kategorieë: LeesOntspanning

Vlam – die vervolgverhaal

Vlam – die vervolgverhaal is geskryf deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/boggy22

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meer oor Vlam – die vervolgverhaal

Niekie Branders is ’n ervare misdaad- en militêre verslaggewer by Mediahuis.

Sy is die dogter van die afgetrede, omstrede kol Niek Branders. Sy enigste kind uit ’n huwelik met Elsa, ’n voormalige skoonheidskoningin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As weermagkind pas haar beroep Niekie perfek.

En as alleenkind wie se ma met ’n pierewaaier-akteur weggeloop het, vermy sy obsessief die wêreld van glans waarop haar ma so versot was.

Al wat sy van haar ma geërf het, is haar koperrooi digte bos krulhare, lenige lyf en mooi bene, wat sy onder cargo pants en jeans wegsteek.

Sy het haar pa se uitsonderlike grasgroen oë, koppigheid, determinasie en, helaas, ook sy humeur gekry.

Sy verafgood haar pa en is trots op sy militêre geskiedenis as grensheld in Angola. Vir hom is sy die plaasvervanger vir die seun wat hy begeer het.

Niekie het ’n bekroonde loopbaan as misdaad- en militêre joernalis agter die blad en het ’n jarelange, vurige, maar onstuimige aan-en-af verhouding met die Franse militêre fotograaf Marco Momple. Laasgenoemde is ’n egte Camel-man, wat leef vir vinnige motors, oorlogsones, wilde partytjies … en die rooikop wat hy nog wil tem.

Wanneer Niekie se nuusredakteur, Piet Gouws, haar inroep vir ’n spesiale opdrag in Europa, word sy gekonfronteer met ’n oorlogsone van ’n ander aard.

Marco gaan daar wees, weet sy, en sy sweer sy gaan nie weer toelaat dat hy haar hart oordonder nie.

Sy neem haar voor om soos ’n neet aan die broederlike beskerming van haar fotograaf, Henk Zeeman, te klou. Henk is die soort ou wat haar nooit in die steek sal laat nie, weet sy.

Maar sy het nie rekening gehou met die kurwebal wat haar opdrag na haar gaan gooi nie …

Duard Wayne, die geswore aksieman van Hollywood, het ’n ekslusiewe onderhoud aan Mediahuis afgestaan oor die grensoorlogfliek wat ’n rolprenthuis van Los Angeles in Angola en Suid-Afrika kom skiet. Niekie moet by die Cannes rolprentfees ’n onderhoud gaan doen met die “wannabe-soldaat”, soos sy hom noem.

Niek Branders is een van die oud-weermagmanne wie se bloed kook oor die Amerikaners dit durf waag om ’n fliek oor “hulle storie” wil kom maak.

Die onderhoud in Cannes veroorsaak meer vuurwerke as wat die stad van glansmense nog ooit gesien het.

En as die Amerikaners aan die Suidpunt van Afrika kom “oorlog speel”, soos Niek dit noem, beland Niekie in ’n spervuur wat sy nie voorsien het nie …

Klik hier vir nog

iStock

Lees die hoofstukke hier

Klik op elke hoofstuk om die hoofstukke te lees. Onthou, dis gratis!

Hoofstuk 1: Die opdrag

“Piet grawe rond in ’n paar hope dokumente. “Jy het mos gemoan oor jy nooit ’n lekker luukse trippie kry nie. Jou drome het waar geword,”sê hy en sit ’n persverklaring voor haar neer.”

Hoofstuk 1: Die opdrag

Hoofstuk 2: Die kontrak

“Duard roem hom dat hy sy eie aksietonele doen, maar Elton het aangevoel daar is iets anders wat hom afskrik van Suid-Afrika. Hy kon nog nie sy vinger daarop lê nie, maar daar was iets wat Duard verbete laat vasskop het om nie Suid-Afrika toe te gaan nie.”

Hoofstuk 2: Die kontrak

Hoofstuk 3: Claudia

“Niekie sien die moeilikheid sommer op ’n afstand deur die glas van Piet se kantoor.

Claudia Parker.

Piet se eks, redakteur van Clivia, die grootste vrouetydskrif in die land.

Niemand kon nog ooit verklaar hoekom dierbare Piet eens met so ’n smuk-pop getroud was nie.”

Hoofstuk 3: Claudia

Hoofstuk 4: Die blessitse Fransman

“Niekie se hart bokspring as die bekende naam, Marco, op haar selfoon flits. Sy vererg haar vir haar hart se weekheid. Na al die jare kry die blessitse Fransman dit steeds reg.”

Hoofstuk 4: Die blessitse Fransman

Hoofstuk 5: Kners op die tande

“Maar Hanro is ’n klein vasbytertjie. Hy laat hom nie afsit nie. Sy baas en die land se top ontwerper sit langs hom en hy gaan nie laat los nie.

“Ons moet net gou jou mates kry.”

“Watse mates?”

Die stemmetjie raak effe angstig.

“Van jou klere. Watter grootte rok dra jy?”

Niekie vererg haar.”

Hoofstuk 5: Kners op die tande

Hoofstuk 6: Afgemeet

““Bly jy het dit gemaak, Vlam. Ons weet reeds van die roof. Ons kan netnou daaroor praat. Ek sien jy het die man gekry wat jou borsmaat kom meet. Hy wag reeds lank op jou.”

Piet rol die tandestokkie van mondhoek na mondhoek terwyl tienduisend duiwels in sy oë dans. Hy geniet die sappige situasie terdeë.

Die redaksie skater. Blessitse Piet. Blessitse Elsie.

Hulle het natuurlik reeds die nuus gedeel dat ’n groot modehuis iemand stuur om elke sentimeter van haar lyf te kom meet …”

Hoofstuk 6: Afgemeet

Hoofstuk 7: Niek en Ewie

“Hy was niks lus vir die army toe hy sy oproeppapiere op hoërskool gekry het nie.  Al die seuns het daaroor gepraat. Dit was anders as die kadette en oefeninge op die skool se skietbaan. Hierdie was régte oorlog. En hulle het nie ’n keuse gehad nie.”

Hoofstuk 7: Niek en Ewie

Hoofstuk 8: Ontnugtering

“Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was. Na Ewie het haar pa nog nooit weer ’n boesemvriend gehad nie, weet sy. Ou buddies, maar nooit weer iemand wat sy menswees so gedeel het soos Ewie nie.”

Hoofstuk 8: Ontnugtering

Hoofstuk 9: Koek en wyn

“Sy kyk na Niekie. “Ons eet altyd koek as ons gespanne is. Hierdie gaan ’n groot uitdaging vir ons almal wees. Kry vir jou ’n dik sny, Nicola, ons moet ’n bietjie meer vleis aan jou lyf kry. Jou rokke gaan elke kurwe wys.””

Hoofstuk 9: Koek en wyn

Hoofstuk 10: Los lippies

“Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as ’n uitdaging.

Cheers,” sê sy kort-kort moedswillig in die koers van Claudia en haar onwillige metgesel.

Niekie klink slinks eerste Claudia se glas en daarna die van Suzanne.

Sy weet laasgenoemde sal nie ’n keuse hê om saam te klink en sluk nie.”

Hoofstuk 10: Los lippies

Vlam – die vervolgverhaal

Hoofstuk 11: Die makeover

““Mm, ek weet wie, Stefaans. Kom ek gaan stir ’n bietjie.”

Sy stap oor na Mej. Ambisie se koers.

“Môre, Suzanne. Lekker geslaap?””

Hoofstuk 11: Die makeover

Hoofstuk 12: Henk Zeeman

“Die man agter die stuurwiel het haar dadelik veilig laat voel. Hy het vir haar soos ’n karakter uit ’n oorlogfliek-advertensie gelyk. Sy cargo-pants en fotograafbaadjie se sakke het gebult van kameratoerusting.

Sy baard was dae laas geskeer en dit was nie ’n modestelling wat hy probeer maak het nie. Henk Zeeman het vir die oomblik agter die lens geleef en sy dryfkrag as nuusman was aansteeklik.

Van die ander vrouejoernaliste was heimlik verlief op die ruwe blonde man, maar min het kans gesien om saam met hom op ’n storie te gaan. Hy het op plekke ingekruip wat ander nuusmense laat sidder het.”

Hoofstuk 12: Henk Zeeman

Hoofstuk 13: Duard ontplof

“As Duard Wayne ‘n vloermoer gooi, doen hy dit met oorgawe. Almal in Hollywood weet dit. Maar hy gooi nie prima donna-tantrums nie. Sy woede gaan nooit oor onbenullighede nie. Dit gaan gewoonlik oor die een of ander beginselsaak.”

Hoofstuk 13: Duard ontplof

Hoofstuk 14: Kil, grys oë

“Met die jare het Duard probeer om sy pa te vergeet. As volwassene is die kil, grys oë iets wat hom snags in yssweet na ’n nagmerrie kan laat wakker skrik.”

Hoofstuk 14: Kil, grys oë

Hoofstuk 15: Lojaliteit

“Sy weet. Dis Marco Momple. Sy ruk die deur oop.

“Wat de hel maak jy hier?”

Hy trek haar nader en soen haar in die nek.

“Bly om jou ook te sien!””

Hoofstuk 15: Lojaliteit

Hoofstuk 16: Skok

“Marco lag en gee Niekie ’n drukkie.

“Ou bangbroek. Dis hoekom Mediahuis nie groot stories kan breek nie. Julle waag nooit.”

Niekie vererg haar …”

Hoofstuk 16: Skok

Hoofstuk 17: Vrek bang

“Niekie is vrek bang. Sy bewe nie net van koue nie. Haar selfoon het nog ontvangs, maar sy spaar die battery. Mens weet nooit wanneer sy dit nodig gaan kry nie. ”

Hoofstuk 17: Vrek bang

Hoofstuk 18: Vure doodslaan

“Sy het ’n finale lessie geleer, dink sy. Marco Momple is moeilikheid.

Gevaarlik aantreklik met die klem op gevaarlik.

Sy sal hom in Cannes probeer vermy.

Dis nou as sy nog Cannes toe gaan na haar avontuur.

Piet en Mediahuis het haar al voorheen vir rebelse optredes vergewe, maar dalk het sy hierdie keer haar hand oorspeel.

’n Mens kry ook net soveel kanse.”

Hoofstuk 18: Vure doodslaan

Hoofstuk 19: Tuiskoms

“Pa sê ek moet jou vry maak om te gaan, maar jy was nog altyd vry. Jy het daardie vryheid sommer net geneem asof ek en Pappa geen sê het nie. Jy was ’n selfgesentreerde, selfsugtige vrou en jy het ons baie seergemaak. Maar dis oukei. Dis nou verby. Ek vergewe jou, want dit maak my hart vry.”

Hoofstuk 19: Tuiskoms

Hoofstuk 20: Sopnat

“’n Motorfiets kom met ’n swierige swenk voor haar tot stilstand. ’n Boog water tref haar reeds deurdrenkte lyf.

“Jou swernoot! Kon jy nie sien ek staan hier nie!”

Vir ’n oomblik vergeet sy dat die motorfietsryer waarskynlik nie Afrikaans verstaan nie. Sy snou hom nog ’n paar onvleiende woorde toe.

Hy staan skuldig voor haar.

Sy Engels het ’n effense aksent en hy maak vreeslik verskoning vir sy onhoflikheid.

Hoofstuk 20: Sopnat

Vlam – die vervolgverhaal

Hoofstuk 21: Kwaadkat

“Dis nie Niekie se gelukkige dag nie. Sy sien haar fout dadelik teen die leuning van die balkon staan. Blessidse Marco! V-v-v-v-vrek! Sy probeer in haar spore omdraai, maar dit is te laat …”

Hoofstuk 21: Kwaadkat

Hoofstuk 22: Stywe ruggie

“In haar kamer het ’n luukse wit kartondoos gewag. Tussen geparfumeerde sneespapier het ’n smaraggroen rok gelê.

Die kaartjie was naamloos, maar sy het geweet van wie dit kom: “Jammer ek het jou nat gespat.””

Hoofstuk 22: Stywe ruggie

Hoofstuk 23: Die “tantrum”

“Na ’n lang foongesprek verwerdig die Hollywood glansprins hom uiteindelik om sy lang lenige lyf om te draai in hulle koers. Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik, maar op die oomblik op Niekie vermors is…”

Hoofstuk 23: Die “tantrum”

Hoofstuk 24: Vulkaan

“Hy het dadelik geweet hierdie vrou is iets anders. Hy kan verstaan hoekom sy ou vriend, Marco, so besotted is met die vrou. Sy is vurig en beeldskoon. Maar op hierdie oomblik besef hy, is die vonk tussen hulle is geen liefdesvonk nie. Dis ‘n vulkaan van humeure.”

Hoofstuk 24: Vulkaan

Hoofstuk 25: Woorde sny diep

“Vir ’n oomblik is Niekie op haar plek gesit.

“Baie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?”

Duard geniet die vrae wat soos ’n tafeltennisballetjie heen en weer oor die tafel bons.”

Hoofstuk 25: Woorde sny diep

Hoofstuk 26: Die keuse

“Mnr. Duard Wayne sê u moet sesuur vanaand gereed wees aangesien u voor die première u werk moet afhandel. Hy het die perssekretaris laat weet dat u reëlings verander.”

Genade! Dink die man hy kan sommer net haar lewe kom oorneem?

Dis nie dat hulle besties is na die onderhoud nie.

Daar is bloot ’n wapenstilstand.

En die groen rok …

Hoofstuk 26: Die keuse

Hoofstuk 27: Groen jaloesie

“En dit is net toe die vrou van die Tribune haar van agter pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos ‘n torpedo oor die rooi tapyt trek. Midde in die lug voel sy al die oë op haar. Sy hoor vroue lag. Dan kom sy met ‘n harde plof voor Duard Wayne se voete te lande!”

Hoofstuk 27: Groen jaloesie

Hoofstuk 28: Stilte voor die storm

“Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen. Toe die kamerdiens haar koerante kom aflewer, wou sy eers nie daarna kyk nie. Sy weet sy het moles gemaak en daarom is haar foon afgeskakel.”

Hoofstuk 28: Stilte voor die storm

Hoofstuk 29: Toeval …

“Ek het ‘n taxi bestel en hy sal jou na ‘n stil deel van die stad neem waar die locals uithang. Daar is ‘n klein village met winkeltjies, koffieplekke en boekwinkels. Ek kan jou verseker geen Hollywood-ster sal daar uithang nie.”

Hoofstuk 29: Toeval …

Hoofstuk 30: Vonkelwyn

““Wow! Ons nuwe fashionista!” jil Stefaans en raap Niekie in sy arms op.

Jaco kan ook nie anders as om die meisie wat sy modes onverwags op die Franse map gesit het, met oorgawe te groet nie.”

Hoofstuk 30: Vonkelwyn

Vlam – die vervolgverhaal

Hoofstuk 31: Vet in die vuur

“Dit voel vir Niekie of Jaco en Stefaans haar ure aaneen rokke laat aanpas in hul suite. Sy is later so moeg dat sy gelate in net haar bra en panty voor die modemanne paradeer. Jaco het toe nie net een outfit vir die aand saamgebring nie …”

Hoofstuk 31: Vet in die vuur

Hoofstuk 32: Hop, hop, hop

“Die foon lui vroeg. Dit voel vir Niekie of sy uit die dode opgewek word. Haar vlugvose lyf is nog nie gereed vir aksie nie. Cannes het haar emosioneel en fisiek uitgeput. “En toe, is die fashion icon al wakker?””

Hoofstuk 32: Hop, hop, hop

Hoofstuk 33: Nagmerries

“Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid. Sy stel haar pa aan Duard Wayne voor en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie ’n oog toemaak nie. Herinneringe van sy verlede spook by hom … ”

Hoofstuk 33: Nagmerries

Hoofstuk 34: Esprit de corps

“Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. “Kom in.””

Hoofstuk 34: Esprit de corps

Hoofstuk 35: Cheers!

“Na die eerste deadline staan Elsie Geselsie snipperig nader.

“Daar is ‘n man by ontvangs wat jou wil sien.  Flippie sê hy lyk nie soos een van jou polisiekontakte nie, maar hy lyk verdag. Donkerbril wat hy nie wil afhaal nie en ‘n pet laag oor sy voorkop. Jy weet, daai soort.”

Wie kan dit wees? ”

Hoofstuk 35: Cheers!

Hoofstuk 36: Onverwags

“Soos die wyn en die sangria vloei, skil Duard die hardekwas-meisiekind se weerstand soos ’n ui af. Laag vir laag. Maar dan bel Pieta … ”

Hoofstuk 36: Onverwags

Hoofstuk 37: Plan B

“Die drama oor die gyselaarskap en Niekie se ontvoering versprei soos blits deur die pers. Henk en Duard besef dat hulle self ’n plan moet beraam om Niekie te red … ”

Hoofstuk 37: Plan B

Hoofstuk 38: Gebedsroep

“Sy dink wat sy vir Henk kan sê om aan te dui waar sy aangehou word. Haar brein fynkam elke stukkie detail van haar en Henk se vorige besoek aan die bendeskuiling in Fordsburg.”

Hoofstuk 38: Gebedsroep

Hoofstuk 39: Nagvisie

“Henk, Duard en Kol. Branders beraam ’n plan om vir Niekie uit die greep van die bende te kry. Maar wanneer Duard die gebou dophou, kan hy nie glo wat hy sien nie … ”

Hoofstuk 39: Nagvisie

Hoofstuk 40: Spervuur

Niekie ontsnap van die bende en Duard vind haar in die donkerte. Maar dan laat glip hy iets wat hy vir so lank geheim gehou het …

Hoofstuk 40:  Spervuur

Vlam – die vervolgverhaal

Hoofstuk 41: Anna

“Duard sorg dat Niekie nie sy makkers sien nie. Wat haar betref, is dit Loxton en sy manne wat die reddingsoperasie uitgevoer het. Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom?”

Hoofstuk 41: Anna

Hoofstuk 42: Pyn

“Nee,” wil sy vir die man skryf. “Ek is nie oukei nie. Ek voel jou soene op my mond. My wange gloei as ek daaraan dink. Jy krap my kop deurmekaar!”

Hoofstuk 42: Pyn

Hoofstuk 43: Trip

“Die inspuiting spoel soos ‘n lawende golf oor haar. Sy voel hoe die hospitaalbed begin sweef op ‘n wolk. Die dokter in die noodeenheid lyk vir haar al hoe aantrekliker. En wie is die mooi man agter hom? ”

Hoofstuk 43: Trip

Hoofstuk 44: Slymbol

“Dis nou drie dae wat sy niks van Duard gehoor het nie en dis beter so, het sy haarself oortuig. Die man is sekerlik besig met ‘n speletjie. Hy lok vroue uit, en dan, as hulle vir hom val, ignoreer hy hulle …”

Hoofstuk 44: Slymbol

Hoofstuk 45: Déjà vu

“Pieta het sy kenmerkende skewe glimlag. Tandestokkie in die hoek van die mond.

“Jy wou my sien?”

Niekie ken hom. Die uitdrukking op sy gesig voorspel niks goed nie …”

Hoofstuk 45: Déjà vu

Hoofstuk 46: Katgeveg

“Claudia het Pieta blykbaar histeries gebel. Die aanlyntydskrif, Vroulief, het oornag ‘n eksklusiewe onderhoud met Melissa Garbers gepubliseer! Dit het die vet in die vuur gegooi, maar een van die hoof hoeke van die storie vererger die hele drama.”

Hoofstuk 46: Katgeveg

Hoofstuk 47: Die oproep

“Dis nou ‘n week na Duard se mislike sms en Niekie het nog nie weer ‘n woord van hom gehoor nie. Sy het hom nie geantwoord nie want in haar hart weet sy sy het uit moedswilligheid met Melissa oor die soenery gepraat.”

Hoofstuk 47: Die oproep

Hoofstuk 48: Verkeersknoop

“Niekie staan knorrig op. Alles irriteer haar. Die ketel kook te stadig, sy mors melk, die stortdeur haak vas en sy ruk dit uit sy glybaan. Dekselse Duard! ”

Hoofstuk 48: Verkeersknoop

Hoofstuk 49: Sirkus

““Kan ons ‘n foto van Melissa neem saam met Niekie Branders? Sy is immers ‘n bekroonde oorlogkorrespondent?”

Niekie wens sy kan Johan Jooste op sy maermerrie gaan skop.

Claudia kom neem haar ferm aan die arm.

“Dis nou die tyd om jou in te hou, Nicola. Almal se oë is op jou. Moenie ‘n flop hiervan maak nie anders is jou loopbaan daarmee heen. Onthou, ons het ‘n verklaring uitgereik dat die dispuut tussen jou en Melissa opgelos is en dat julle op vriendskaplike voet die skiet van die rolprent gaan aanpak.””

Hoofstuk 49: Sirkus

Hoofstuk 50: Misterie

“Sy hou nie daarvan om af te luister nie, maar sy herken Duard se stem, en hy praat Afrikaans met haar pa! Sy ruik al lankal ‘n rot oor Duard se foutlose aksent. Nou hoor sy hoe hy ‘n foutlose Afrikaanse gesprek met haar pa voer en dit is beslis nie deel van sy rol nie!”

Hoofstuk 50: Misterie

iStock/iprogressman

Hoofstuk 51: Gevaarligte

“Niekie en Melissa konfronteer mekaar en Melissa verklap geheime wat Niekie dog net Duard weet … ”

Hoofstuk 51: Gevaarligte

Hoofstuk 52: Jupiter

Niek, Duard en Alano vertrek bos toe om vrede met hul verlede te maak. Niekie sien hulle raak en is vasberade om uit te vind wat Duard se storie is …

Hoofstuk 52: Jupiter

Hoofstuk 53: Sterre

“Ek gaan nou my broederlike eed aan hom verbreek en jou meer vertel van die sensitiewe siel agter die glansheld…”

Hoofstuk 53: Sterre

Hoofstuk 54: Slot

“Onder ‘n koelteboom in die snikhete namiddag in Angola speel ‘n rolprent in die kleine voor Niekie af. ‘n Tragiese verhaal …”

Hoofstuk 54: Slot

Het jy geweet?

Ons het ook gratis voorlesings waarna jy kan luister! Loer hier:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.