kategorieë: Ontspanning

10 redes om die Februarie-uitgawe van rooi rose te koop

Lees meer: Teken in vir ons nuusbrief en kry elke week inspirerende artikels plus kompetisies GRATIS in jou e-mandjie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Voorbladvrou: Quinne Brown

Quinne Brown is ná 10 jaar terug in 7de Laan. En nes haar karakter Connie, het dié pragtige donkerkop ook die afgelope dekade heelwat gegroei en beleef. Ilse Salzwedel gesels met haar oor die Laan, moederskap en Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk ook na ons video: 41 vrae aan Quinne Brown

Foto: Leana Clunies-Ross

2. Margaret uit Hollywood: George Clooney

George Clooney is een van die min sterre van wie almal hou. Hy is gaaf, snaaks, ryk en dit help natuurlik dat hy as een van die aantreklikste mans in die wêreld beskou word. Op 56 het hy ’n nuwe era betree as gesinsman en pa van ’n skattige tweeling. Ons Hollywood-korrespondent, Margaret Gardiner, gesels eksklusief met hom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook Margaret se ander eksklusiewe onderhoude

Foto: Franco Origlia

3. Ode aan die liefde

Toe die skrywer André P. Brink tien jaar gelede aankondig hy trou vir die vyfde keer met ’n vrou vier dekades jonger as hy, is daar behoorlik gegons. Maar dié liefde met Karina Szczurek het die wêreld bekoor. Ilse Salzwedel gesels met Karina, wat sê dat André die liefde van haar lewe was.

Foto: Johan Wilke

4. Kop in een mus

Twee hane wat op een mishoop wil koning kraai, kan die vere laat waai. Anet Schoeman gesels met twee pare sibbe (Lea en Trix Vivier en Seline en Leandri van der Wat) asook een paartjie (René en Corné van Rooyen) wat dit nie anders wil hê nie.

Lees ook: Skryf dit in jou dagboek – Wonderlus 2018

Foto: Hema Patel

5. Magiese Meerkat Maantuig

Meerkat Maantuig is een van die opwindendste Afrikaanse flieks wat ons in ’n lang ruk gesien het. Hierdie magiese verhaal sal jou laat lag én huil, en sal jou bybly lank nadat jy dit gesien het.

Kyk ook na ‘Meerkat Maantuig’ se amptelike lokprent hier

Foto: Dehan Janse van Rensburg

6. Ben Theron: Ridder teen korrupsie

Van voorvegter teen die onregte van apartheid tot ridder teen korrupsie en staatskaping. Dis Ben Theron, bedryfshoof van OUTA. Lees ons “In die rooi stoel”-onderhoud met dié dinamiese man.

Foto: Andrea Caldwell

7. Anrich Herbst oor Raaiselkind

Die fliek Raaiselkind het Anrich Herbst aan die hart gegryp. As pa van twee gesonde, normale seuntjies besef hy hoe moeilik dit moet wees om ’n kind met outisme te hanteer. Martie Swanepoel gesels met hom oor dié fliek wat op 16 Februarie uitgereik word.

Foto: Hema Patel

8. Eties mooi

Maak seker dit wat jy koop en ondersteun, weerspieël ook jou eie waardes. ‘Reg koop’ word al hoe belangriker. Ons mode-en skoonheidspan kyk na herwinning, veganis-vriendelike produkte, sosiale bemagtiging en meer.

Foto: Hadithi-sisalmandjie (hadithikenya.com)

9. Dekor

’n Slaapkamer is die plek waar jy letterlik en figuurlik tot rus kom. Omring jou met mooi dekor-items wat by jou persoonlikheid pas en jou behaaglik laat voel.

10. Kook een keer, eet drie keer

Maak een van dié blitsvinnige geregte op ’n Sondagaand en jy het middagetes of kosblikkos vir ’n hele week. Ons kosredakteur, Vickie de Beer, deel ook vinnige variasies waarmee jy die etes interessant kan hou.

Foto: Lee Schwagele (crphotographic.co.za)

Kry die resep vir dié heerlike snoek-jaffels hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.