kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Stephen van Eeden

Stephen van Eeden, wat in die klein Noord-Kaapse dorpie Kathu grootgeword het, se onderwyseres in hoërgraad-wiskunde het amper op haar rug geval die dag toe sy die matriekklas vra wat hulle gaan studeer. Vol selfvertroue tussen die ander klasmaats wat ingenieurs, dokters en rekenmeesters wou word, vertel hy toe dat hy mode-ontwerp gaan studeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Op skool was ek baie akademies gedrewe en ek kon net in my vrye tyd uiting aan kuns gee, maar my droom was nog altyd om pragtige rokke te skep. Ek het van kleins af daarvan gehou om mooi te maak, of dit nou die toedraai van ’n geskenk of die dek van ’n Kerstafel was, daar was altyd ’n kleurskema en hope kreatiwiteit,” sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gelukkig het sy gesin sy ongewone beroepskeuse onvoorwaardelik ondersteun. Dit het aan hom ’n goeie middeweg gegee om kreatief te wees en ’n onderneming van sy eie te bestuur terwyl hy sy “regter- en linkerbrein kan stimuleer.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stephen het aan die Elizabeth Galloway Akademie vir Mode-ontwerp op Stellenbosch studeer en sedertdien sy stempel in die Suid-Afrikaanse modebedryf afgedruk. Sy kenmerkende handelsmerk spesialiseer in pasgemaakte trourokke, rooitapyt-hoogmode en luukse oorddrag. Sy werk word beskryf as “unieke couture-aandrokke wat nie daarop gemik is om die vrou te kamoefleer nie, maar om haar vroulike karakter te beklemtoon en te versterk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons is baie bly Stephen is nie ’n rekenmeester of ingenieur nie, want die wêreld sou dan nooit sy asemrowende skeppings, wat al telkemale ook in rooi rose te sien was, beleef het nie!

Karlien Meiring het meer oor die geliefde ontwerper gaan uitvind.

Waar kom jou inspirasie vir jou ontwerpe vandaan?

Ek ontwerp op instink – dit is so deel van my soos eet, drink en asemhaal! Daar is talle elemente wat ’n rol speel wanneer ek iets nuuts ontwerp. Die beste ontwerpe gebeur gewoonlik wanneer die kliënt my vrye teuels gee en volkome vertrou. Elke vrou wat by my studio instap, is uniek en vertel haar eie storie deur haar klere. Dis vir my ’n groot voorreg om haar voorkoms en mode-storie te kan verryk en met nuwe idees te verfris. Om te reis, verskillende kulture te ervaar en mooi, gehalte materiale oorsee te sien, inspireer my ook. Dis vir my baie moeilik om verby ’n materiaalwinkel te loop wanneer ek reis!

As jy ’n projek moet uitsonder waarop jy besonders trots is, watter een sal dit wees?

Daar is twee wat uitstaan:

In 2018 was ek een van 12 finaliste wat deel van die werklikheidsprogram Project Runway South Africa se eerste seisoen was. Dit was ’n ongelooflike verrykende ervaring om ’n pad saam ander aspirant-ontwerpers te kon stap. Hoewel ons teen mekaar vir die finale prys meegeding het, het ons steeds mekaar bemoedig en geïnspireer. Die proses het my baie van myself geleer en die selfversekering gegee dat ek goed genoeg is en my talent, vaardigheid en kreatiwiteit geen perke het nie. Mode kan soos enige kompeterende loopbaan jou soms in jouself laat twyfel.

Ek was laas jaar deel van “The Art of Collaboration”-projek saam met ’n fantastiese kreatiewe span wat bestaan het uit Christine Le Roux, Paula Zapata, Katerina Meyvial en ons muse, Chani Rabe (Mej Supranasionaal 2021). Hierdie projek het gefokus op die skep van digitale-media-inhoud vir verskeie handelsmerke wat almal dieselfde sakewaardes het en gehalte-produkte lewer. Dit het beteken dat al hierdie kreatiewe baanbrekers hul sterkpunte kon gebruik om iets groter te skep as wat een handelsmerk alleen kan doen en daardeur hul netwerk- en kliëntebasis kon verbreed. Dit was ’n absolute droom om die projek wat ons al in 2020 beplan het, uiteindelik in Mei 2022 in Parys, Frankryk, deur te voer. Ek glo sulke samewerkingsgeleenthede is baie waardevol omdat dit my baie gehelp het om my onderneming op te bou tot waar dit vandag is.

As jy ’n uitrusting vir enige bekende kon ontwerp, wie sou dit wees?

Kate Blanchett, Nicole Kidman, Charlize Theron, Bonang Matheba en Michelle Obama.

Wat dink jy is die grootste wanopvatting oor mode-ontwerp en wie is jou gunsteling-mode-ontwerpers?

Vir my is die grootste wanopvatting dat dit glansryk is – die uitkoms is baie keer, maar die proses tot en met die eindproduk is harde werk en laataande.

My gunsteling-mode-ontwerpers is Dior deur Maria Grazia Chiuri, Giambattista Valli, Daniel Roseberry vir Schiaparelli, Stephane Rolland en Alberta Ferretti.

Is daar ’n mode-neiging wat jy wens wil verdwyn?

Onvroulike, bonkige en onpraktiese skoene waarmee vroue nie kan loop nie!

Volg sy handelsmerk op Instagram om nog pragtige skeppings te sien!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die nuwe kykNET-reeks, Mooiweer en warm-aktrise Carla Smith

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

2 hours Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

20 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.