kategorieë: Ontspanning

Top redes waarom die Maldives perfek is vir aktiewe paartjies

Die Maldive-eilandgroep is bekend vir sy ongerepte kristalhelder water en onbeskryflike seelewe. Voeg daarby spierwit strande en asemrowende koraalriwwe en dis geen wonder dat die eilande ’n baie gewilde toeristebestemming is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Snorkel en skubaduik

Die Maldives is die tuiste van die mooiste koraalriwwe ter wêreld, en snorkel of skubaduik is die beste manier om die ongelooflike verskeidenheid van seelewe te ervaar, insluitend helder-kleurige visse, seeskilpaaie, stingrays en selfs haaie. Oorde in die Maldives, soos die alles-in-een-prys-ingesluit oord, Club Med Kani, bied snorkel- en skubaduik-uitstappies bykomend tot onbeperkte toegang tot ‘n reeks ander watersportsoorte, insluitend seilvaart, seilplankry, seekajak, en meer. Of jy nou ‘n ervare duiker of ‘n beginner in snorkel is, daar is vele opsies om van te kies en jy sal ‘n onvergeetlike ervaring hê deur die onderwaterwêreld van die Maldives te verken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Staptoere

Wanneer jy in die Maldives aankom, sal jy waarskynlik na sy hoofstad, Male, vlieg. In plaas daarvan om direk na een van die eilande te gaan, kan jy die dag spandeer deur die besienswaardighede van die stad te ontdek. Dit sluit in die plaaslike vismark, die President se Paleis, die Vrydag-moskee (wat uit 1656 dateer), die Nasionale Museum en Sultan Park, ’n pragtige park wat die inheemse plantsoorte tentoonstel.

Besoekers sal die geleentheid kry om rond te snuffel vir aandenkings om huistoe te neem of kan so bietjie van die plaaslike kultuur leer waardeer deur ‘n koppie tee in een van die unieke Maldive-straatkafees te geniet. Om die gewoel van Male te voet te verken, bied aan besoekers ‘n outentieke plaaslike ervaring wat ook iets heel anders is as die rustigheid van die koraal-eilande.

Visvang

Visvanguitstappies word deur oorde en die plaaslike eilande self gereël, gewoonlik rondom sonsondergang en gee jou kans om jou eie aandete te vang. Dit word voorberei en voorgesit terwyl jy die ongelooflikste uitsigte van die water af kan bewonder.

Belangstellendes kan die tradisionele handlynhengeltegniek gebruik om vis te vang. Jou vangs sal deur jou gids voorberei en gaar gemaak word en word saam met heerlike rys en vars slaaie bedien vir ‘n onvergeetlike aandete. Moenie bekommerd wees nie; die water wemel so van vis, jy sal nie honger ly nie!

Verken die eilande per fiets

Dink ’n mens daaraan om die Maldive-eilande te verken, is dit gewoonlik bootritte of ‘n rustige stapttog wat in ’n mens se gedagtes opkom. Die jongste tendens wat egter al meer gewild is, is fietsry. Fietse is besig om te verander hoe reisigers hierdie eilandgroep ontdek. Die Maldives is trots daarop om fietsvriendelik te wees, en die meeste gaste laat vaar die gemotoriseerde karretjies ten gunste van die Indiese fietse wat deur die meeste oorde verskaf word.

‘n Versameling roetes op die verskillende eilande laat jou toe om deur digte tropiese reënwoude, verby strandmere en deur plaaslike dorpies te ry. Op jou eie tyd. Die eiland Addu City bied vele fietsrypaadjies aan wat met fyngedrukte korale besaai is en soms uitdagend kan wees, maar wees gerus, die rye klapperbome wat langs die pad staan, maak dit die ekstra trappoging werd.

Wakeboarding

Wakeboarding is ‘n prettige aktiwiteit wat enige adrenalienverslaafde of avontuursoeker se adrenalien sal laat pomp. Dit behels dat jy agter ‘n vinnige snelboot gesleep word terwyl jy op ‘n wakeboard staan. Dit is ‘n heerlike manier om die pragtige waters van die Maldives te geniet en die skoonheid van die eilande vanuit ‘n ander perspektief te ervaar, oor die water te gly en die pragtige natuurskoon te sien. Die eilandgroep het vele strandmere en baaie wat teen die oop see beskut is en wat kalm, plat water bied – ideaal vir wakeboarding. Die Finolhu Villas (deel van die Club Med groep) in die Maldives bied wakeboarding as deel van hul watersportaktiwiteite en die aktiwiteit is ingesluit by sy alles-in-een-prys-ingesluit pakkette, wat dit ‘n toeganklike opsie vir toeriste maak.

Die Maldive-eilandgroep is gewis meer as net pragtige hoteloorde en mooi strande omring deur asemrowende seetonele. Ook besoekers wat op soek is na ‘n opwindende avontuur of hou van kulturele skatte van nuwe lande, sal die Maldives geniet.

Een ding is seker – vir romantiese of avontuurlustige paartjies is die Maldives ’n ware paradys.

Lees ook: Maak oefening pret hierdie vakansie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 hour Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 hour Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.