kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 46: Katgeveg

Vlam hoofstuk 46: Katgeveg deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 46: Katgeveg

Claudia het Pieta blykbaar histeries gebel.

Die aanlyntydskrif, Vroulief, het oornag ‘n eksklusiewe onderhoud met Melissa Garbers gepubliseer!

‘n Totale verbreking van die eksklusiwiteitsooreenkoms tussen haar, die rolprentbase en Mediahuis!

Dit het die vet in die vuur gegooi, maar een van die hoof hoeke van die storie vererger die hele drama.

In die hartroerende eksklusiewe onderhoud vertel Melissa hoe die Suid-Afrikaanse joernalis, Niekie Branders, haar lewe versuur en in haar slaai krap! Sy vertel hoe Branders van dag een haar visier op Duard Wayne gehad het en kliphard daaraan werk om hom bed toe te sleep sodat sy sy geheimsinnige agtergrond kan oopvlek.

Volgens haar was Branders se kamma gestruikel op die lughawe net ‘n set om nader aan haar wat Garbers is te kom, sodat sy kon spog met haar sekseskapades met Wayne.

“Sy het in my oor gefluister dat sy en Duard Wayne ‘n vurige verhouding het. Sy is deeglik bewus van die spesiale verhouding wat ek en Duard het, en het van die begin probeer om ‘n wig tussen ons in te druk. Haar set met die smaraggroen rok in Cannes was deel van haar gewetenslose plan om my te verneder. Tydens ons eksklusiewe onderhoud in Cannes het sy openlik oorlog teenoor my verklaar. Ek weet ek is gebonde aan die kontrak tussen my vervaardigers en Mediahuis, maar ek het na gister se voorval op die lughawe besluit dit is tyd dat ek uitpraat. Niekie Branders is ‘n onetiese joernalis wat besig is met ‘n gevaarlike speletjie. Ek sal nie toelaat dat sy my verhoudig met Duard verongeluk met haar smerige praatjies nie.”

Pieta kou sy tandestokkie dat die splinters spat terwyl hy die storie aan Niekie voorlees!

“Claudia kom op die volgende vlug Johannesburg toe. Die direksie is diep omgekrap oor die storie en het ‘n spesiale ondersoek oor jou verhouding met Duard Wayne aangevra. Ek is jammer, Vlam, maar daar is baie geld betrokke by die ooreenkoms en Mediahuis moet hulle huiswerk doen as die ding dalk verder gaan.”

Niekie kan sien Piet is diep bekommerd.

Sy self voel of sy ‘n floute gaan kry van woede … en van kommer.

Wat gaan sy doen as dit uitlek dat sy en Duard wel een vreeslike vurige soen gehad het en dat daar wel soort van ‘n flirtasie van sy kant was?

Wat sal gebeur as iemand agterkom dat die blessidse rolprentster wel haar hormone roer?

Ver bo die kommer styg die woede teenoor Melissa Garbers.

Wat ‘n sluwe truuk! Watter gemene vrou!

Sy probeer wraak neem oor die groen rok, die wimperdrama en natuurlik omdat sy bang is sy verloor haar greep op Duard.

Niekie kry ‘n sms van Henk.

“Kry my op die grondvloer van die parkeergarage.” Dis die plek waar hulle ontmoet as hulle oor iets hewig wil skinder.

“Luister, Niekerbol, nou moet jy jou varkies deeglik op hok hou. Ek weet hoe jy oor Duard voel. Jy is my pel. En ek dink ek weet hoe hy oor jou voel. Hierdie ding kan ‘n groot moles veroorsaak. Pieta weet ek praat met jou en hy sal met Duard praat voor die direksie se ondersoek. Hy sal ook met Loxton praat oor die aand van die redding. Dis beter dat ons die hele gerug in die kiem smoor.”

Niekie luister stil na Henk en Pieta se raad.

Niemand sal ‘n woord rep oor enige verbintenis tussen Niekie en Duard buiten die amptelike geleenthede waar oor die fliek gepraat is nie.

Daar sal veral nie oor die aand van die redding gepraat word nie en ook nie oor die episode met Niekie se rugspasma nie.

“As Mediahuis waves wil maak oor Garbers se storie, moet als kosjer wees van ons kant, hoor jy?”

Niekie voel dat die afgelope ure haar emosioneel gedreineer het.

Die res van die dag is volgepak met samesprekinge agter geslote deure.

Die hele redaksie kyk met groot oë na Niekie.

Niemand waag dit om ‘n woord te sê nie, nie eens Elsie Geselsie nie.

Die redaksie word ingeroep en almal word tot stilte gesweer oor Duard se besoek aan die kantoor. As iemand uitpraat, sal hy summier gefire word!

Twee manne van Mediahuis se prokureurs ondervra Niekie genadeloos in Claudia en Piet se teenwoordigheid.

Niekie voel kaalgestroop.

Na die harde dag word ‘n persverklaring uitgereik en ‘n kwaai brief aan mej. Garbers se bestuurder gestuur.

In die verklarings word heftig ontken dat daar ‘n verhouding tussen Niekie Branders en die Hollywoodster is.

Niekie is in haar hart tevrede met die bewoording want buiten die vurige soenery is daar immers regtig geen amptelike liefdesverhouding tussen haar en die ster nie.

Na die rits vergaderings, beduie Henk aan Niekie moet hom in sy kantoor kry. Daar gooi hy vir haar ‘n stywe whisky.

“Ag ou Niekerbol, daai girl is net jaloers en sy weet sy sal nie in hierdie stadium uitgeskop word uit die rolprent nie. Sy weet haar stunt sorg vir goeie publisiteit vir die fliek. Trouens, Pieta dink dit kan ‘n truuk van die vervaardigers self wees om publisiteit te kry voor die fliek geskiet word. Daar gaan niks van hierdie hele ding kom nie, jy sal sien. Hou jy net jou hart in toom vir die volgende weke in Angola”

Die whisky lawe Niekie se gemoed. Dit was ‘n helse uitputtende dag.

By haar woonstel bel sy gou haar pa om hom gerus te stel.

“Die hele ding sal oorwaai,” troos haar pa.

Sy sak uitgeput op haar bed neer. Sy voel of sy wil weghardloop nog voor die simpel fliek geskiet word.

Hoeveel drama kan haar nog tref?

Haar brein is te moeg om af te skakel. Haar kop rafel elke stukkie interaksie tussen haar en Duard uit. Het sy haar nie dalk verbeel hy flirt met haar nie? Maar daardie soen? Sy erken teenoor haarself dat sy wel effe verlief gevoel het op die ster, maar na die rowwe dag, sal sy haar hart verhard. Nooit weer sal die ster haar hormone skommel nie. Nooit weer nie.

Net toe sy genadig aan die slaap wil raak, flits haar foon ‘n boodskap.

“Vir wat het jy Melissa van ons vryery vertel?”

Sy staar na die foon en dit voel of alle bloed uit haar kop dreineer.

As jy van Vlam hoofstuk 46: Katgeveg gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.