kategorieë: Wenke

Doen-dit-self pedikuur

Fyne voete

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons is tog so geneig om ons voete af te skeep. Met ’n klein bietjie dissipline hoef jy nie skaam te wees om voetjie-voetjie met jou geliefde te speel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volg ons stappe vir die perfekte tuis-pedikuur:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verwyder ou naelpolitoer.

2 Week jou voete in warm water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Droog jou voete af en skuur dit met ’n voetvyl tot jy voel jou voete is glad genoeg. Moenie al die dooie vel wegskuur nie, dit beskerm jou voete.

4 Verwyder dooie velletjies met ’n afskilferaar. Gebruik dit ook sommer om jou enkels en aan die bokant van jou hakke.

5 Knip jou naels met ’n naelknipper of skêrtjie in ’n reguit lyn, nie rond nie, anders sal dit ingroei.

6 Vyl enige growwe plekkies op die nael glad.

7 Bevogtig jou voete met ’n voetroom.

8 Versag jou naelvliesies met ’n olie.

9 Druk jou naelvliesie terug.

10 Vee oortollige olie of vog met watte en naellakverwyderaar af: Ekstra olie of vog kan veroorsaak dat jou nuwe kleur lugborrels maak.

11 Verf ’n basislagie aan. Onthou, dit werk soos dubbelkant-kleeflint wat aan die een kant aan jou nael vasplak en aan die ander kant aan die naellak. Dit laat die kleur langer hou en keer ook dat jou naels vlek.

12 WENK Rol die botteltjie naellak tussen jou hande eerder as om dit te skud voor jy dit aanwend. Dit sal keer dat lugborrels vorm en borrels op jou naels maak.

13 Wend ’n deursigtige bolagie aan, dit laat jou naels mooi blink en beskerm die kleur.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.