kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album

’n Dekade ná die vrystelling van sy deurbraaktreffer “Lig op die horison”, het hy pas sy vierde ateljee-album, “Die Vallei”, bekendgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Joshua na die Reën oftewel Jacques de Villiers se jongste album beloof om luisteraars op ’n emosionele reis van selfontdekking en vernuwing te lei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En in tipiese Joshua na die Reën-styl, is daar ’n baie spesiale boodskap agter sy jongste projek, wat hy as volg beskryf: “Die album is soos ’n staproete deur ’n pragtige vallei. Aan die begin, soos wat jy afstap na onder, laat jy die gejaagdheid van jou besige lewe agter. Wanneer jy onder kom, is jou gedagtes skoon en oop en is jy in ’n meditatiewe fase, waarin jy kan selfondersoek doen en die mooi rondom jou raaksien en waardeer. Dan pak jy die terugtog na bo aan met nuwe moed en energie vir dit wat voorlê.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die Vallei” bestaan uit 18 oorspronklike snitte uit sy eie pen en is ’n uiteenlopende kombinasie van lekkerluister-popklanke, rustiger meditatiewe snitte en selfs elemente van R&B en alternatiewe musiek. Gideon Botes het die verwerking gedoen wat samewerkings met verskeie ander kunstenaars, soos Karlien van Jaarsveld en die Tuks Camarata-koor, insluit.

Omdat elke lied uit ’n baie persoonlike plek kom, is dit vir hom onmoontlik om ’n gunsteling te kies. Hy verklap wel dat “Stroom en rivier” en “Die Groot Gees van hemel en aarde” hom na aan die hart lê omdat dit in sy eie tuisateljee opgeneem is en klanke van sy kinders en voëltjies in die tuin vaagweg in die agtergrond gehoor kan word.

Buiten musiek, het Jacques ook verskeie opwindende projekte en samewerkings wat op sy horison wink. Dit sluit ’n hoofrol in die rolprent Reisigers in, wat volgende jaar verfilm word, ’n bewusmakingsveldtog oor die mens se verantwoordelikheid om die aarde op te pas en ’n klerereeks en toebehore saam met die handelsmerk NAVA in.

Foto: Hendri Skoll

Karlien Meiring het meer oor sy jongste musikale meesterstuk en die afgelope dekade in die musiekbedryf gaan uitvind.

Tien jaar in die bedryf is ’n groot mylpaal. Hoe sou jy jou reis en groei as kunstenaar gedurende hierdie tyd beskryf?

Daar was die afgelope tien jaar oomblikke van ware vreugde sowel as ware seer, en dis vreemd hoe daar ook mooi in dit wat moeilik was verweef is. Ek het pa van drie kinders geword, wat jou baie oor die lewe leer, onder meer hoe om jouself en dit wat jy dink vir jou belangrik is soms te laat gaan, net om iets mooiers aan die ander kant te vind. Ek het geleer dat seer twee keuses vir jou laat, en dis om die lewe minder mooi te sien óf om die mooi te gaan soek juis waar jou oë dit nie vind nie. Ek het geleer dat ’n mens se wêreld, maar is waar jou naaste mense is, waar hulle jou kan vashou en jý hulle en dat tyd dáár juis die meeste tel, mits dit gehaltetyd is. Ek het geleer dat almal nie soos ek hoef te dink nie, inteendeel, ek wil dit glad nie meer hê nie. Ek het geleer dat God dieselfde is deur al die eeue, maar dat ek Hom ontdek as ek laat gaan van wat kerke en godsdiens my leer van Hom. Ek het geleer dat my kinders my leer. Ek het die vrede van die lewe gevind in tye waar ek net kon sit en asemhaal, en mediteer. Ek het gesien hoe ons boksies ons inperk, en ek het ook gesien dat ons as mense soms net oorleef omdat ons dit kies. Ek het geleer dat my essensie iewers in eenvoud bestaan en dat ek my lewe so wil inrig om dit te beleef.

Hoe dink jy het jou musiek die afgelope dekade ontwikkel?

Ek dink ’n mens groei in die lewe as skrywer en musikant en belangrikste, as mens … en dit alles dra by tot ’n verdieping in dit wat jy kan skep. Ek is dankbaar vir alles wat ek in die afgelope paar jaar kon ervaar.

Foto: Hendri Skoll

As jy een liedjie van jou nuwe album moes kies wat jy glo jou artistieke reis oor die afgelope tien jaar verteenwoordig, watter een sou dit wees, en hoekom?

“Stroom en Rivier.” Die afgelope paar jaar het baie gehandel oor die meegee van my eie gedagtes en gewoontes wat jou in ’n groef laat verval. Die lirieke van die lied begin met: “Raak ’n mens net eendag wakker en weet, wat jy jou al jare lank aan meet, is jy bereid om nou op te gee. En te vloei in riviere.” ’n Rivier vloei, anders as ’n kanaal, deur klowe en valleie waar mensehande nie betrokke was by die skep daarvan nie. Hy kronkel, hy gee lewe aan dit wat om hom is, en hy is vry, maar al is hy vry, heg hy ook waarde aan die dinge om en in hom. Dis my begeerte.

Hoe hoop jy sal jou aanhangers op die nuwe album reageer?

Ek hoop hulle sal my tevredenheid met die lewe kan hoor, en dat dit ook ’n rustigheid in hul harte sal kan los om weer asem te haal. Mense het tydens Covid-19 baie mure rondom hulle gebou en kan nie meer onthou waaroor die lewe regtig gaan nie en ek wil hulle herinner aan wat belangrik is. ’n Groot deel van my skryfwerk op hierdie album is ook geïnspireer deur ons besef dat ons dít wat ons in hierdie lewe het, moet oppas en meer bewustelik moet lewe om die aarde te bewaar. God het dit immers vir ons gegee om na ons te kyk, en ons kan van ons kant af ook dieselfde doen.

As jou musiek ’n klankbaan vir enige fliek of TV-reeks kan wees, wat sou dit wees?

Enige National Geographic-program wat oor die mooi in ons wêreld handel.

By My, die eerste enkelsnitvrystelling en musiekvideo vanaf sy nuwe album, is nou beskikbaar. “Die Vallei” sal vanaf 6 Oktober 2023 op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees.

KYK: Joshua na die Reën – By My


Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Vanes-Marié du Toit oor die nuwe rugbyreis-reeks, In Frans, ja!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

6 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.