kategorieë: Bekendes

Elizabeth en Philip vier 70ste trouherdenking

Koningin Elizabeth (91) en Prins Philip (96) het gister, 20 November 2017, hul sewentigste trouherdenking gevier. Hulle is die koninklike paartjie wat al die langste getroud is en boonop is Koningin Elizabeth ook die langste dienende Britse monarg. Hulle het geen openbare feesvieringe gereël vir hierdie herdenking nie, maar Koningin Elizabeth het wel vir Prins Philip aangewys as Knight Grand Cross of the Royal Victorian Order vir sy dienste aan haar en aan die koninkryk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Dié koninklike paartjie het wel nuwe portrette uitgereik om hul herdenking te vier. Die foto’s is geneem in Windsorkasteel se voorkamer, asook foto’s voor die portrette van Koning George III en Koningin Charlotte wat 57 jaar lank getroud was. Die koningin dra ’n goue borsspeld wat Prins Philip glo in 1996 aan haar gegee het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens die koninklikes se amptelike webblad het Elizabeth en Philip in 1934 ontmoet by die troue van Prinses Marina van Griekeland en Denemarke en Prins George, Hertog van Kent. Hul verlowing is amptelik aangekondig op 9 Julie 1947 en hulle is op 20 November 1947 in die Westminster-abdy om 10h30 die oggend getroud. Elizabeth was die tiende lid van die koninklike familie om in hierdie abdy te trou – die eerste koninklike troue wat daar plaasgevind het was in 1100 vir die bruilof van Koning Henry I en Prinses Matilda van Skotland. Daar was 2 000 gaste by Elizabeth en Philip se troue en dit is wêreldwyd uitgesaai oor die BBC-radio; dit het ongeveer 200 miljoen mense bereik. Dit was ’n oomblik van weelde en glans in ’n tydperk waar Brittanje, en inderdaad die wêreld, nog besig was om te herstel van die nagevolge van die Tweede Wêreldoorlog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koningin Elizabeth se trouring is gemaak uit ’n stuk Walliese klontgoud en die verloofring is gemaak uit platinum en diamante wat uit Prins Philip se ma se tiara geneem is. Ontwerpers het konsepte vir die trourok ingedien, en uiteindelik (slegs drie maande voor die troue) is Sir Norman Hartnell se idee gekies. Hartnell het glo genoem dat hy Botticelli se Primavera as inspirasie vir die rok gebruik het, wat die koms van lente simboliseer. Die rok is gemaak uit satyn wat vervaardig is in Skotland en versier met kristalle en saadpêrels ingevoer uit die VSA. Omdat daar nog rantsoenering na die oorlog was het Elizabeth rantsoeneringskaartjies gespaar om vir die lap te betaal. Britse inwoners het hul eie kaartjies aan haar gestuur om haar te help, maar hierdie kaartjies is teruggestuur aan hul oorspronklike eienaars omdat dit onwettig sou wees om hul kaartjies te neem om vir die rok te betaal.

Die onthaal is in Buckingham Paleis gehou en was ’n ontbyt (wat bedien is tydens middagete). Hierna het die paartjie op die balkon van die paleis gaan staan en vir die skare gewaai. Hulle het 10 000 telegramme van gelukwensings regoor die wêreld ontvang en hulle het 2 500 trougeskenke ontvang. Hierdie geskenke is na die troue aan die publiek uitgestal. Sien die video onder om uit te vind wat dié paartjie alles ontvang het. Alhoewel die paartjie ook 11 troukoeke ontvang het, was net een daarvan die amptelike koek wat hulle op hul troudag gebruik het. Dié koek was 9 voet hoog (ongeveer 3 meter) en het uit vier lae bestaan. Hulle het dit met die swaard wat Philip se pa aan hom geskenk het, gesny. Elizabeth en Philip het hul wittebrood by die Balmoral-landgoed deurgebring en een van hul corgi’s, Susan, het saamgegaan.

Ses jaar na hul troue het Elizabeth weer in die Westminster-abdy verskyn; hierdie keer om gekroon te word as koningin nadat haar pa oorlede is. Sedertdien is sy die dienende monarg en sy neem steeds hierdie verantwoordelikhede aan. Prins Philip het vroeër hierdie jaar uit sy rol getree om publieke funksies by te woon, maar hy ondersteun steeds die koningin met haar pligte.

Toe die koninklike paar in 1997 hul goue trouherdenking gevier het – dieselfde jaar as wat Diana oorlede is – het Koningin Elizabeth ’n toespraak gemaak. Sy het (soms met haar kenmerklike fyn sin vir humor) gepraat oor die “merkwaardige vyftig jaar” wat verby is en dat sy deel kon hê in die gebeure. Sy het verder vir Prins Philip bedank vir sy bystand en geselskap oor die jare met die volgende woorde: “So gereeld, ek is bevrees, moes Prins Philip na my luister wanneer ek praat. Ons het gereeld die toespraak wat ek beplan het bespreek en, soos julle julself kan verbeel, is sy sieninge in ’n rondborstige manier uitgedruk. Hy is nie iemand wat maklik komplimente aanvaar nie, maar hy is, om dit eenvoudig te stel, nog altyd my krag en stewigheid deur die jare heen en ek, soos sy hele familie en hierdie en ander lande, is meer aan hom verskuldig as wat hy ooit self sal erken, of wat ons ooit sal weet.”

Die Britse posdiens, die Royal Mail, het gister selfs herdenkingseëls uitgereik met foto’s van hoogtepunte uit hierdie paartjie se lewe saam.

Klik hier om nog foto’s te sien van die koninklike paartjie.

Lees hier vir nog nuus oor die koninklikes:

Kyk na al rooi rose se voorblaaie en uitgawes oor die Prinses van Harte, Diana.

Lees hier wat die twee prinse van hul laaste oproep aan Prinses Diana vertel.

Kyk hier na videos van klein Prins George se eerste skooldag, waar Prinses Catherine met ’n beer dans, en waar Harry ’n dief betrap.

Het jy geweet dat Prins Charles kunstig is? Kyk net hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.