Genoeg vir 6
Krakerige saadklontjies
- 60 ml (¼ k) klapperolie, gesmelt
- 45 ml (3 e) heuning
- 2,5 ml (½ t) kaneel
- ½ rooi brandrissie, fyn gekap
- 125 ml (½ k) pampoensaad
- 125 ml (½ k) klappervlokkies
- 125 ml (½ k) gevlokte amandels
- 125 ml (½ k) pekanneute
- 80 ml (⅓ k) sesamsaad
- 80 ml (⅓ k) sonneblomsaad
- sout en swartpeper
- Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
- Meng die klapperolie, heuning, kaneel, brandrissie, pampoensaad, klappervlokkies, amandels, pekanneute, sesamsaad en sonneblomsaad in ’n groot mengbak. Geur met sout.
- Gooi die mengsel op die voorbereide bakplaat. Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en geurig. Laat heeltemal afkoel.
- Breek in klontjies.
Beet-en-granaat-slaaisous

- Verwerk ’n geskilde, gaar beet in ’n voedselverwerker (of met ’n handmenger) tot ’n gladde puree. Voeg 60 ml (¼ k) granaatsap, 2 cm gemmer, geskil en gerasper, 60 ml (¼ k) olyfolie en 50 g granaatpitte by en geur met sout. Meng goed.
Slaai
- ½ kop radicchioblare, geskeur
- 250 g botterskorsie, met ’n groenteskiller in dun repies gesny
- 4 bete, papierdun gesny
- 4 goue bete, papierdun gesny
- 2 wortels, geskil en met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repies gesny
- 1 klein komkommer, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repies gesny
- 100 g fetakaas
- Pak die radicchioblare op ’n groot opdienbord. Sit die botterskorsie, beet, goue beet, wortels en komkommer in hopies tussen die blare.
- Strooi die fetakaas en saadklontjies oor.
- Sit met die beet-en-granaat-slaai-sous voor.

