kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Erfenis is meer as ’n vakansiedag

Ons land met al haar tale en kulture is wat ons so ryk maak as ’n nasie, want elkeen is verskillend. Om omring te wees deur sulke individue laat my warm voel van binne. Daar’s mense regoor die land met versteekte talente. Stadig maar seker is hulle besig om op te staan en die moed te vind om hul merk in Suid-Afrika te maak. Ek’s opgewonde vir al die talent wat nog aan ons bekend gemaak gaan word. Ons mense is so pragtig en vol flava.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vroeg in verlede jaar het ek die voorreg gehad om deel van die A.K.A fees in Nederland te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar was baie Suid-Afrikaanse kunstenaars en dit was ’n groot voorreg om saam met groot name in die industrie deel van dieselfde fees te wees. Dit het elkeen van ons ’n geleentheid gebied om mekaar beter te leer ken. Een van die hoogtepunte was om by Melkweg op te tree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is ’n ikoniese venue waar kunstenaars van regoor die wêreld al opgetree het en ek kon daardie verhoog met rymklets seën! Ek en Hemelbesem het sommer besluit om ons sets saam te doen, dit was magical en dit was Afrikaans. Die show was uitverkoop en die vibe was elektries! Ons het vir Jack Parow geopen en het tonne liefde ontvang.

Die ander hoogtepunt was om te sien hoe versot die meeste Nederlanders op ons Afrikaanse taal is. Hul oë begin letterlik blink sodra hulle agterkom jy praat Afrikaans. Die diep waardering wat hulle vir die taal het, was vir my so mooi! Ek het ook waardeer hoe oop hulle is vir kuns in al haar vorme, van kontemporêr, hip-hop tot heeltemal abstrak. Kuns bring mense regtig bymekaar en help ons om verby ons eie vooroordele te kyk. Kuns is die toekoms. Na die A.K.A-fees was ek besig met rehearsals vir Hemelbesem se teaterproduksie getiteld Allbaster.

Basies gaan dit oor hoe almal eintlik “baster” is, eerder deur invloede van buite of deur jou bloedlyn. Die tyd daar was ongelooflik en onvergeetlik, maar na ’n paar dae het ek huis toe begin verlang. Ek het die kleurvolheid van my mense in Suid-Afrika te veel begin mis, saam met die oop vlaktes en oneindige groenigeid. Ons land is nou eenmaal iets anders.

Om te dink, binne ons diversiteit het ons almal tog iets in gemeen. Ons almal loop op hierdie grond en vind ons weg deur die nag onder dieselfde maanlig. Behalwe dit het ons dieselfde hart, wat dieselfde funksie uitdien, elkeen s’n klop net teen ’n ander pas. Ek’s verlief op ons land en alhoewel ek nie noodwendig met als saamstem wat hier gebeur nie, bly hierdie steeds die beste plek vir my om my kind groot te maak. Suid-Afrika het nes cupid my hart op ’n jong ouderdom kom steel, ek het bewyse!

Hierdie tradisionele Khoi pyl-en-boog was ’n Valentynsgeskenk van Simon

Op my album #Moedertaal is daar selfs ’n lied waar ek deel hoe mooi dit vir my is om ’n bruin dame in Suid-Afrika te wees en hoe uniek die verskillende bloedlyne wat deur my are vloei, my maak.

Lirieke uit my lied Oos Wes Tuis Bes

“YOMA is ’n hele pot Kerrie.

Spiceroute in my bloedlyn ek vary.

Ja, ek is ’n mengsel van many.

Kullids moenie maak asof jy nie die verhaal ken nie.

Afstammeling van die Khoi en die San ek het glads ’n oupagrootjie uit Nederland.

My tong kan nie click nie, maar ek’s Xhosa oek.

Dus sal jy my check in die straat met ’n doek.

Nie dat daai die hele culture represent nie.

Ek noem dit want ek het nie tyd vir jou 5 sent nie.

Jy kan try om my te plaas deur my vel te check.

Maar jy gaan land moet korrel, plus hierdie dialek is net ’n fraksie van alles wat ek binne my het.

En alhoewel ek propvol flava’ is

Bly Suid-Afrika die plek waar ek my roots vind.”

Dis lekker om te weet dat my kleinding tussen al die diversiteit gaan opgroei.

Ek is tans betrokke by ’n wonderlike teaterproduksie getiteld Oor Een Stem. Dit is saamgestel deur Hemelbesem, Coenie de Villiers en myself. Dis ’n lekker impromptu show wat gaan oor hoe verskillend maar tog eenders ons almal is. Soms is dit moeilik om so ’n punt in te sien, maar al wat jy hoef te doen, is om te luister. Ons beeld ons verskille en ooreenkomste uit deur middel van klassieke musiek, rymklets, ’n kombinasie van albei en teks. Dit sal by Aardklop vanjaar te sien wees, waar ons drie vertonings het! Maak seker julle kry jul kaartjies om teleurstelling te voorkom. Dit sal ook my laaste optredes vir die jaar wees, daarna moet mamma begin rustig raak.

#Moedertaal is op pad en onthou #YOMAISAFRIKAANS

Ons is meer as die grond, meer as die vel, tong, taal en landsvlag. Ons is ’n mengelmoes van lekker vibes en geselligheid, braaivleis en pap, diepte en stories. Ons is die reënboog in die nasie, ons is Suid-Afrika.

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor! Wat geniet jy die meeste van jou erfenis in Suid-Afrika?

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

19 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.