’n Blik agter die skerms van Blade Runner 2049

Is jy so opgewonde soos ek oor die wetenskapfiksieriller Blade Runner 2049– wat op 6 Oktober 2017 vrygestel word?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Harrison Ford in Blade Runner 2049 in samewerking met Columbia Pictures, plaaslike verspreiding deur Warner Bros. Pictures en internasionale verspreiding deur Sony Pictures Releasing International. Foto verskaf deur Sony Movies.

Ek het die oorspronklike 1982 Blade Runner (wat, terloops, in 2019 afspeel) as tiener gesien en dit het my so aangegryp dat ek dit deesdae byna jaarliks weer kyk. Terwyl die oorspronklike 1982-fliek gebaseer is op Philip K. Dick se Do Androids Dream of Electric Sheep? is Blade Runner 2049 nie direk op dié boek gebaseer nie maar volg dit eerder op die vorige film.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So, wat gebeur dan in Blade Runner 2049? Dertig jaar na die gebeure van die eerste film is daar ’n nuwe blade runner, LAPD Offisier K (Ryan Gosling). Hy ontdek iets wat vir jare lank geheim gehou is wat die potensiaal inhou om dit wat van die samelewing oorbly in absolute chaos te omskep. K se ontdekking lei hom op ’n soektog om Rick Deckard (Harrison Ford) te vind, ’n voormalige LAPD blade runner wat 30 jaar gelede spoorloos verdwyn het …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

RYAN GOSLING as K in Alcon Entertainment se wetenskapsfiksieriller BLADE RUNNER 2049 in samewerking met Columbia Pictures, plaaslike verspreiding deur Warner Bros. Pictures internasionale verspreiding deur Sony Pictures Releasing International. Foto verskaf deur Sony Movies.

Kyk hier na die foto’s van die akteurs

Kyk hier na die amptelike lokprent

Die akteurs in die rolprent sluit in Ryan Gosling, Harrison Ford, Ana de Armas, Sylvia Hoeks, Robin Wright, Mackenzie Davis, Carla Juir, Lennie James, Dave Batista en Jared Leto.

Die film se regie is behartig deur Denis Villeneuve en die vervaardigers is Andrew A. Kosove, Broderick Johnson, Bud Yorkin en Cynthia Yorkin. Die uitvoerende vervaardigers is Ridley Scott, Tim Gamble, Frank Giustra, Yale Badick, Val Hill, Bill Carraro.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.