kategorieë: WenkeSkoonheid

Voel skoon en vars hierdie somer

1. Spuit jou gesig, hals en lyf gereeld met ’n verfrissingsproei; dit laat jou nie net heerlik koel voel nie, maar bevogtig ook jou vel. Gooi dit in jou strandsak om dit byderhand te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Dra katoen of ander ligte klere wat lug deurlaat en vermy sweterige poliëster-kledingstukke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Vryf poeier aan die dele van jou lyf wat geneig is om te sweet. Hou dit by jou en gebruik soos nodig. Wees egter versigtig dat die wit poeier nie op swart klere beland nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Gebruik ’n deodorant wat ook ’n anti-perspirant is. Die anti-perspirant sal jou minder laat sweet terwyl ’n gewone deodorant slegs die geur verbloem.

5. “As jy uitermatig baie sweet (hiperhidrose is die mediese term), kan jy botoks onder jou armholtes, voete en hande laat spuit. Dit is veilig en baie doeltreffend maar wel seer op jou hande en voete. Bespreek dit met jou dokter,” sê dermatoloog dr. Willie Visser.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Belangrik: Bly gehidreerd, drink minstens 2 liter water gedurende die dag.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.