kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Erin Patience oor ‘Binnelanders’ se vurige Jess

Van kindsbeen af het die jong aktrise Erin Patience geweet haar roeping lê in stories – nie net om dit te vertel nie, maar om mense daardeur hoop te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“My liefde vir stories en kreatiwiteit is ’n groot deel van hoe ek Jesus dien en bedank, myself uitdruk en mense hoop gee,” vertel sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie diepgewortelde roeping het haar na skool na PALI, The Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria, gelei waar sy in drama en toneelkuns opgelei is.

Erin, wat al vir RSG-luisteraars bekend is as die stem agter verskeie geliefde radioverhale, bring ook dié passie na haar werk op die skerm.

“Ek is mal oor radiowerk! Stemwerk, radiotekste en opnames bring hierdie kragtige sinergie tussen ’n mens se verbeelding en gehoor. Die kuns van radiowerk is so intiem; in ’n magical manier ontmoet jy iemand presies waar hulle is,” vertel sy.

Met haar oorgang van mikrofoon na kamera, het Erin se loopbaan ’n nuwe mylpaal bereik toe sy die rol van Jess Olivier in die geliefde sepie Binnelanders losgeslaan het. “Ek onthou ek was nog by klas toe my agent die nuus vir my vertel. Dit was ’n warrelwind van emosies, skok en dankbaarheid, soveel so dat ek ná die oproep vir ’n hele paar minute skoon sprakeloos was.”

Vandag, meer as 300 dae sedert sy as Jess Olivier haar eerste verskyning op Binnelanders gemaak het, is sy steeds dankbaar vir elke oomblik op stel wat vir haar soos “’n massiewe leerskool” voel.

As student-verpleegsuster en jonger suster van dokter Joe Olivier, bring Erin lewe aan ’n karakter wat haar eie lewenswaardes weerspieël. “Ek en Jess is uit dieselfde lap gesny as dit by familie, passie en lewenslus kom, maar sy is veel meer uitdagend as wat sy voorgee; waar ek weer soms tyd nodig het om nuwe dinge aan te pak.”

Karlien Meiring het by Erin meer uitgevind oor haar karakter en haar liefde vir stories en stemwerk.

Jy en Roberto Kyle speel boetie en sussie, hoe is jul verhouding agter die skerms?

Roberto is ’n mentor in vele opsigte. As dit kom by acting-advies, vrae oor die storielyn en karakterbesluite, is hy altyd beskikbaar om te luister en kennis te deel. Siende dat hierdie my eerste groot rol is, is dit baie behulpsaam om iemand te hê vir wie ek kan vrae vra.

Wat hoop jy gebeur volgende vir Jess? Is daar dalk ’n romanse, drama of groot wending op pad?

Jess is definitief ’n “lover girl” in my oё. Sy het nie regtig die beste voorbeelde van romantiese liefde nie, so ek hoop liewe Jess vind vir haarself ’n oulike man wat met haar kan byhou, maar haar ook lekker uitdaag.

Wat is vir jou die grootste verskil tussen toneelspel voor ’n kamera en stemwerk agter ’n mikrofoon?

Die krag van stiltes. Op kamera is ’n oomblik van stilte ’n tyd waar die kyker steeds visueel betrokke is in die toneel, al hou dit langer as ’n paar sekondes. In stemwerk kan verlengde pouses moontlik beskou word as “dooie lug”.

Wat is die vreemdste of snaaksste stemwerk wat jy al moes doen?

Om byklanke vir radiodramas te maak, is ’n fees op sy eie! Een oomblik tik-tik jy aan ’n glas water en die volgende oomblik wikkel jy bedrywig aan ’n houtkassie om die nodige byklank betyds te maak. Die ateljee is soos ’n speelgrond met die verskeie rekwisiete wat ons gebruik.

As jy enige karakter in Binnelanders vir een dag kon wees — wie sou dit wees?

Dit sal sonder twyfel Annetjie wees. Daar is hierdie eksentrieke “je ne sais quoi” wat ek love van haar karakter. Haar reaksies op die situasies waarin sy haarself bevind, is so komieklik. Annetjie kry ’n ding gedoen nog voor jy vir haar kan dankie sê.

Skakel weeksaande om 19:30 in op kykNET (DStv-kanaal 144) vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.

Lees ook: Hier’s die spelers van Die Brug se nuwe seisoen – en die spanning loop reeds hoog!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening!

Oefening maak jou warm en demp jou eetlus - en dis maar net twee voordele…

2 hours Gelede

Die leë nes: Lesers gee raad

Jessica Carinus (toe 46) van Fourways vertel hoe die leë nes haar aan flarde gehad…

2 hours Gelede

Kruie en vitamiene vir jou verkoue

Werk kruie en vitamiene vir verkoue? As jy navorsingsdatabasisse deurgaan, sien jy baie navorsing op…

4 hours Gelede

Geroosterde appel-en-lemoen-kruiehoender

Gebruik 1 lekker vet plaashoender as jy kan.

5 hours Gelede

Die beste sjokoladebruintjies

Sag en klam, jy gaan ver soek vir beter bruintjies! Deur Vickie de Beer

5 hours Gelede

COY restaurant stel SunDAZE bekend – die perfekte manier om ‘n Sondag deur te bring

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts   Sjef Ryan Cole se bekroonde restaurant, COY, in…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.