kategorieë: GrimeringSkoonheid

20 Wenke vir #fotomooi-grimering

Deur Suzanne Kotzé & Corné Greeff. Hooffoto: Corné Greeff.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een

Die heel eerste (en belangrikste!) stap is om seker te maak jou vel is in ’n goeie toestand. Onderlaag wat aan droë velletjies kleef is nie ideaal vir ’n foto nie. Skilfer jou vel af en maak seker dit is goed bevogtig. “’n Goed-gehidreerde vel is ’n vel wat mooi glansend lyk op foto’s,” sê Andrew James, nasionale grimeerkunstenaar vir Lancôme Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twee

“As jy nie van onderlaag hou nie, meng jou voorbereidingslagie by ’n BB-room in. Dit gee ’n lekker ligte dekking maar verseker ’n afgeronde voorkoms” sê David White van L’Oreal Luxe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drie

Gebruik ’n voorbereidingslagie wat jou grimering langer laat aanbly. Sommige van hulle “vul” selfs plooie in om dit minder opsigtelik te laat voorkom. Dit help ook as jy minder onderlaag gebruik. David White, handelsbestuurder vir L’Oreal Luxe, beveel aan dat jy ’n voorbereidingslagie kies wat jou vel ’n mat-afwerking gee indien jy sukkel met ’n olierige vel.

Vier

Moenie van jou nek vergeet nie. Sommige grimeerkunstenaars sê jy moet onderlaag ook op jou nek en ore aanwend. Grimeerkunstenaar Cheryl Parker beveel aan dat jy verbronser op jou nek gebruik indien dié area ligter as jou gesig is.

Vyf

Verbronserpoeier om jou kaak kan jou dadelik maerder laat lyk. Wend die poeier sommer ook op jou nek en halsyn aan sodat alles dieselfde kleur is.

Jy kan jouself skraler laat lyk met behulp van hierdie nuttige grimeerwenke. Lees hier.

Ses

Kul met kleur. As jou vel geneig is tot rooierigheid, is ’n groenerige voorbereidingslagie of verbloemer ’n goeie opsie om die rooi uit te kanselleer. Wend dit op of rondom jou neus en wange aan vir die beste resultate. Gebruik ’n pienkerige voorbereidingsproduk of stiffie om donker kringe onder jou oë te verbloem.

Lees hier vir meer inligting oor verbloemers.

Sewe

Met al hoe meer hoe meer hoëdefinisie-lense en -skerms in die rondte, kry jy ook al hoe meer onderlae wat spesifiek vir dié tegnologie ontwikkel is. Kies een van hierdie soort onderlae as jy jou foto taamlik “groot” gaan uitdruk of gebruik; veral as dit vir jou troue is of vir spesiale geleenthede.

Agt

Die regte kleur onderlaag is baie belangrik – veral vir foto’s! “As jy ’n pienkerige veltoon het en ’n onderlaag dra met ’n geel ondertoon sal jou gesig wit lyk op foto’s. Kies eerder koel ondertone en skakerings soos Sand, Beige, of Ivory,” stel Cheryl Parker voor.

Vind hier meer uit oor ons gunsteling onderlae.

Nege

As jy ’n olierige vel het, gebruik  ’n onderlaag wat ’n mat-afwerking belowe eerder as ’n douagtige afwerking,” sê David. Jy kan eerder beklemtoners, of “strobing”-produkte gebruik om glans te gee op die plekke waar jy dit wil hê. “Hou ook grimeerkladpapiertjies in jou handsak sodat jy kan seker maak jou vel blink nie te veel nie.”

Tien

Poeier laat jou grimering langer aanbly. Cheryl sê haar gunsteling poeier om te geruik is dié wat ligte mineraaldeeltjies bevat, want dit gee nie sulke swaar dekking soos mat poeier nie en dit laat jou vel meer soos “vel met dimensie” lyk. Probeer gerus die MAC and Prime Loose White Finish powder.

Elf

n Verbloemer onder die oë is baie belangrik. Vir ons fotosessies word alle modelle met dié produk gedokter. Al het jy nie donker kringe onder jou oë nie, val daar wel skaduwees onder jou oë wat veral op foto’s sigbaar is. Cheryl sê jy moet die verbloemer nie te dik aanwend nie, want dit kan plooie beklemtoon. “Begin lig en wend eerder meer aan indien jy sien dit is nodig” sê sy.

Twaalf

Skep kontoere, maar hou dit lig. “Die nuwe trend is “non-touring,”” sê Cheryl. Gebruik mat-verbronsingpoeiers en wend dit aan op die lyn wat van jou mondhoek tot jou by oor loop, maar stop halfpad – so min of meer onder jou wangbeen.

Dertien

Wanneer jy jou wenkbroue opwaarts borsel, lyk hulle dadelik voller. Trek veerligte strepies met ’n wenkbroupotlood om die wenkbroue in te vul waar die haartjies min is. ’n Wenkbroumaskara of ’n wenkbroujel is ook goed vir kleur en dit hou jou wenkbroue netjies.

Lees ook: 6 Wenke vir #fotomooi hare

Veertien

Gebruik ’n beklemtoner op die boonste deel van jou wangbeen. “Maar kies een wat nie te veel blink nie. Kies eerder ’n sagte, glinsterende een as een met baie pigment en ’n “frosty” afwerking, want dit kan jou veltekstuur oneweredig laat lyk en te veel aandag trek op foto’s,” sê David White.

Vyftien

’n Roomblosser kan ’n mooi glansende en jeugdige voorkoms bied, hoewel jy meer beheer met ’n poeierblosser het. Die kleur moet subtiel aangewend word, anders kan dit lyk asof jy een glasie te veel gedrink het.

Sestien

David beveel aan dat jy ’n ooglidvoorbereidingslagie gebruik om te keer dat jou oogskadu smeer. Hierdie lagie help ook dat jy die oogskadu egalig kan aanwend.

#rrWenk: Gebruik eerder te min as te veel, want as jy te veel aanwend kan dit moeilik wees om jou oogskadu goed te meng.

Sewentien

Ooggrimering: “Gebruik ’n oogskadu dieselfde kleur as jou vel oor jou hele ooglid. Wend ’n dun strepie vloeibare oogomlyner aan wat jou oë groter sal laat lyk en ’n hele paar lagies maskara. Tensy jy jou ooggrimering baie goed kan doen, is dit veiliger om so ’n natuurlike voorkoms te kies.” sê Cheryl Parker.

Foto-wenke vir brildraers

Agtien

Beklemtoon jou lippe met ’n helder kleur. “As jy baie dun lippe het, gebruik ’n lipvlek,” beveel Cheryl aan.

Negentien

“Kies ’n pienk lipkleur twee skakerings donkerder as jou eie lipkleur vir ’n natuurlike voorkoms,” sê David White.

Twintig

Maak seker jy is gemaklik met jou grimering, jy wil nogsteeds soos jouself lyk.

Lees ook: Poseer reg vir fotos

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.