kategorieë: In die nuusJou lewe

Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Deur Anet Schoeman. Foto: www.pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons almal hoop dat dit nooit met ons sal gebeur nie, maar met soveel voertuie op die pad is die kanse redelik groot dat jy iewers in jou lewe ’n stamp teen jou motor sal kry. Dis belangrik om die regte inligting in te samel en om ooggetuies se kontakbesonderhede te kry as dit nie so voor die hand liggend is wie presies die ongeluk veroorsaak het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is belangrik om ’n veilige en versigtige bestuurder te wees. Die beste manier om ’n ongeluk te verhoed is om eerstens te sorg dat jou voertuig in goeie werkende toestand is – veral jou bande se loopvlakke. Tweedens moet jy altyd fokus op wat jy doen op die pad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy wel in ’n ongeluk betrokke raak of op ’n ongelukstoneel afkom, is daar stappe wat jy moet volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • As niemand beseer is nie, skuif die voertuie uit die verkeer na ’n veilige area.
  • As iemand wel beseer is, of as daar enige skade aan eiendom is, is jy volgens die wet verplig om te stop.
  • Indien jou voertuig nie beweegbaar is nie, skakel jou noodligte aan en plaas waarskuwingsdriehoeke op die pad ’n ent agter jou voertuig.
  • As jy of iemand anders beseer is, skakel dadelik die ambulans. Hier is die nommers: Staatsambulans: 10177; Netcare: 082 911; ER24: 084 124
  • Selfs al is die ongeluk hoe klein, skakel die polisie.
  • Kry inligting van die ander betokke partye. Dit sluit in hul name, ID-nommers, kontakbesonderhede en voertuigregistrasienommers.
  • Neem foto’s van voertuie sowel as van die ongelukstoneel (vanuit alle hoeke) indien dit veilig is om dit te doen.
  • Bly te alle tye kalm en hoflik.
  • Moenie aanspreeklikheid vir die ongeluk aanvaar nie.
  • As die polisie nie opdaag nie moet jy die ongeluk binne die volgende 24 uur by ’n polisiestasie aanmeld. As jy beseer is en nie die ongeluk binne hierdie tydperk kan aanmeld nie, moet jy dit so gou moontlik doen en verduidelik hoekom jy dit nie vroeër kon doen nie.
  • Indien  jou voertuig so erg beskadig is dat dit nie kan ry nie, skakel jou eie versekeringsmaatskappy om uit te vind of hulle verkies dat jy spesifieke insleepdienste gebruik.
  • Indien hulle nie voorkeure het nie, maak seker dat jy ’n insleepdiens gebruik wat geaffilieer is by SATRA (South African Towing and Recovery Association) of UTASA (United Towing Association of South Africa). Maak ’n nota van hul kontakbesonderhede en verwyder alle waardevolle besittings uit die voertuig. Maak seker jy verstaan die insleep- sowel as storingsfooie.

Inligting verskaf deur Nissan Suid-Afrika.

Lees ook: Tieners agter die stuur

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.