Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele CRPhotographic
- 1 liter olyfolie
- 5 heel knoffelhuisies
- skil van 2 suurlemoene
- 800 g beesfilet
- 2 e (30 ml) Maldon of growwe sout
- 3 e (45 ml) botter
- 2 e (30 ml) olyfolie
- Sit die olyfolie, knoffel en suurlemoenskil in ’n glasmeng-bak. Sny die filet in 4 steaks van sowat 200 g elk. Marineer die steaks vir 2-3 uur in die geurige olie (vir baie goeie geur laat oornag in die yskas).
- Haal die vleis uit die oliemengsel en dreineer op kombuispapier. Gooi die geurige oliemengsel in ’n middelslagkastrol en hou tot benodig.
- Verhit die botter en olie in ’n braaipan oor matige hitte. Seël die steaks en braai vir sowat 5 min. tot goudkleurig aan die buitekante.
- Verhit die geurige oliemengsel in die kastrol tot sowat 70 ˚C (toets die temperatuur deur jou vinger in die olie te sit sonder dat dit jou brand).
- Sit die steaks in die olie en posjeer vir sowat 8-10 min. as jy van pienk tot medium steak hou. Indien jy dit gaarder verkies, hou vir 10-15 min. in die olie.
- Haal die steaks uit en dreineer op kombuispapier. Sny in dun lappies en sit met die pangrattato voor.
Pangrattato
- 3 dik snye ciabattabrood, gekrummel
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 2 t (10 ml) gekapte knoffel
- 1 roosmaryntakkie, blaartjies afgestroop en fyngekap
- 3 e (45 ml) dennepitte
- skil van een suurlemoen, fyngerasper
- Verhit die oond tot 180 ˚C. Meng al die bestanddele behalwe die suurlemoenskil in ’n mengbak. Gooi die mengsel in ’n oondpan en versprei eweredig.
- Rooster vir 5-8 min. of tot goudkleurig en bros. Roer elke 2-3 min. deur die broodkrummels om seker te maak hulle verbruin eweredig. Haal uit en laat afkoel.
- Roer die suurlemoenskil deur die geroosterde mengsel, geur met sout en strooi net voor opdiening oor die filet.