kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 31 Julie

Elke nou en dan haak die samelewing by ’n woord vas. Dan klou hulle aan daai woord en laat nie maklik los nie, al is die woord ietwat onvanpas vir die uitdrukking of situasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos in my universiteitsjare toe alles en almal blessed was. Die kuier was blessed en die gesin was blessed en die keuse was blessed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe betree ek die drama-wêreld en almal is op ’n journey. Jou loopbaan is ’n journey en die mislukte verhouding was ’n journey en almal vermy die eindresultaat want dit gaan immers oor die journey.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onlangs begin ek berghardloop en alles is epic. Die wedloop is epic, die uitsig is epic‘ en die dag is epic.

Miskien is dit omdat ek verlief is op woorde dat verkeerde woorde of afgewaterde woorde my so dwars in die krop steek. Ek is ’n self erkende nerd. Min dinge klink vir my so aanloklik soos ’n blokraaisel en glas wyn op ’n Vrydagaand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis die dat ek aanvanklik verby Zahara se liedjie gekyk het toe ek dit die eerste keer aanlyn opspoor. Ek is mal oor hierdie SA-kunstenaar se stem en luister gereeld na haar musiek terwyl ek op my rekenaar werk. Ek het egter die snit ‘My Journey’ telkemaal oorgeslaan, net oor ek moeg is vir die woord. Tot ek nou die dag weer my iPod wou volmaak vir my woestyn-oefensessies en teësinnig die ‘play’ knoppie druk. (’n Mens kan net sòveel na FUN en PINK luister terwyl jy oor die duine struikel-stap.)

Wat ’n diep, deernisvolle lied. Dit moedig my trae tree aan oor die los sand en vestig my kyk ver op die horison na waarheen ek op pad is. Warm woorde wat diep in my eie middel vibreer, al sing ek dit nie self nie. Ek maak dit summier die tema-lied van my Namib Woestyn Ekspedisie.

Luister ’n bietjie! youtu.be/YGCAeoDm5Wg

Na dese gee ek sommer nie om as my ‘blessed’ woestyn-‘journey’ op die ou end ‘epic’ is nie!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.