Wyne met ’n sin vir plek en kos tot nadenke by Cathedral Cellar

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bykans 44 jaar later is ’n uitgesoekte groepie gaste terug tussen die reuse eikehoutvate in die kelder waar Versfeld se bydrae tot KWV se herdenkingsbundel steeds inspireer en tot uiting kom in die kulinêre skeppings van Mynhardt Joubert, glanssjef en kookboekskrywer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met sulke gul glimlagte en yskoue borrels, kan die dag nie anders as ’n fees wees nie.
’n Glasie Laborie Blanc de blancs is tydens die verwelkoming geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Versfeld se hoofstuk onthul ’n merkwaardige insig in die essensie van wyn, met sienings wat weerklank vind met ons etos,” vertel Tanya Blokdyk, Cathedral Cellar se handelsmerkbestuurder oor ’n glasie Laborie Blanc de blancs tydens die verwelkoming. 

Met sy dramatiese wynvatvormdak en gebrandskilderde vensters wat herinner aan ’n imposante katedraal, is die Katedraalkelder, wat uit die dertigerjare dateer, ’n argitektoniese meesterstuk. Die Katedraalkelder het vroeër vanjaar weer sy deure geopen vir besprekings nadat dit tydens die Covid-19-pandemie moes sluit.

Cathedral Cellar verwys na beide KWV se wynportefeulje en onthaallokaal. Die wynportefeulje sluit in Cathedral Cellar Cabernet Sauvignon, Cathedral Cellar Shiraz, Cathedral Cellar Triptych (’n rooi versnit), Cathedral Cellar Pinotage, Cathedral Cellar Chardonnay en Cathedral Cellar Sauvignon Blanc.

’n Pragtige koperlynskets beeld die Katedraalkelder op die wyne se etikette uit en bring hulde aan sy indrukwekkendste kenmerk: 32 stukvate, elk ongeveer drie meter in omtrek en versier met ingewikkelde snywerk wat die storie van die Suid-Afrikaanse wynbedryf uitbeeld.

Cathedral Cellar is een van die eerste wynhandelsmerke in Suid-Afrika wat verskerpte werklikheid (augmented reality) inspan, waar gebruikers hul etikette kan skandeer vir ’n diep, lewende wynetiket-ervaring met die LABELinmotion-toep.

Om Cathedral Cellar-wyne in hul handelsmerktuiste te geniet maak Versfeld se filosofie van “plek” soveel meer tasbaar, sê Tanya. Wyn was vir hom in essensie ’n uitdrukking van plek. Versfeld het geskryf: “Tyd en plek behoort wesenlik tot wat ‘n wyn is, net soos dit wesenlik eie aan alle mense is. ’n Biografie is ’n uitbouing van ’n datum en plek van ’n mens se geboorte en sterwe. Elke goeie wyn is ’n brokkie geskiedenis.

“Dit is ’n geleentheid, ’n samevalling van tyd en plek, en dáárom drink ons dit met troues en verjaarsdae. Wat in (wyn) opgeneem is, is die aarde waarin die wynstok wortel, die seeluggie oor die duine, die geur van bome en bosse op die damwal. Die kwaliteit van die wyn behou hierdie omstandighede. Hulle boeket is ’n pleidooi vir plek teenoor ruimte.”

Justin Corrans, hoofwynmaker by KWV het bygevoeg: “’n Wyn vang die omvang van ’n plek of terroir vas, en weerspieël dit in sy kleur, aroma en smaak.” Met Cathedral Cellar-wyne word hierdie sin van plek weerspieël in hul substansie, helder kleure, verskeidenheid lae aromas en onweerstaanbare smaak.

Justin Corrans, KWV se hoof wynmaker, by sjef Mynhardt Joubert en Liandra Kotze, KWV uitvoerende wynhoof.
Die bekende kookboekskrywer, inhoudsvervaardiger vir verskeie televisiereekse en huiskok, Errieda du Toit, saam met Tanya Blokdyk, handelsmerkbestuurder vir Cathedral Cellar.

“Jy kan met ’n enkele teug na die beste wingerde in die Kaapse Wynlande reis en hul ongelooflike skoonheid ervaar.”

Versfeld se siening oor wyn word gekomplementeer met sy opinie oor kos. Mynhardt Joubert, ambassadeur-sjef by die Katedraalkelder sê: “Ek word geroer deur Versfeld se filosofie oor kos as ’n uitdrukking van self, en hoe jou kos jou gaste aan tafel raak.”

Vir Versfeld, was om te eet ook om die wêreld te assimileer. Hy het geskryf: “Om te eet, is ook om die wêreld te assimileer. Deur te eet skep ons ’n voorwerp vir liefde. Sonder liefde kan ’n mens nie kook nie. Daar moet iets skeppends in jou wees, ’n gevoel vir die moontlikhede van jou materie, ’n gevoel vir dié waarop die kos gerig is.”

“Om mense vir ete te nooi was vir Versfeld ’n ernstige saak aangesien ’n maaltyd jou siening van die wêreld onthul,” sê Mynhardt. “Hy het gesê jy ken iemand nie werklik totdat jy by hulle aan tafel geëet het nie. Resepte vertel jou nie net hoe om kos voor te berei nie, maar hoe om mens te wees. Dit vind aanklank by my.”

En dit het ’n dawerende applous ontlok, want van passie en liefde vir kos, kan jy Mynhardt sekerlik bitter min vertel.

Eenvoud, liefde, nostalgie, en historiese en sielsverwysings is almal temas wat Versfeld ondersoek in Klip en Klei, sy boek oor die filosofie van kos. Mynhardt het hierdie temas aangepas vir ’n onvergeetlike spyskaart wat met verskillende Cathedral Cellar-wyne gepasmaat is.

Elke gang het een van Versfeld se aanhalings op die spyskaart bygehad.

Die geroosterde eend roulade met kersiesous en gepekelde gemmerslaai is met die Cathedral Cellar Shiraz gepasmaat.
Die Cathedral Cellar Sauvignon blanc is bedien met geroosterde babahoender met gremolata en salad verde.
Mynhardt se seekoskelkie met Cathedral Cellar Chardonnay.

Versfeld se siening oor die voorbereiding van vis kry onder meer uitdrukking in Mynhardt se seekoskelkie met Cathedral Cellar Chardonnay, terwyl sy geroosterde babahoender met Cathedral Cellar Sauvignon Blanc – geïnspireer deur die filosoof se eenvoudige voorbereiding van fisant – gaste se monde laat water het.

Versfeld se storie oor wilde eende in Dordrecht herleef in Mynhardt se Eend-roulade met Vyf Speserye wat met Cathedral Cellar Shiraz geniet is.

Mynhardt se geroosterde babahoender met Cathedral Cellar Sauvignon Blanc - geïnspireer deur die filosoof se eenvoudige voorbereiding van fisant – het gaste se monde laat water.
Nagereg van donker sjokolade tert met gemmer en kaas is met die Cathedral Cellar Pinotage bedien.

Die waarde van nostalgie word nagespeur met ’n geroosterde Brioche-burger met Cathedral Cellar Cabernet Sauvignon. Die sielskonnotasie van vlamme, skemer deur in Mynhardt se geroosterde lamsboudtjops met Cathedral Cellar Triptych, terwyl die uitdrukking van plek weer nagespeur word in die spyskaart se groot hoogtepunt: ’n donkersjokoladetert met verglansde gemmer en kaas, wat saam met die Cathedral Cellar Pinotage bedien is, ter nagedagtenis aan ’n “magical dinner under the full moon in the Karoo”.

Die Cathedral Cellar Cabernet is met die steenkool brioche burger bedien. Die Versfeld-aanhaling wat met dié gang gaan, is “Ons hele persoonlikheid, ons verhoudings met die mede menswêreld, ons verbouing van die natuur, ons houding teenoor tyd en plek, vind alles in ons kospotte uitdrukking.”

Om die gesogte Katedraalkelder vir groepe van 50 tot 300 te bespreek, besoek www.mynhardt.co.za.

Elke gas het een van Mynhardt se bekende vrugte feeskoeke gekry. Hy bak dié gesogte vrugtekoeke al sedert 2016 en die geld word vir ’n behoeftige instansie geskenk. Dis beskikbaar teen R500 per koek en kan by cake@mynhardt.co.za bestel word. more
Die bekende vrugte feeskoeke is pragtig verpak.

Elke gas het een van Mynhardt se bekende vrugte feeskoeke gekry. Hy bak dié gesogte vrugtekoeke al sedert 2016 en die geld word vir ’n behoeftige instansie geskenk. Dis beskikbaar teen R500 per koek en kan by cake@mynhardt.co.za bestel word.

Lees ook: Verskeie redes om saam met Nederburg fees te vier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

10 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

17 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.