kategorieë: GrimeringSkoonheid

Avon het die wêreld se eerste matlipstiffie met ’n bevogtigende hialuroniese kern van stapel gestuur!

Avon, wat die afgelope 12 jaar Suid-Afrika se coolste grimerings-handelsmerk is, het pas ’n droomlipstiffie vrygestel. Dit is spesifiek vir al die vroue wat hou van hoe ’n matlipstiffie lyk, maar wat verkies dat hul lippe nie droog voel nie.  Avon se nuwe Hydramatic-lipstiffie is ’n matlipstiffie met ’n revolusionêre hialuroniese kern wat help om jou lippe te bevogtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Hydramatic-lipstiffie waarmee Avon se span wetenskaplikes en deskundiges mee vorendag gekom het, het ’n sterk kern wat uit ’n spesiale mengsel bestanddele, naamlik hialuronsuur en gliserien, bestaan. Dit word deur ’n uitdagende matkleur omhul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Avon het duisende vroue rondom die wêreld gevra om te deel wat hulle graag in hul droomlipstiffie sal wil hê,” sê Lukasz Kowalczyk, hoof van die Onmichannel Brand Experience by Avon Justine. “Die gevolg hiervan is die wêreld se eerste matlipstiffie met ’n ongelooflike kleur wat mat bly en ’n hialuroniese kern wat jou lippe die vog gee waarna dit soek.”

Die spelveranderende lipstiffie is beskikbaar in 12 skakerings wat vir alle veltipes geskik is en verkoop teen net R129. Die prys is getrou aan Avon se leuse dat mense Avon vir die hoë gehalte teen ’n fraksie van die koste kies.

Emily Howarth, die globale hoof van grimering by Avon, voeg by: “Daar is nie nog iets soos Hydramatic-matlipstiffie op die mark beskikbaar nie. Ons is trots om die eerstes te wees om hierdie grensverskuiwende tegnologie aan vroue regoor die wêreld teen ’n sakpasprys bekend te stel met die oog daarop dat dit vir almal toeganklik sal wees.

Avon Hydramatic-matlipstiffie sal vanaf 1 Maart 2023 in Avon se aanlyn winkel (www.avon.co.za) en landwyd deur enige Avon-verteenwoordiger beskikbaar wees.

Oor Avon

Avon doen vir die afgelope 136 jaar skoonheid anders. Avon is ’n maatskappy wat mense verbind terwyl hulle die krag van skoonheid gebruik om mense se lewe te verbeter. Miljoene onafhanklike verkoopsverteenwoordigers wêreldwyd verkoop die ikoniese Avon-handelsmerk deur hul sosiale netwerke. Só bou hulle hul eie skoonheidsondernemings op ’n deeltydse of voltydse grondslag. Avon staan vir geslagsgelykheid en ons glo daarin om na vroue se behoeftes te luister, om ons stemme oor belangrike kwessies dik te maak en om positiewe verandering mee te bring. Deur Avon en die Avon-stigting, het ons al oor die biljoen dollar geskenk. Dié stigting fokus daarop om geslagsgeweld en borskanker aan te spreek. Avon is deel van die Natura &Co-groep. Leer meer by www.avonworldwide.com.

Avon verkoop wêreldwyd een Ultra-lipstiffie elke drie sekondes en hul jongste uitvindsel is die Hydramatic-matlipstiffie wat vernuwing ’n stap verder vat deurdat dit ’n mat voorkoms met bevogtigende gemak kombineer – iets wat menige vrou begeer. *Gegrond op Avon se interne wêreldwye verkoopsyfers (oor 53 markte) [FY 2021] – Sunday Times GenNext Awards.

Lees ook: Jou grimering se raklewe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

2 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

7 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

24 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.