kategorieë: BlogsOntspanning

Yoma: Wille Kat

So sag en broos soos wat ’n vrou is, glo ek tog dat elkeen ’n WilleKat binne haar dra, so wees versigtig hoe jy om haar trap want sy sal dalk net haar kloue wil inslaan. My nuutste enkelsnit vanaf my Moedertaal-album handel juis oor hierdie Wille Kat. Ons het ook ’n musiekvideo daarvoor geskiet en dit was nogal ’n groot uitdaging vir my as swangervrou (ek was op daardie stadium 6 maande swanger). Dis hoe dinge verloop het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud: YOMA gesels oor haar nuwe video, Wille Kat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verskeie omstandighede lok verskillende reaksies uit en aangesien ons emosionele wesens is, is dit nie juis die maklikste ding om jou reaksies vooraf te bepaal nie. Veral nie met ons wonderlike vriendin “hormone” aan ons sy nie. Tydens swangerskap ondergaan mens se liggaam soveel dinge, jy weet later nie meer of jy kom of gaan nie. Dit word moeiliker om te fokus en nog moeiliker om voort te gaan. Ons begin dan twyfel in ons vermoë in wat ons kan vermag, maar moet jouself nie minag nie, twyfel moet nie ’n gas wees wat jy verwelkom in jou tempel nie. Met lang naels het ons die mag om negatiwiteit in die gesig te krap. Al kom struikelblokke as ’n hoë muur voor, onthou dat jy die vermoë het om maklik daaroor te kan spring. Nes glitter is ons helder heldinne wat bloot ’n fraksie lig benodig om te kan glinster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verskeie omstandighede lok verskillende reaksies uit en aangesien ons emosionele wesens is, is dit nie juis die maklikste ding om jou reaksies vooraf te bepaal nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dag een: YOMA persona

Ons was bitter vroeg op, maar dit was spesiaal om die sonopkoms saam te kon geniet terwyl hulle my hare en grimering gedoen het. Nadat ek klaar aangetrek het, het ons na die Pretoria-dieretuin vertrek waar ons die hele dag geskiet het. Hier is ’n paar agter die skerms foto’s.

Dag twee: Wille Kat persona

Ons was nóg vroeër op omdat die grimering vir Wille Kat langer sou neem. Albei dae was redelik warm en om te verhoed dat my grimering wegsmelt, het hulle sommer haarsproei oor my gesig gespuit. Dit klink vreemd maar dit het gewerk, gewone grimeringsproei sou nie die trick doen nie. Daar was ook baie haarsproei aan my hare om dit so plat as moontlik te kry. Ek het nogal gelyk soos ’n kat wat nat gelek is. Daarna het hulle my help aantrek en ons was weer op pad dieretuin toe.

Albei dae was ’n gesukkel met daardie naels, ek kon amper niks vir myself doen nie! Maar die ding waarmee ons die meeste gesukkel het was om die kontaklense in te kry. Die vorige aand kon ek dit maklik inkry, maar die oggend voor ons moes skiet wou net een daarvan saamwerk. Na ’n lang gesukkel het Bianca en Nichole begin help – een het my oog oopgehou en die ander het die lens probeer inkry. Dit was ongemaklik vir ons al drie maar ons was vasberade en het dit reggekry. Daarna het ek gelyk soos iemand met ’n gebroke hart – so rooi was my neus en oë, maar toe als genormaliseer het, kon ons weer aan die werk spring!

Ek kon meer as my beste gee, want ek het gewerk met mense wat in my glo en wat die beste vir my (asook die projek) wou hê. Dit het my net weer laat besef watter krag daarin lê om mekaar te ondersteun. Ons vroue moet meer saamstaan en mekaar aanmoedig om ons doelwitte en drome ’n werklikheid te maak, want al wat mens soms kort, is daardie hupstoot. As gevolg van daardie spanpoging kon ons ander vroue bemagtig met ’n eindproduk waarop ek nog lank trots gaan wees.

Ons vroue moet meer saamstaan en mekaar aanmoedig om ons doelwitte en drome ’n werklikheid te maak

Hier is die volle musiekvideo:

Daar was heelwat skoolgroepe op toer en hulle was omtrent opgemaak met die Willekat persona. Dit was so lekker om te sien hoe die gesigte ophelder wanneer hulle my sien!

Foto: Tiger and Lilly Productions

Deur mekaar op te help en aan te moedig kan ons elkeen by ons hoogtepunt uitkom. Alles is ‘n proses en ons elkeen bevind onsself in ‘n unieke fase. Wees bewus van jou potensiaal en die fierce Willekat wat jy binne jou dra.

Lirieke uit Wille Kat

“Altyd in die kol, die doll, kan ’n man dan nie?

Dit gaan maar dol, want die kollig is nie op die manne nie.

Ek pop my coller soos ballers in RnB,

Want hierdie luiperd gaan nie van kolle verander nie.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS.

Hier is ’n agter die skerms-clip. Krediet aan Bianca Moreira.

Soos julle kan sien is dit belangrik om jou pose te hou, want daar’s ’n klomp dinge wat op stel gebeur. Plus daardie flares lyk cool, maar dit het my lekker vol gaatjies gebrand. Ek is nou 39 weke swanger en daar is nog net ’n paar dae oor voordat ek my willekatjie ontmoet en my Moedertaal-album deel! Tyd het gevlieg en julle is in vir ’n groot bederf met daardie album. Ek is dankbaar om saam met talentvolle mense te kan werk. Spesiale dank aan Dokte vir die beat, Giga vir die mix en mastering, Dj Ready D vir die feature, Besembos, MUD, TICIA en natuurlik Black Gosling vir die musiekvideo!

My naels verander in kloue, my hare is plat gelek en selfs in donkerte kan ek dit wat ek wil bereik identifiseer en vir dit gaan met als wat ek het. Ek is die wille kat wat twyfel en minagting in die gesig staar terwyl ek my lippe lek.

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook – YOMA

Twitter – @YOMAIsAfrikaans

Instagram – Claudia Witbooi/YOMA

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.