1 groot tert van 23 cm
Bestanddele
Aartappeldeeg
- 120 g sagte botter
- 250 g (omtrent 3) groot middelslagaartappels, gekook, fyn gedruk en afgekoel
- 240 g koekmeel
- 1 eiergeel
- 3 ml sout
- 10 ml (2 t) bakpoeier
Vulsel
- 60 g botter
- 3 uie, dun gesny
- 60 g sagte bruinsuiker
- olyfolie
- 150 g mozzarella, gerasper
- ’n hand vol baba-aartappels, ongeskil en dun gesny,
- ’n hand vol tiemieblaartjies
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n 23 cm-tertpan met botter.
- Deeg: Meng die botter, gaar aartappels, koekmeel, eiergeel, sout en bakpoeier tot ’n sagte deeg. Sit in die yskas.
- Vulsel: Smelt die botter in ’n braaipan. Voeg die uie by en roer deur die botter. Voeg die suiker by en roer vir sowat 10 min. tot die uie sag en goudkleurig is.
- Rol die aartappeldeeg liggies uit en voer die tertpan daarmee uit. Verf met ’n bietjie olyfolie. Pak lae van die gekaramelliseerde ui, aartappelskyfies en mozzarellakaas daarop; herhaal tot die bestanddele op is. Eindig met aartappels en ’n bietjie uie. Geur met sout en peper en tiemieblaartjies en verf liggies met olyfolie.
- Bak vir sowat 20 min. tot die aartappels sag en die deeg goudkleurig is.

