kategorieë: Ons menseBekendes

Brendan Peyper soek liefde in derde seisoen van kykNET se Op my Eish!

Hy het ’n glimlag wat menige vrou se knieë lam maak, spiere wat bult en die groot hart van ’n boerseun van die Vrystaat. Met trefferliedjies soos “Stop, wag, bly nog ’n bietjie”, “Trouvrou” en “Jy laat dit maklik lyk” is daar egter een ding wat nog kort in Brendan Peyper se lewe: daardie een groot liefde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En dis waar Op my Eish! ’n rol gaan speel, want, ja, Brendan is die alleenloper wat liefde in die derde seisoen van kykNET (DStv-kanaal 144) se gewilde realiteitsreeks gaan soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: RQ Photography – Sascha van der Westhuizen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie,” sê Brendan. “Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie.”

Hoe lyk sy ideale vrou?

“Ek het nie noodwendig ’n prentjie in my gedagtes nie, want soms is dit die persoon waarvan jy dit die minste verwag wat jou die hardste van jou voete afslaan. Al wat ek kan sê, is dat ek van ’n vrou hou wat atleties gebou is en ’n gesonde leefstyl handhaaf,” sê hy.

Brendan, wat op 7 Augustus sy 27ste verjaardag vier, is in Bloemfontein gebore en het op vyf reeds begin kitaar speel. Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, is in 2015 vrygestel en daarna het ’n rits treffers gevolg. “Jy laat dit maklik lyk” en “Stop, wag, bly nog ’n bietjie” se musiekvideo is elk reeds meer as 6,8 miljoen keer op YouTube gekyk en sy nuwe treffer, “Toer om die vloer”, is in agt maande al 3,4 miljoen keer gekyk.

Die derde seisoen van Op my eish! word in September en Oktober vanjaar by van Brendan se gunstelingplekke verfilm en die uitvoerende vervaardiger, Gideon Eksteen van Wakanda Media, sê kykers kan beslis ’n paar kinkels verwag. Daar is egter nie te veel aan die formaat getorring nie omdat dit so goed werk.

Wat is die grootste les wat die vervaardigers van Op my eish! met vorige seisoene geleer het? “Hierdie is meer ’n reël as ’n les, maar moenie betrokke raak by die alleenloper se besluite nie,” sê Gideon. “Dit is bewys in die vorige twee seisoene. Die beste manier is om die proses natuurlik te laat vloei.”

Hy sê hulle hoop Brendan gaan liefde vind. “Hy neem deel met ’n oop kop en ’n groot hart en is reg vir enige gebeurtenis.”

Waarna sien Brendan die meeste uit?

“Om die vroue te leer ken en te sien hoe hulle reageer en optree,” sê hy.

  • Om uit te vind hoe om in te skryf en wat die reëls en regulasies is, klik hier.

Lees ook: Jou gids tot Barbie-lippe: hoe om pienk lipstiffie te dra

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

Die sogenaamde "baby blues" is mos maar net ’n bietjie emosionaliteit wat vinnig weer oorwaai,…

14 hours Gelede

Wenke vir ’n klein woonkamer

Klein woonkamers kan met ’n bietjie gekullery heelwat groter lyk. Met die regte riglyne kan…

14 hours Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Luandri Reynders oor haar bittersoet Binnelanders-afskeid en nuwe begin

Ná byna vier jaar op Binnelanders het Luandri Reynders, geliefd vir haar vertolking van Karen…

16 hours Gelede

Jan Braai se Mieliepaptert

"In ’n wêreld vol onsekerheid het mieliepaptert my nog nooit teleurgestel nie. Dis ’n byna…

16 hours Gelede

Maak jou eie speelklei

Ons het ’n klompie oulike idees by ons sustertydskrif Your Family gekry waarmee jy jou…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.