kategorieë: InspirasieJou lewe

Wenke vir mense wat amputasies ondergaan

Maak seker jou mediese fonds maak vir amputasie en prostese voorsiening. Ek het ‘n nare skok gekry toe ek ’n amputasie moes ondergaan en uitvind my fonds dek nie ’n prostese nie. Dis die duurste “skoene” wat jy ooit sal besit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kies jou ortotis (die ou wat die prostese maak) versigtiger as wat jy jou ginekoloog of psigiater uitsoek. Hierdie verhouding is op 180% vertroue gebou. Hy is die eerste mens wat jou gestremdheid in oënskou sal neem. Hy moet jou help loop, aktief wees, pynvry wees, en jy gaan hom ook nodig hê om jou lewe maksimaal te kan leef. Kommunikasie is van die uiterste belang. Voor hom hoef jy nie jou vrolike gesiggie op te sit nie. Hy gaan na jou omsien op ‘n meganiese, tegnologiese en ook sielkundige vlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sorg dat jou ortotis goeie koffie maak – om ’n prostese te kry wat reg pas, neem tyd en geduld!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy ontwikkel ’n eiesoortige verhouding met jou prostese. Dis byna soos om ’n tweelingboetie of –sussie te hê. Party dae wil jy dit deur die muur gooi en ander kere dink jy: Ek is so trots op wat ons twee pas vermag het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sorg dat jou ortotis goeie koffie maak

Jy sal jou dieet moet dophou. As jy, soos ek, ’n prostese het wat onder die knie pas, voel jy dit onmiddellik as jou gewig verskuif. Word jy swaarder, voel dit harder. Weeg jy minder, pas dit ook nie meer reg nie. Dit maak jou minder mobiel. Suiker laat jou water terughou, so wees gewaarsku. En suiker is glad nie goed vir wonde wat moet herstel nie.

Wat oefening betref: nee, jy kan nie normaal oefen nie. Jy moet aanpas, anders gaan jy beserings optel.

Nee, jy kan nie met jou prostese aan gaan slaap nie. Dis erg ongemaklik.

Moenie pynstillers neem as jy pyn het in die omgewing van jou prostese nie. Die pyn is ’n waarskuwingsteken en as jy dit ignoreer, kan jy ’n drukseer ontwikkel. Praat met jou ortotis. Ek glo aan Arnica-tablette en fastum gel.

Kry genoeg rus. Onthou, jou ander ledemate werk ’n bietjie harder. Wees gaaf met jouself.

Verhoudings … nouja, dis nie aldag maklik nie, veral wanneer jy single is. Kies ’n maat wat gemaklik is daarmee as jy jou prostese afhaal, byvoorbeeld wanneer jy ’ n afdag het. Kies iemand met ’n aanvoeling vir tegnologie. Wanneer jy hom ontmoet, het jy twee opsies: 1. Verswyg dit vireers, of 2. sê dit soos dit is – dat jy ‘n prostese het, reguit en direk. En kyk hoe hy dit hanteer. Ek verstaan nog nie hoekom dit nodig is nie, want mense vertel jou nie op die eerste afspraak dat hulle hare uitval of dat hulle kroniese hoofpyne kry nie. Beskou jou prostese as ’n bedekte seen wat die koring van die kaf gaan skei. Party mense kan nie met ‘n prostese deal nie; dit maak hulle nie sleg nie en jy moet verwerping nie persoonlik opneem nie.  Ek lyk fiks en gesond en mense kom nie noodwendig agter ek het ’n kunsledemaat nie. Dis vir baie mense ’n skok.

Verwerping deur enige persoon is geweldig pynlik. Sien jou gestremdheid as ’n manier waarop jy kan agterkom wie werklik in jou lewe hoort. Laat die ander gaan – treur daaroor, en gaan dan weer voort. Mense is menslik.

Wees oop oor jou ervaring

Help jou nabymense verstaan dat jou prostese, beweeglikheid en emosies saamhang. As een nie die dag nie lekker is nie, is die ander ook nie lekker nie.

Onthou om diep asem te haal, veral wanneer jy ’n afdag beleef.

Pas jou lewe aan. Om voluit te leef hoef jy nie ’n atleet te word nie. Leef so aktief moontlik binne jou EIE vermoëns en beperkinge. Ja, jy sal baie dinge voortaan anders moet doen. Neem die tyd om by elke uitdaging en hindernis aan te pas. Jy sal dit kan uitwerk. As jy iets nie meer kan doen nie, soos my akrobatiese ballet, koester die herinneringe en vind iets nuuts.

Onthou jy Robocop of Bionic Woman? Kinders is mal hieroor. Laat hulle jou vrae oor jou prostese vra. Toe ek skoolgehou het en teruggekom het nadat ek my been verloor het, wou hulle weet of my been gevries is om later weer aangewerk te word. Wees oop oor jou ervaring.

Koester elke oomblik. Vir my is dit kosbaar om my eie koppie koffie te kan aandra, pynvry te wees, my eie kos te kan inskep, met my familie of vriende te kan kuier, op my eie te kan wees. Moenie dat ’n oormatige fokus op die verlede jou mooi oomblikke in die hede steel nie. Sien die klein wonderwerkies raak. En as jy ’n slegte dag het, besef dis net dit: een slegte dag.

Onthou: dit word elke jaar beter, en jou selfvertroue neem toe. Ek belowe!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.