Het jy geweet olywe en veral ekstra suiwerolyfolie bevat nie net gesondheidsvoordele vir jou dieet nie, maar ook vir jou vel. Dit is veral bekend as beskermer teen vrye radikale en sommige leefstylverwante siektes.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die bekende olyf-vervaardiger, Olyfberg, se nuwe reeks skoonheidsprodukte is versagtend, vernuwend en strelend vir jou vel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons het die reeks getoets en die resultate was asemrowend. Daar is vier nuwe produkte, naamlik:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Handgemaakte olyfolie-seep
Olyfolie sus die vel op ’n natuurlike manier en laat dit sagter. Dié seep reinig en voed die vel, terwyl dit verdere droogheid en afskilfering voorkom. Dit dien ook as anti-oksidant wat die vel teen veroudering beskerm terwyl dit terselfdertyd aknee beperk en ongewenste vlekke verminder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Olyf-en-Kigelia-lyfbotter
Die sagte lyfbotter, liggroen soos olywe, word gemaak van ekstra suiwerolyfolie verweef met Kigelia-ekstrak (afkomstig van die Kigelia Afrika-boom, ook bekend as die Afrika-worsboom). Dit bevat geen kunsmatige kleurstowwe of chemikalieë nie. Dis ideaal vir die verligting van sonbrand, ekseem, psoriase, insekbyte, ’n uitslag en selfs ligte brandwonde.
Gesig-en-lyfroom
Kigelia, olyfolie en avokado word vermeng om ’n room te skep wat ideaal is vir sensitiewe vel.
Strelende Kigelia jel
Die jel bevat Kigelia-ekstrak en is spesifiek geformuleer om meer ernstige vel-irritasies soos ekseem en psoriase te kalmeer. Indien dit drie keer per dag aangewend word, kan dit ook sonbrand vinniger laat herstel.
Besoek Olyfberg se webblad hier.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.