Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde en bekroonde aktrise van die verhoog, asook die groot- en kleinskerm, het ook die 2022-toekenning vir beste vertoning in n eenpersoon-vertoning gewen. Dit is vir haar uitbeelding van Elsa Joubert in Spertyd, die verhoogverwerking van die bekende Suid-Afrikaanse skrywer se memoir oor veroudering, verlies en aanvaarding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sandra Prinsloo

Africa Melane, voorsitter van die beoordelaarspaneel, het gesê: “Sandra Prinsloo lewer in gelyke mate ‘n uitsonderlike intellek, verstommende talent en ‘n onberispelike werksetiek, en vertolk groot vrouerolle in Shakespeare, Chekov, Williams en Strindberg. Haar werk in toneelstukke deur PG du Plessis, Bartho Smit, Rachelle Greeff en Nico Scheepers was ewe onvergeetlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Die Fleur du Cap-teatertoekennings word geborg deur Distell, Afrika se voorste vervaardiger en bemarker van top-gehalte spiritualieë, wyne, siders en ander gereed-vir-drink (RTD)drankies, wat regoor die wêreld verkoop word.

By die aanvang in 1965 was die toekennings bekend as die Three Leaf-toekennings, wat die Fleur du Cap-teatertoekennings in 1978 geword het om een van Distell se voorste wynhandelsmerke te vier.

Wenners is vanjaar in 19 kategorieë aangekondig. Musikale uitvoerings in toneelstukke is saamgesmelt met dié in musiekblyspele en musiekvertonings, gegewe die beperkte aantal musiekgeleenthede wat in 2020 en 2021 opgevoer is. Elke wenner het R15 000 en n silwer medalje ontvang.

Sandra was nie die enigste meervoudige oorwinnaar van die gala-aanbiedingsaand, wat deur Lizelle Malan van Distell as n bittersoet geleentheid beskryf is, nie.

Vir die teatrale broederskap om ná twee jaar weer in die vlees bymekaar te kon kom, was ‘n ervaring van vreugde. Ja, dit is deurtrek van hartseer, na soveel lyding. Maar dit kom as ‘n teken van hoop, ‘n teken van terugkeer na lewenskragtigheid van ‘n bedryf wat erg deur Covid geteister is, sluitings van venues, lewensverlies en inkomste. Ons weet daar is nog ‘n lang pad na herstel, maar die grootste huldeblyk wat ons kan bring aan die moed van diegene wat aan die Suid-Afrikaanse verhoog behoort, is om die stryd voort te sit totdat teater weer in volle sterkte is.

Valsrivier, die verhoogverwerking van die roman deur Dominique Botha, was die meesbekroonde produksie van die aand. Anna-Mart van der Merwe het die toekenning vir beste aktrise, Peggy Tunyiswa vir beste ondersteunende aktrise,en Wolf Britz vir beste beligtingsontwerp gewen.

Peggy Tunyiswa

Onder die dubbelpryswenners was A Howl in Makhanda, ‘n semi-outobiografiese toneelstuk oor veiligheid en toesig, geskryf en geregisseer deur Qondiswa James, wat ook die toekenning vir beste nuwe Suid-Afrikaanse draaiboek gewen het. Die komponis Jannous Aukema het gewen vir die toneelstuk se beste klankontwerp en oorspronklike komposisie.

Die Lady Aoi, aangebied deur Abrahamse & Meyer Productions, het gewen vir beide beste stelontwerp en beste kostuumontwerp in die plaaslike montering van Yukio Mishima se moderne Noh-meesterstuk.

Athol Fugard se Master Haroldand the Boys wat deur Eric Abraham en die nou ontbinde Fugard-teater opgevoer is, het ook twee oorwinnings ingepalm, met Desmond Dube wat die titel vir beste hoofspeler en Siya Mayola, vir beste byspeler verower het.

Desmond Dube

Malan het gesê die borge is veral trots om betrokke te wees by die tentoonstelling en bevordering van plaaslike nuwe talent in Sipenathi Siqwayi, wat die regie van Ganga Nyoko! Inzima Nyoko! (Catch, Brother! It’s Hard, Brother!), ‘n twee-hander in isiXhosa en Engels, behartig het.

“Makudupanyane Senaoana se oorwinning as beste manlike sanger in Curlew River en Siphokazi Molteno s’n as beste vroulike sanger in die opera Così fan tutte, beklemtoon nog ‘n generasie stemme wat tot hul reg kom terwyl hulle uitdrukking gee aan internasionale klassieke musiek.”

Siphokazi Molteno

Malan het ook The Magnet Theatre geprys wat vanjaar se Toekenning vir Innovasie in Teater gewen het vir sy Early Years Theatre Incubator Project. Sedert 2014 ontwikkel Magnet Theatre Afrika-teater vir voorskoolse gehore. Dit skep nie net nuwe unieke Suid-Afrikaanse en Afrika-werk om plaaslik en in die buiteland op te voer nie, maar bied ook opleiding in toneelspel en verhoogkuns.

Magnet Theatre het wyd op die vasteland sowel as in die buiteland getoer met produksies wat in die projek ontstaan het, wat hul voltydse leerlinge blootgestel het aan samewerking met leerlingdeelnemers van Kameroen, Kenia, Nigerië, Uganda en Zimbabwe.

Die volledige lys wenners:

Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks

Qondiswa James | A Howl in Makhanda

Beste nuwe regisseur

Sipenathi Siqwayi | Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!

Beste vertoning deur ’n ensemble

Wessel Pretorius & David Viviers | The Waterworks Anthology

Beste vertoning in n revue, kabaret of eenpersoon-vertoning

Sandra Prinsloo | Spertyd | Elsa Joubert

Beste beligtingsontwerp

Wolf Britz | Valsrivier

Beste stel-ontwerp

Fred Abrahamse & Marcel Meyer | The Lady Aoi

Beste kostuum-ontwerp

Fred Abrahamse & Marcel Meyer | The Lady Aoi

Beste klank-ontwerp, oorspronklike musiek of lewendige optrede

Jannous Aukema | A Howl in Makhanda | Klank-ontwerp en oorspronklike komposisie

Beste vertoning in ’n opera manlik

Makudupanyane Senaoana | Curlew River | Madwoman

Beste vertoning in ’n opera vroulik

Siphokazi Molteno | Così fan tutte | Dorabella

Beste vertoning deur n ondersteunende akteur in n toneelstuk, musiekblyspel of musiekteaterproduksie

Siya Mayola | Master Haroldand the Boys | Willie

Beste vertoning deur n ondersteunende aktrise in n toneelstuk, musiekblyspel of musiekteaterproduksie

Peggy Tunyiswa | Valsrivier | Mary Dlamini

Beste vertoning deur n aktrise in n hoofrol in n toneelstuk, musiekblyspel of musiekteaterproduksie

Anna-Mart van der Merwe | Valsrivier | Sandra Botha

Beste vertoning deur n akteur in n hoofrol in n toneelstuk, musiekblyspel of musiekteaterproduksie

Desmond Dube | Master Haroldand the Boys | Sam

Beste regisseur

Paul du Toit | The Unlikely Secret Agent

Beste produksie

Pieter Toerien Productions | The Producers

Mees belowende talent

Byron McKeith | Northlink College

Innovasie in teater

The Magnet Theatre se vroeëjare program

Foto’s: Verskaf

Lees ook: Silwerskermfees in volle swang in Kampsbaai

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.