kategorieë: VelsorgSkoonheid

Vrouemaand: #VrouVanDieWeek: Carina Franck

Vrouemaand: #VrouVanDieWeek: Carina Franck deur Suzanne Kotzé. Foto’s: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terwyl ek besig is om aan die storie te skryf, is Carina se raad aan vroue wat hulle eie ondernemings wil begin so treffend dat ek dit dadelik aan ’n vriendin stuur wat self onlangs ’n onderneming begin het en soms moedeloos voel oor al die uitdagings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy skryf dadelik terug dat dit net die inspirasie is wat sy nodig gehad het en asof dit so bedoel is dat ek dit vanoggend aan haar moes stuur. Kom ons ondersteun mekaar, deel raad en moedig mekaar aan.

Dankie Carina vir jou raad. Deel gerus die artikel met ander vriendinne wat besighede het, dit is dalk net wat sy nodig het om aan te hou en moed te hou!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy die Kalahari Lifestyle reeks begin?

Ek het grootgeword in die Kalahari. Hier het ek geheime oor natuurlike gesondheid en welwees ontdek wat al vir generasies lank versteek was in die woestyn.

Nadat ek vir ’n dekade in die skoonheidsbedryf gewerk het, het ek agterkom dat al hoe meer mense groener leefstyl-keuses begin maak en ook handelsmerke begin kies wat met hulle eie waardes oor die omgewing ooreenstem. Dis toe dat ek besluit het om my ondervinding in velsorg en my kennis oor natuurlik welwees te gebuik om Kalahari Lifestyle – ’n outentieke Phyto-effective™ reeks wat mense kan vertrou – te skep. Ek het dit toe in 2011 gestig.

Lees ook: Ontmoet Carina Franck van Kalahari Lifestyle

Wat is van die grootste uitdagings wat jy gehad het, toe jy die besigheid begin het?

Dit was beslis nie maklik om ’n nuwe handelsmerk te vestig nie. Met soveel produkte en handelsmerke in die mark, was dit ’n uitdaging om jou plek tussen al die reeds bestaande handelsmerke te kry.

Daar is ook baie sake-ondernemings wat ‘white labelling’ beoefen (waar een maatskappy ’n produk verskaf waaraan daar dan ’n nuwe handelsmerk gegee word deur ander maatskappye (die bemarkers) sodat dit lyk asof hulle die produk gemaak het). Dit beteken dat enige een hulle ‘eie’ handelsmerk kan begin, sonder dieselfde hoeveelheid moeite as om waarlik jou eie handelsmerk te begin.

Ek glo egter jy moet jouself omring met uitsonderlike mense wat spesialiseer in sekere velde en jy moet altyd in voeling wees met jou ondersteuners (followers) sodat jy waarde kan toevoeg tot jou besigheid.

Ek glo egter jy moet jouself omring met uitsonderlike mense wat spesialiseer in sekere velde en jy moet altyd in voeling wees met jou ondersteuners (followers) sodat jy waarde kan toevoeg tot jou besigheid.

Hoe is dit voordelig om jou eie besigheid te begin eerder as om vir ’n baas te werk?

Vanaf ’n jong ouderdom het ek reeds geweet dat ek nie in die normale 8-5 prentjie inpas nie. Jou eie sake-onderneming gee jou in daardie sin dus meer vryheid, maar dit is ook geweldig uitdagend, want daar is niemand wat jou verantwoordbaar hou vir jou besluite nie.

Om jou eie baas te wees verg baie meer dissipline, ambisie en werks-etiek as ’n gewone 8-5 werk. Jy moet dus gereed wees vir baie meer verantwoordelikheid. Ek glo sterk daaraan dat as jy jou talent en passie saam gebruik, jy jou roeping sal vind.

Ek glo sterk daaraan dat as jy jou talent en passie saam gebruik, jy jou roeping sal vind.

Het jy ooit diskriminasie ondervind omdat jy ’n vrou is wat jou eie onderneming besit?

Die meeste vroulike besigheidseienaars het al ’n vorm van diskriminasie ondervind in hulle verskeie velde. Toe ek my eerste besigheid begin het, het ek baie diskriminasie ondervind. Die wêreld het egter die afgelope vyf jaar baie verander! Vandag sien ons meer as ooit tevore vroue wat gevier en erken word in leierskapsposisies. Dit is egter net die begin en daar is nog baie groei en werk wat in die area moet plaasvind.

Omdat ek in ’n bedryf werk wat grootliks deur vroue gedomineer word, het ek diskriminasie egter baie minder gevoel as vrouens wat in omgewings werk wat tradisioneel deur mans gedomineer is.

Ek glo ook dat die mense met wie jy kies om jouself te omring ’n groot rol speel in hoe jy diskriminasie ondervind. Ek kies om mans en vroue aan te stel wat mekaar bemagtig en inspireer en wat soos ek dink, so daarom voel ek dit nie so direk in my eie omgewing nie. Bygesê gee ek nie om as mense my onderskat, of sê dat iets nie moontlik is nie, want dan werk ek ekstra hard om hulle verkeerd te bewys!

Vandag sien ons meer as ooit tevore vroue wat gevier en erken word in leierskapsposisies. Dit is egter net die begin en daar is nog baie groei en werk wat in die area moet plaasvind.

Wat  is jou beste wenke aan vrouens wat hulle eie besigheid wil begin?

Wees lief vir wat jy doen, en glo aan jou eie bekwaamheid en potensiaal. Om ’n onderneming te begin verg baie meer tyd, moeite en krag as wat jy ooit kon dink! As jy nie passievol is oor dit wat jy doen of daarin glo nie, gaan dit nie werk nie. Jy gaan ekstra ure moet insit en weet dat jou visie die moeite werd is om voor te werk, selfs gedurende moeilike tye, want daar gaan moeilike tye wees!

Hou aan  glo in jouself gedurende hierdie moeilike tyd, en weet dat jy enige iets kan bereik as jy besluit om dit te doen en bereid is om hard te werk. Dít is wat die verskil sal beteken daarin of jy sukses bereik of nie!

Om ’n onderneming te begin verg baie meer tyd, moeite en krag as wat jy ooit kon dink! … Hou aan  glo in jouself gedurende hierdie moeilike tyd, en weet dat jy enige iets kan bereik as jy besluit om dit te doen en bereid is om hard te werk.

Hoe kan vroue mekaar beter ondersteun?

Om te vergelyk is ons samelewing se grootste probleem. Ek wil alle vroue aanmoedig om te onthou dat ons almal ons eie wedrenne teen ons eie pas hardloop. Jy kan jou eie persoonlike reis nie met die van iemand anders vergelyk nie. Hierdie is van toepassing op die sakewêreld maar ook op jou lewe in die algemeen.

“Bewonder iemand anders se skoonheid, sonder om jou eie skoonheid te bevraagteken.” In die sakewêreld beteken dit ook dat net omdat iemand anders sukses bereik, dit nie beteken dat jy gaan faal nie. Daar is plek vir almal van ons om voorspoedig te wees, solank ons by mekaar leer sodat ons mekaar kan help om suksesvol te kan wees.

Toe ek grootgeword het die Khoi-San families my een van my gunsteling waardes geleer: “As ons deel, het ons almal genoeg.”

Om te vergelyk is ons samelewing se grootste probleem … “As ons deel, het ons almal genoeg.”

Aanvanklik was Kalahari Lifestyle baie meer bekend in Skandanawiese lande as in Suid-Afrika. Hoe so?

Nadat Kalahari Lifestyle gestig is, het ons dit eers aan die Europese welwees-mark bekendgestel. Ons het aanvanklik met ’n spa- en lyfreeks begin en die Europese mark was gaande daaroor om weggevoer te word na Afrika met ons outentieke en sensoriese produkte en behandelings. Danksy ons sukses daar het ons besef daar is ook ’n geleentheid om na Suid-Afrika uit te brei en die produkte en eie behandelings op eie bodem bekend te stel.

Hoe het dinge  by Kalahari Lifestyle verander die afgelope 8 jaar?

Aanvanklik was Kalahari Lifestyle ‘n ekstra handelsmerk wat deel was van my vorige skoonheidsonderneming. Vyf staatmaker personeellede het die reis saam met my begin. Ons het ook ’n baie talentvolle span kundiges gehad wat slegs op Kalahari Lifestyle gefokus het. As ek nou terugdink oor hoeveel ons die afgelope agt jaar gegroei het voel ek werklik trots! Ons voer vandag na ongeveer 14 verskillende lande uit, en ons is nie van plan om by 14 te stop nie!

Wat is jou skoonheidsfilosofie?

Dit bestaan uit vier dele:

  1. Gereelde afskilfering
  2. Kies die regte serum vir jou vel
  3. Bevogtig met die regte bevogtiger vir jou spesifieke veltoestand
  4. Om gereeld vir professionele behandelings te gaan is voordelig.

Watter Kalahari Lifestyle produkte gebruik jy?

Ek verander produkte soos wat my omstandighede en my vel se behoeftes verander. Op die oomblik het my vel baie voedingstowwe nodig soos wat in ons Ferulic CEB+ Serum gevind word. Ek is ook besig om ons nuwe Retinol Serum wat binnekort bekendgestel word te gebruik.

As jy net een Kalahari Lifestyle produk moes aanbeveel, wat sal dit wees?

Ek kan nie sonder ons Anti-puffiness Serum nie. Dit is ideaal vir elke geleentheid!

Wat is jou gunsteling Kalahari Lifestyle-behandeling?

Die TCA Professional Treatment vir my gesig en vel en vir my lyf ons KhoiKhoi nek en skouer massering.

Wat is van die grootste velsorgfout wat vroue maak?

Ek sien so baie vroue wat produkte gebruik en professionele behandelings laat doen wat te aktief is vir hulle vel en te oorstimulerend is. My beste raad is dat aktief nie noodwendig effektief beteken nie.

Probeer gerus hierdie produkte:

Kalahari Anti-Puffiness Eye Serum (R278)

Kalahari Mafura Body Balm (R300)

Kalahari Lifestyle

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.