kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met Nadia Valvekens oor ‘Diepe Waters’

Nadia Valvekens is ’n geliefde en gesoute aktrise met meer as 15 jaar se uiteenlopende rolle. Van Binnelanders se hospitaalsale tot die huidige telenovelle Diepe Waters, boei sy gehore as Sanet, ’n komplekse huisvrou wat die waters van liefde, geheime en wraak rondom die mededingende swemklub, Die Swartmarlyne, navigeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die tonge klap omtrent oor Sanet se nuwe pad wat haar na vreemde plekke lei, maar hoe maak ’n mens as een tipe verslawing dan nou tot die volgende lei en sal die nuwe dominee haar op die regte pad kan hou?

“Wat ek die meeste daarvan geniet om Sanet te speel, is dat ek vir ’n gehoor kan wys dat mense foute het, en dit is oukei. Ons almal maak foute, dit beteken nie jy is ’n slegte mens nie. Iets wat die skrywers wonderlik uitbeeld, is hoe sy uit haar foute leer en groei. Sy probeer nog verstaan waar sy in die wêreld inpas en ek dink dis ’n verskriklike menslike vraag – wie is ek, wat wil ek hê, waar pas ek in?” deel Nadia.

Sy glo Diepe Waters vertel regte stories en hou ’n spieël op wat mense laat dink. “Ek dink iemand soos Sanet laat mense besef ‘don’t judge a book by its cover’, want al is iemand nie van jou dam se eende nie, verdien almal ’n plekkie onder die son. Ons almal kan mekaar respekteer vir wie ons gekies het om te wees,” voeg sy by.

Karlien Meiring het meer by Nadia oor Sanet se baie lae gaan uitvind.

Is daar ’n verband tussen jou en Sanet se karakter, en watter aspekte van haar persoonlikheid is die uitdagendste om uit te beeld?

Ons albei het al uitdagings ervaar. Ek het ook al my eie uitdagings gehad en aan die ander kant uitgekom en het dus begrip vir haar pyn en menslikheid. Sy maak baie foute en is dikwels te trots om dit te erken – dis menslik. Dit waardeur sy gaan, is nie ongewoon nie. Ek hoop kykers sien dat sy nie die uitsondering op die reël is nie. Haar hartseer, pyn en swaarkry is nie anders as ander mense s’n nie. Om haar persoonlikheid te kan vasvang, is die grootste uitdaging omdat ons so ver van mekaar verwyder is. As akteur, moet jy begrip vir jou karakter hê, hul waarheid vind en dit so eerlik en opreg as wat jy kan vertolk.

Wat was die uitdagendste toneel wat jy vir Diepe Waters verfilm het?

Om as ’n akteur dronk te speel, is ’n hit or miss. Ek was verskriklik bang en op my senuwees vir al haar dronktonele gewees. Dit kan maklik verkeerd gaan en over the top voorkom, maar as jy goeie regisseurs het en almal as ’n ensemble saamwerk, maak dit dinge makliker. Ander tonele wat vir my uitstaan, is: Toe Sanet op haar huweliksherdenking moet uitvind dat Anja en Rossouw in ’n verhouding is. Ek dink ek was vir twee dae daarna heeltemal uitgeput! En toe Sanet dronk by Wim se huis opgedaag het – die son het gesak en ons het min tyd gehad om die toneel vas te vang. Dit het ook gereën en my skoen het in die modder vasgesit – ek moes dit toe in die toneel inwerk!

As jy vir Sanet moet raad gee, wat sou jy vir haar sê oor haar lewenskeuses in die reeks?

Stories is ’n kunsvorm wat ’n spieël ophou en wys watter gevolge jou besluite kan inhou. As Sanet iemand was wat ek regtig geken het, sou ek definitief vir haar gesê het om ’n sielkundige te gaan sien. Ek is dankbaar dat die skrywers nou vir haar ’n dominee gegee het wat haar dalk in die regte rigting kan lei.

As jy vir ’n dag met enige karakter in Diepe Waters plekke kon ruil, wie sou dit wees en hoekom?

Definitief Gys! Dit sal wonderlik wees om met Gys plekke te ruil, want hy is vir seker ’n antagonis. Ek sal in iemand soos hy se brein wil klim om te kan verstaan hoe hy dink, hoe hy voel en hoe hy so oukei daarmee kan wees om mense seer te maak. Sekerlik is dit ook hoekom hy so welaf is!

Wat kan kykers nog van Sanet in die tweede seisoen van Diepe Waters verwag? Is daar enige opwindende storielyne wat jy mag deel?

Daar kom bietjie groei vir Sanet en daar mag dalk liefde op die horison vir haar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

7 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.