Die Swartlanders weet hoe om ’n partytjie te gooi!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die straat voor die Royal Hotel word afgesper, hooibale en vrugtekratte uitgepak, daar is lewendige musiek en verskeie produsente uit die Swartland Wyn en Olyfroete bied hul wyne te proe aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die spesiale gaste by die Swartland Straatparty was Envivate, wat bestaan uit vier wynmakers wat in Spanje wynmaak wat op dieselfde beginsels as baie van die Swartland Independent Producers (SIP) fokus waar wynmakers baie min inmeng in hul wynmaakstyl en eerder toelaat dat die druiwe vir hulself spreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke gas kry ’n boekie met koepons waaruit jy van koffie en samoesas, tot bekbrandertjies (chilly poppers), Franse uiesop tot gerookte gepluisde varkvleis rolletjies kon geniet. Wynmakers staan agter wynvate en gesels met gaste en laat hulle nuwe en spesiale oesjare proe.

Tiaan Vermeulen en Duncan Stewart, wynmaker van Kloovenburg het vier wyne te proe aangebied. Die verkoelde Kloovenburg Grenache 2021 was net die regte pasmaat vir ’n vars rolletjie met gerookte gepluisde varkvleis.

Die straatpartytjie word die afgelope 12 jaar gehou en vanjaar het 28 wynkelders deelgeneem. Die klein gangetjies in die gewilde Short Street-steeg is met seildakke toegespan om ’n regte partytjiegees te skep.

Jacques Theron van Riebeek Valley Wine Co met sy Old Vine Project (OVP) Kasteelberg Chenin Blanc. Hy het vier wyne te proe aangebied.
Madré van der Walt en Gerhard Augustyn van Leeuwenkuil Family Vineyards met hul Heritage Chenin Blanc 2014.

Die Swartland se wyne is bekend vir hul uitstaande aandag aan detail.
Eben Sadie van The Sadie Family Wines en Paul Jordaan, die Wynmaker, klink ’n glasie van hul Columella 2022, ’n rooi versnit.

Testalonga met die etos: “Made from grapes” het verskeie wyne te proe aangebied, onder die El Bandito-etiket en ook twee onder die Baby Bandito-etiket. Hier staan Craig Hawkins met die El Bandito Skin 2022, ’n dopkontak Chenin blanc.

Gerald Clarke en sy band het die dag se vermaak verskaf en agterop ’n vragmotor gestaan en musiekmaak, wat almal se voete laat saamtik het, terwyl hulle wyn geproe het of op hooibale gesit en kuier het met kos uit die vallei.

Gerald Clarke en sy band het die dag se vermaak verskaf en agterop ’n vragmotor gestaan en musiekmaak, wat almal se voete laat saamtik het, terwyl hulle wyn geproe het of op hooibale gesit en kuier het met kos uit die vallei.

Donovan Rall van Rall Wines het vier wyne te proe aangebied en meer vertel oor sy filosofie oor die belangrikheid van goeie grond en die wingerde se ouderdom.

Lees ook: Spesiale Chateau Libertas Magnum huldig Duimpie Bayly

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

21 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.