Geposjeerde vis
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ons het salm gebruik, maar dis aan die duur kant - vervang dit deur enige ferm witvis. Gaar vis hou vir 2-3 dae goed in die yskas, maar vermy dit liefs daarna. Hou die geurige posjeer-water en gebruik dit vir die pastasous vir die oorskietvis.
- 1 liter water
- 500 ml witwyn
- 1 rooi ui, in agtstes gesny
- 3 klein preie
- 6 peperkorrels
- 4 knoffelhuisies
- 6 salmfilette
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Bring al die bestanddele, behalwe die vis, in ’n groot kastrol tot kookpunt.
2 Sit die vis in ’n keramiekbak of op ’n bakplaat en gooi die warm vloeistof oor die vis. Bak vir 6-10 min.
3 Haal uit en laat effens afkoel voor jy die vis uit die vloeistof skep.
Michelle Nortje
Lees Meer
Thaise visgebak
08/10/2024
Vis in krakerige bierbeslag
04/10/2024