horst en vele meer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ons is verheug om vir Adriana terug te verwelkom. Wêreldwyd is Adriana Lima nie net bekend vir haar skoonheid nie, maar ook vir haar bereidwilligheid om mense in nood te help. Sy is werklik ’n Maybelline vrou!” – Jerome Bruhat, internasionale handelsmerk-president.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }5 vrae aan Adriana Lima
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }1. Wat maak ’n vrou mooi?
Ek dink ’n vrou se karakter en haar vermoë om selfversekerd te wees.
2. Het jy enige grimeerwenke by jou ma of ouma geleer?
In Brasilië, waar ek groot geword het, het ons baie klapperwater gedrink, hulle het dit aangemoedig.
3. Wat is die een grimeerproduk waarsonder jy nie kan klaarkom nie?
’n Rooi lipstiffie! Dit kan jou voorkoms heeltemal verander, ek dra altyd een by my.
4. Wat is die eerste Maybelline-produk wat jy ooit gebruik het?
Die ikoniese Great Lash Mascara.
5. Wat is jou gunsteling Maybelline-produkte?
Ek hou van al die Color Sensational Vivids, maar my gunsteling kleur is “Neon Red.”
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.