kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 42: Pyn

Vlam hoofstuk 42: Pyn deur Martie Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie, klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 42: Pyn

Niekie staar na die boodskap op haar foon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Is jy oukei?”

“Nee,” wil sy vir die man skryf.

“Ek is nie oukei nie. Ek voel jou soene op my mond. My wange gloei as ek daaraan dink. Jy krap my kop deurmekaar!”

Maar sy skryf niks. Sy ignoreer die foon.

Of, sy probeer die foon ignoreer. Soos ’n hoërskoolmeisiekind sit sy angstig en wag om te sien of hy weer ’n boodskap sal stuur.

Die foon flits.

“Ek weet jy staar nou na jou foon,” skryf hy.

Sy kyk geskok in haar woonstel rond.

Dan lag sy vir haarself. Is jy nou simpel, Niekie? Die man lok jou uit!

“Nou is jy lus om my te antwoord, maar jy is te moedswillig om dit te doen.”

Sy vererg haar. Vermetele man!

“Nou dink jy ek is ’n vermetele man.”

Haar wange gloei van woede.

“Nou word jou nek en wange rooi van kwaadgeit. Ek weet, ek het dit mos al gesien gebeur. ’n Paar keer!”

Sy sit met die foon in haar hand. Sy brand om hom op sy plek te sit.

“O, jy is so lus om my te antwoord, jy kan dit nie meer hou nie!”

Dis nou genoeg! Sy begin tik.

“Los my uit, ek is veronderstel om te rus.”

Sy wag.

Niks gebeur nie.

Sy wag nog vyf minute.

Tien minute.

’n Halfuur.

“Vir wat sit jy met jou foon in jou hand?!”  Sy raas hard met haarself. Sy vertel haarself dat sy op haar bed moet lê en haar oë moet toemaak. “Jy moet slaap. Rus, is wat sy nou nodig het na die groot trauma.”

Sy maak vir haarself ’n koppie tee en sluk ’n pilletjie, wat veronderstel is om haar te kalmeer. Sy gaan lê op haar bed en vou haar hande op haar bors. Soos sy een keer in ’n meditasie-video gesien het. Sy begin by haar voete. Ontspan die voete, dan die kuite, dan die bobene, dan die maag. Sy probeer konsentreer op die meditasie.

“Hmmmm,” probeer sy ’n soort chant, wat sy ook al in ’n video gesien het. “Hmmm.”

Dit help niks. Haar lyf is so styf soos ‘n snaar. Haar kop wil nie op die meditasie konsentreer nie. “Fokus op ‘n sagte pienk lig,” probeer sy haarself oortuig. Dit het sy ook al iewers gelees of gesien. Sy fokus. Pienk. Haar konsentrasie hou presies twee minute, skat sy.

Miskien sal asemhalingsoefeninge help? Daarvan weet sy ook so ’n bietjie. Mens haal diep in tot by jou maag. Dan blaas jy die lug vanuit jou maag uit. Sy dink dis soos dit werk. Maar dit werk nie. Haar kop maal en maal om een ding, en dis nie die trauma nie!

Sy spring op en maak nog tee. Sy gooi drie teelepels suiker in en sluk nog ’n pil.

“Fokus, Niekie! Jy is mos ‘n sterk meisie! Jy kan jou gedagtes mos beheer!” Sy raas al die kante toe met haarself.

Maar haar gedagtes fokus op één ding …

Vlam hoofstuk 42: Pyn

Joga! Sy het mos ’n rukkie joga gedoen! Nou probeer sy ’n paar posisies.

Miskien moet sy op haar kop staan? Dalk verdwyn die gedagtes as al die bloed na haar kop loop?

As kind het sy maklik op haar kop gestaan. Sy kon ook vier wawiele agter mekaar op hulle grasperk op Potchefstroom doen. Sy kyk rond in haar woonstel. Miskien een wawiel en dan gaan sy op haar kop staan. Dit behoort te werk!

Sy het lanklaas ’n wawiel gedoen … haar aanloop is perfek, maar by die draaislag loop dinge skeef. Sy voel ’n skerp pyn in haar rug. Met die landing besef sy daar is groot fout. Sy krul van die pyn.

Iewers in haar rug het iets meegegee wat nie moes nie.

Na vyf minute in die fetusposies van pyn op die mat besef sy  die wawiel het gewerk! Sy kan nou aan niks anders as die pyn in haar rug dink nie!

Sy kruip bed toe. Die pyn voel soos ’n uitgestrekte kramp wat van haar rugstring tot in haar sy brand.

Sy haal die bed.

Pyn.

Haar hand voel na haar foon op die bedkassie. Haar pa is te ver en sy wil hom nie ontstel nie. Henk antwoord nie sy foon nie. Pieta is in ’n vergadering.

Dalk sal die pyn vanself bedaar?

Sy wag.

’n Halfuur van folterende pyn.

’n Uur.

Hoekom bel Henk haar nie terug nie? Pieta ook nie? Watse vriende is hulle?

Na nog ’n halfuur lui haar foon.

Sy gryp daarna soos na ’n reddingsboei.

“Vir wat wag jy so lank om my terug te bel? Ek wou ’n wawiel doen … wel, ek vrek van die pyn! Ek voel ek gaan dood!”

Daar is ’n stilte aan die anderkant.

“Henk?” Stilte.

Dan hoor sy ’n man lag.

Sy kyk na die naam op haar foon.

Maar hy antwoord voor sy iets kan sê.

“’n Wawiel, sê jy? Vir wat doen jy ’n wawiel? Is jy nie al bietjie oud vir ’n wawiel nie? Ek meen?”

Haar rug pyn te veel om te protesteer.

“Bel Henk en sê hom ek het seergekry. Hy moet my dokter toe vat vir ’n Voltaren-inspuiting. Ek dink ek het ’n spier verrek.”

“Henk?”

“Ja, julle is mos nou dik maatjies. Sê vir hom ek vrek van die pyn!”

Sy druk die foon dood voor hy kan antwoord. Sy hoop die blessidse Henk kom gou!

Nog ’n halfuur waarin die brandende pyn haar wese inneem.

Toe lui haar deurklokkie.

“Jy het mos ’n sleutel!” gil sy in pyn.

“Nee, nog nie!”

Daardie man gaan haar nog ’n beroerte van woede gee!

Maar die pyn herinner haar daaraan dat sy hulp nodig het.

Sy loop krom tot by die deur.

“O hel, jy lyk sleg!”

“Dankie, ek weet.”

“Waddehel het jy gemaak? ’n Wawiel, nogal?”

“Ek is goed met wawiele.”

Sy besef dadelik hoe belaglik haar antwoord klink.

Hy lag uit sy maag. Dan gooi hy haar weer oor sy skouer.

“Kom, ek neem jou hospitaal toe dat hulle jou rug kan uitsorteer. ’n Wawiel! Hoe oud is jy?”

Sy hang hulpeloos oor die man se skouer.

Wel, die wawiel het gehelp.

Ten minste dink sy nie nou meer net aan hom nie!

Hoor hier!

As jy van Vlam hoofstuk 42: Pyn gehou het, is ons seker jy gaan mal wees oor ons twee voorlesings: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die Rooi Rok. Dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.