kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Wat van môre?

Daar is daagliks baie dinge waarna ek uitsien. Van die voëltjies se lofgesange soggens, daai stukkie fish-paste toast met ’n koppie tee, hoe die son my vel later die dag gaan prikkel en dan natuurlik hoe die maan snags sal vertoon. Ek geniet dit om tyd te maak om die natuur raak te sien. Maar verpligtinge gooi ’n mens baie keer uit jou roetine en dryf jou eerder onder die komberse in na ’n woelige dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Behalwe vir verpligtinge gooi swangerskap my regtig uit. Een oomblik is ek vol energie en 5 minute later beteken ek nie veel nie, of ek raak in die middel van ’n gesprek uitasem. En weet julle van heupbene wat uitskyf? Ek het eers na my derde maand van swangerskap navorsing begin doen oor my heupsituasie. Heupe moet beweging bevorder, maar deesdae hou dit my terug en veroorsaak dit dat ek snaaks loop. Ek kla nie, ek deel bloot hoe dit met my gaan met ’n glimlag op my gesig. 🙂

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is sover ’n besige jaar en ek sal dit vir niks verruil nie! Kom ek bring julle op die hoogte van die jongste verwikkelinge …

Ten spyte van swangerskap se positiewe en negatiewe aspekte is ek gekies as die nuwe ambassadeur vir MUD South Africa! Wat ’n voorreg, MUD het die wonderlikste produkte en dit word nie op diere getoets nie. Hul produkte is wêreldwyd beskikbaar, behalwe in China …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verder is ek ook die nuwe ambassadeur vir TICIA SA, asook Fashion Studio SA!

Wie sou nou kon dink soveel dinge kan oor ’n swanger vrou se pad kom. Ek is ewig dankbaar, want ongeag hoe moeg ons word en hoe moedeloos ons kan voel, beteken dit nie dat ons as vroue nie pragtig en waardevol is nie. Moenie bang wees om jouself nou en dan op die hande te dra nie.

Net laas week was ek in Stellenbosch vir die Crescendo in konsert video-opname, waar ek weer tyd kon spandeer met sterk, intelligente en talentvolle individue. Dit was ’n onvergeetlike aand en kyk hoe mooi het Fashion Studio en Ticia my laat lyk.

Kan julle al my maag sien?

Ek glo nie aan tyd mors nie, maar soms wil ek ’n bietjie van klaasvakie se poeier op die klok blaas om dit vir ’n wyle te vertraag. Selfs klein dinge soos skottelgoed was of kos kook staan soms soos ’n tsunami voor my en bring my herhaaldelik by die volgende sêding. Wat van môre?

Lees ook YOMA se blog oor die lewe se tsunami’s hier

Dis eintlik net ’n sarkastiese manier om vir uitstelling van ’n taak of plig te vra. Ek en my vriendinne het dit baie gebruik as ons nie kans gesien het vir iets nie, maar sou steeds deurdruk en ons verpligtinge nakom.

Soms voel ’n mens maar moedeloos – ons is almal mens en dis okay. Solank ons net nie te lank daar vertoef nie.

Hierdie week is ek deel van ’n wonderlike teaterproduksie getiteld, Divas Complete, wat op 18 Augustus by die Roodepoort Teater plaasvind. Ek sien uit want hierdie geleentheid bied ons wie deel is daarvan die kans om vorige asook bestaande vroulike ikone te vier. Ek het besluit om onder andere hulde te bring aan Missy Elliot, Godessa, Queen Latifa en TLC.

Al bid ek soms vir die nag om ’n bietjie langer te duur sodat ek daai ekstra bietjie slaap kan inkry, en al snooze ek my alarm wanneer dit opstaantyd is, plaas daai bietjie sarkasme van “Wat van … môre?” altyd ’n glimlag op my gesig en met die glimlag kom nuwe krag.

Identifiseer wat jou opkikker in situasies waar jy heeltemal moedeloos voel, humor is die silwer randjie wat lig werp op skemer dae.

Soos die soet herinnering toe ek die een oggend ’n oom op ’n pad in Namakwaland vra hoe dit met hom gaan, sê hy die volgende: “My hart klop blomme.” Wat ’n pragtige manier om dankbaarheid te toon vir ’n nuwe dag.

Foto: Lindsey Appolis

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor! Wat is jou gunsteling- sêding?

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.