kategorieë: Ons menseBekendes

Diepe waters se Lettie en Henry beloof ewige trou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Stralende bruid in turkoois. ’n Bruidegom deftig geklee in ’n donkerblou pak. Blomrangskikkings in skakerings van sagte blou, room en vaalgroen. Lang houttafels, sjampanjeglase en kerse. Wat meer kan ’n bruidspaar vra?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met Lettie (Stephanie Baartman) en Henry (Stiaan Bruwer) se bruilof, wat op 20 Maart uitgesaai is, het alles volgens plan vir die twee Diepe waters-verliefdes verloop. Volgens die vervaardigers, Penguin Films, is die beplanning vir die troue reeds lank voor die verfilming gedoen. Die tonele is in die voortuin van die huis wat vir Gys gebruik word, verfilm. Die opstel van die tent, al die dekor en blommerangskikkings, die opnames van die tonele en die afbreek en wegpak van alles daarna, het binne slegs twaalf ure gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dis mos maar altyd lekker om ’n bruid te speel,” sê Stephanie. “Veral omdat jy nie die stres van ’n gewone bruid het nie. Ek het al die spesiale aandag met my rok en grimering baie geniet, en dit was lekker om so baie van die ander spelers daardie dag saam met my op stel te hê. Kykers weet dit dalk nie, maar as ek nie in spesifieke tonele saam met sekere spelers is nie, sien ek hulle amper nooit nie. Dit het dus soos ’n reünie in die kleine gevoel.”

Sy sê dit het nie noodwendig langer as normaalweg geneem om reg te maak vir die tonele nie. “Ons haar- en grimeerspan is so professioneel, dat hulle presies weet wat om te doen wanneer jy in daardie stoel voor hulle beland.”

“Almal was so goed voorbereid vir hierdie tonele. So, dit het nie te lank geneem nie,” sê Stiaan. “Jy kry jou grimering en klere, repeteer die toneel een of twee keer en there you go. Magic!

Stephanie en Stiaan se raad aan paartjies wat op trou staan, is prakties en op die man af.

“Wees geduldig en realisties,” sê Stiaan. “Daar gaan dalk klein dingetjies verkeerd loop, maar dis alles oukei. Onthou hoekom julle daar is.”

“As jy genoeg geld het, kry ’n troubeplanner,” sê Stephanie. “Indien nie, trou voor die landdros en take the money and run!”

“ ’n Verhouding is nie altyd 50/50 nie. Somtyds is dit 30/70 en andere kere 60/40. Julle moet mekaar help. Dit gaan nie altyd perfek wees nie, maar as daar iemand aan jou sy is wat jou help, maak dit die wêreld se verskil,” sê Stiaan oor verhoudings en die liefde.

Stephanie se gunsteling-liefdesgedig is Antjie Krog se “êrens is jy”.

hier waar ek nou skrywe
weet ek dat jy êrens is
dat jy ook nou lê onder die oop venster
en uitkyk na die donsige maan op die werf
ek is al drie jaar lank op soek na jou
en waar jy ookal is
ek sal jou vind
en as ek voor jou staan
sal ek weet: ek is vir jou gemaak
na jou liggaam is ek geskape
na jou maat gevorm
ek is gesny uit jou been
jou denke sal myne omhels
jou begin sal my begin wees
jou einde my einde
jy sal my bestyg soos ’n gier
en in my maagdelikheid jou nes kom bou
want na jou liggaam is ek gemaak
na jou maat gevorm
en as ek die dag my hand in joune sit
sal ek my padkaarte bêre met die wete:
my reise op soek na jou is nou verby.

Lees ook: Lizz Meiring se KKNK-produksie is vars, vurig en vermaaklik-vreemd

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.