kategorieë: Ontspanning

Die Voetspore-span reis na die oorsprong van die Zambezi

Die suidelike deel van Afrika is ’n lushof vir avonturiers en die Voetspore-span kom keer op keer met nog ’n opwindende reis na vore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Nadat Voetspore se vorige twee reekse in Suid-Afrika afgespeel het, was dit weer tyd om die kontinent verder noord van ons te verken,” sê Johan. “Voetspore: Zambezi is ’n wonderlike tema om die vloei van een van Afrika se magtigste riviere te volg. Daar is blootstelling aan wonderlike landskappe, interessante kulture, fantastiese persoonlikhede, van die beste natuurlewe wat die kontinent bied en dit alles teen die agtergrond van ’n uitdagende avontuur vir vyf mans, een dame en drie 4×4-voertuie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die plekke wat die span besoek het, sluit in Lukulu waar hulle by Matoya gaan tiervisvang het, die Liuwa-vlaktes, Mosi-oa-Tunya (meer bekend as die Victoriavalle), Karibameer en Cahora Bassa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat was Johan se persoonlike hoogtepunt?

“Om die mond van die Zambezi te bereik was ’n besondere hoogtepunt, veral omdat dit immer in die weegskaal was,” sê hy. “Die terrein was bykans onbegaanbaar soos die span nader en nader aan die Indiese Oseaan gevorder het. Niemand kon aan ons bevestig of dit wel moontlik was nie. Ná bykans drie maande op reis was die aankoms by die mond van die Zambezi ’n persoonlike hoogtepunt. Vir my was dit nog meer so, want ek kon dit saam met Nina en Streicher, twee van my kinders, beleef. Maar so ook die ander spanlede – Norbert Coetzee, Stefan Sonnekus en Francois Marais.”

Voetspore: Zambezi begin Sondag 7 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: KoppieTeeFontein met Jak de Priester keer terug na kykNET

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

19 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.