genoeg vir 6
Bestanddele
- 60 ml (¼ k) koekmeel
- 15 ml (1 e) paprika
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 kg gesnyde beesvleisskenkels
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 groot ui, gesny
- 3 ansjovisfilette, gekap
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- hand vol klein wortels, in die lengte middeldeur gesny
- hand vol klein witwortels, in die lengte middeldeur gesny
- 1 x 400 g-blik heel, geskilde tamaties, met ’n vurk fyn gedruk word
- 180 ml (¾ k) rooiwyn
- 1 x 400 g-skilferkorsdeeg
- 250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
- hand vol pietersielie, gekap
- 1 eiergeel, geklop
- 15 ml (1 e) water
Metode
- Meng die koekmeel en paprika en geur met sout. Rol die skenkels in die meelmengsel.
- Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte en braai die skenkels daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
- Braai die ui en ansjovis vir 5 min. in dieselfde kastrol, of tot die ansjovis gesmelt en die ui sag en goudbruin is. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 min.
- Voeg die wortels en witwortels by en geur na smaak. Meng die tamaties en rooiwyn by. Bedek en prut vir 2 uur of tot die vleis sag is.
