Genoeg vir 4.
Bestanddele
Aartappelskyfies
- 4 aartappels, geskil en in wiggies gesny
- vars roosmaryntakkies
- 15 ml (1 e) botter
- olyfolie om mee te braai
- sout en gemaalde swartpeper
Vis
- 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
- 250 ml (1 k) Bulgaarse jogurt
- 4 x 150 g stokvisfilette, sonder vel
- 250 ml (1 k) polenta (of mieliemeel)
- 60 ml ( ¼ k) botter
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die aartappels, roosmaryn en botter in ’n diep oondpan. Sprinkel die olie oor en geur na smaak. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin en gaar. Draai een keer in die baktyd om.
- Verhit ’n bakplaat in die oond. Meng die mosterd en jogurt. Geur die vis na smaak en smeer die jogurtmengsel aan albei kante oor die vis. Rol in die polenta. Sit die vis op die warm bakplaat en stip met botter. Bak vir 20 min. aan een kant en draai om. Stip weer met botter en bak vir nog 20 min.
- Sit die vis voor met die gebakte aartappelwiggies.

