kategorieë: Ontspanning

Bertus help restaurante weer uit die sop

Hierdie seisoen lewer nog ’n nuwigheid in die vorm van ’n liefdadigheidsprojek om meer huislike ruimtes in ’n kinderhuis te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die possak het behoorlik gekreun met meer as 400 inskrywings van restauranteienaars dwarsoor die land. Dit het die bekroonde glanssjef Bertus Basson, dekorkenner Misi Overturf en hul span deskundiges behoorlik laat kopkrap oor watter deelnemers om te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos met die vorige seisoene is hul grootste uitdaging die stryd teen tyd, want hulle het net 72 uur om ’n restaurant reg te ruk en ’n nuwe gedaante te gee. En dit verg veel meer as net ’n besem en skoppie en ’n leksel verf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Daar is geen heilige koeie nie, en ons woeker met die restaurante se kombuis, uitleg, meubels en spyskaarte,” sê Bertus.

“Almal hou van ’n goedvoel-storie waar iemand ’n tweede kans kry om vars te begin, en in ons land is mense uitgehonger vir positiewe stories. Maar dis belangrik dat daar egtheid in daardie stories skuil. En vanjaar se In die sop-eetplekke is tot boordens toe vol met mooi stories oor Suid-Afrikaners se deursettingsvermoë,” vertel hy.

Só skop die derde reeks in die Kaapse woonbuurt Kuilsrivier af, waar al die inwoners weet van die beskeie 1960’s-woonhuis agter ’n vrolike, pers geverfde vibracrete-muur waar jy vir Suzie en Willy Mathys gaan aantref. Vir die energieke egpaar in hul 70’s, wat Suzie’s Coffee Shop besit, is dit soos ’n droom wat waar geword het om met In die sop hul storie met Suid-Afrika te deel.

’n Werklikheidsreeks wat ’n ware verskil maak

Volgens Bertus is organisasie, stelsels en goeie selfdissipline die grootste uitdagings waarmee restauranteienaars hulp nodig het. As hulle hierdie drie aspekte kan baasraak, is die regte fondasie gelê vir groei en goeie bestuur.

Hy het self ook al ’n hele paar waardevolle lesse geleer tydens die vorige twee seisoene van die reeks, maar wat staan vir hom uit?

“Dit maak werklik ’n verskil as jy omgee vir dit wat jy doen. Elke mens het ’n kans om hulself te verbeter in hierdie lewe.”

Dit is juis die omgee-aspek wat die In die sop-span ’n nuwe koers laat inslaan het. In een van die episodes wend hulle hul unieke stel vaardighede aan om hand by te sit om die Durbanville Kinderhuis se bestaande kombuise in funksionele, meer huislike ruimtes te omskep.

“’n Kreatiewe kosomgewing, wat die voorbereiding en die eet daarvan insluit, kan ook bydra tot die jong inwoners se ontwikkeling, lewenskwaliteit en gevoel van selfwaarde,” meen Bertus.

In die sop: Restaurant-evolusie word Woensdagaande vanaf 6 Maart 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

1 hour Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

20 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.