kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak’

Ontmoet Chris Steyn, ‘n aspirantkunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en een van die topaanspraakmakers in die treffersangkompetisie, Die Kontrak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Chris se reis na die kollig het op laerskool in Pretoria begin, waar hy sy passie vir sang in die koor ontdek het. Toe hy hoërskool toe is, het sy droom om by die Affie-koor aan te sluit ’n werklikheid geword, wat die begin was van ’n musikale hoofstuk wat sy hoërskoolloopbaan sou definieer: “Ek het my hele hoërskoolloopbaan koor gesing, maar nooit op my eie regtig by plekke gesing of vertonings gedoen nie,” vertel hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe hy vanjaar homself op Stellenbosch vestig, het sy woonstelmaat hom oortuig om vir die derde seisoen van Die Kontrak in te skryf. “Ek wou aanvanklik nooit ingeskryf het nie. Ná my woonstelmaat my oortuig het om ’n oudisie-video op te neem, het ek gesê ek sal daaroor slaap. Toe ek die volgende oggend wakker word, het hy die video reeds opgelaai. Ek’s nou baie dankbaar daarvoor!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou is Chris al deel van die talentkompetisie se toptwee deelnemers, wat ’n kans het om later vanjaar voor 75 000 Afrikaans is Groot-ondersteuners op te tree, en homself in die Afrikaanse musiekbedryf te vestig.

Foto: Hendri Viljoen

“Ek probeer om nie te ver in die toekoms in te kyk nie en vat dinge stap vir stap, maar ek sal graag een van die grootse Afrikaanse kunstenaars in die land wil wees. Ek dink dis moontlik as ek my kop daarop sit en regtig hard werk! Ek sien baie uit na die pad wat vir my voorlê,” sê Chris.

Karlien Meiring het meer oor die ‘crowd favourite’ met die goue stem gaan uitvind.

Hoe het Demi-Lee se mentorskap jou sang beïnvloed? Watter van haar lesse of raad, staan vir jou uit?

Demi is ’n wonderlike mentor, ek kon nie vir ’n beter mentor of mens gevra het om saam met my die pad te stap nie. Hoewel Demi my altyd met my liedjiekeuses en sangtegniek gehelp het, het sy nooit my manier van sing of my menswees probeer verander nie. Sy het altyd vir my gesê dat ek nie moet verander om by ander mense in te pas nie, ek moet net myself bly en my verhouding met die Here behou, en die res sal dan op sy eie tyd kom. Ek is baie lief vir haar en Bart!

Waarmee is jy besig as jy nie jou sangtalent uitleef nie?

Ek het vir die jaar Stellenbosch toe getrek. In my vrye tyd, bestee ek gehaltetyd aan my pelle. As ek bo in Pretoria is, bestee ek tyd saam met my familie. Ek’s die oudste kind en het vier jonger susters, so my hande is redelik vol met hulle!

Kan jy vir ons vertel van ’n spesifieke optrede op Die kontrak waarop jy die trotsste is?

Elke liewe show was vir my amazing! Elke optrede en liedjie het ’n ander gevoel en bring ’n ander emosie na vore. Ek dink wel die optrede wat my vir ewig sal by bly, was toe ek die voorreg gehad het om die verhoog met Demi te kon deel, dit was regtig die spesiaalste optrede van my tyd op die program!

Speel jou familie en vriende ’n belangrike rol in jou musiekloopbaan?

My familie ondersteun my in alles wat ek doen, hulle was tydens Die Kontrak altyd bereid om my te help as ek vinnig iets nodig gehad of iets vir ’n optrede vergeet het. Hulle verstaan soms maar min van die tegniese aspekte, maar probeer steeds hul bes om my te help. My vriende is ook vir my baie spesiaal, hulle is deel van my familie.

Saam met wie sal jy die graagste ’n duet wil sing?

Ek wil baie graag eendag saam Zach Bryan ’n duet sing. Ek weet dis ’n baie groot droom, maar as ’n mens nie droom nie, is daar nie iets om voor te werk nie.

‘Die Kontrak’ word op Sondae om 18:00 op eExtra (Openview kanaal 105 & DStv-kanaal 195) uitgesaai. Of kyk saam op die EVOD-app.

Lees ook: Arnold Vosloo in nuwe Deon Meyer-dramareeks te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

5 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.