Ouma Botha se appelkooskoekies deur Vickie de Beer.
Sowat 120 koekies.
Bestanddele
- 500 g (4 k) koekmeel
- ’n knypie sout
- 7,5 ml (½ e) koeksoda
- 400 g (2 k) suiker
- 220 g (1 k) botter
- 2 eiers
- 60 ml (¼ k) fyn appelkooskonfyt
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, of spuit met kleefwerende kossproei.
- Sif die meel, sout en koeksoda saam in ’n groot mengbak.
- Klits die suiker, botter, eiers en appelkooskonfyt saam tot die bestanddele goed gemeng is. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik.
- Rol die deeg in balletjies met ’n deursnee van sowat 5 cm, pak op die voorbereide bakplaat uit en druk effens platter met ’n vurk.
- Bak vir sowat 10 min. tot die koekies gaar en ligbruin is.
- Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel. Stoor in ’n lugdigte houer.
