Foto: Lee Schwagele
Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele van crphotographic.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Genoeg vir 2 as ’n vinnige aandete
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• 4 repies spek
• 3 eiers
• ¾ k (185 ml) melk
• ¾ k (80 g) koekmeel
• ½ t (2,5 ml) sout
• 2 e (30 ml) botter
• 1 e (15 ml) olyfolie
• 1 t (5 ml) knoffel
• 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
• 125 g bruin sampioene
• 125 g eksotiese sampioene
• ½ k (125 ml) crème fraîche
1 Verhit die oond tot 180 ˚C.
2 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die knoffel en tiemie vir 2 min. daarin. Voeg die sampioene by en braai tot goudkleurig en gaar. Trek van die hitte af en hou eenkant.
3 Sit die spekrepies op ’n bakplaat en bak vir 7-10 min. tot gaar en bros.
4 Verhoog die oondtemperatuur tot 200 ˚C en sit ’n oondvaste pan met ’n deursnee van 20 cm in die oond om warm te word.
5 Sit die eiers, melk, meel, sout en 1 e (15 ml) botter in ’n voedselverwerker en verwerk vir 2 min. of tot glad. Hou eenkant.
6 Haal die verhitte pan versigtig uit die oond. Sit die res van die botter in die pan en versprei eweredig met ’n sirkelbeweging. Gooi die beslag in die pan.
7 Bak vir 18-20 min. of tot opgepof en goudbruin.
8 Sit met die gebraaide sampioene, crème fraîche en bros spekrepe voor.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.